MySkool

HS Voortrekker Bethlehem weer die kampioen

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Hoërskool Voortrekker Bethlehem is vir die tweede jaar in 'n ry die provinsiale kampioen nadat hy Saterdag in Sasolburg byna 200 ander skole uitgestof het in die atletiek-kampioenskappe.

Benette Brits, adjunkhoof van dié skool in die Oos-Vrystaat, sê hul sukses is te danke aan hul wenresep van "talent, toewyding en topafrigters".

Die ster-atlete van die Hoërskool Voortrekker Bethlehem is voor van links: Magdalena Arangies, Cari Smith, Lisa Rautenbach, Anke Gunther, Andilien Warren, Carla Britz en Ané Crous. In die middel is Bentley Schoeman, Ixoré Cilliers, Carise van Rooyen, Kaylie de Bruyn, Shannon Purchase, Carlem Germishuizen, Danika Zwahlen en Kaneng Komane. Agter is Jonathan Purchase, Wian Botha, JP Janse van Vuuren, Immanuel Veitch, Mieke-Louise Britz, Marilié Jonck, Kamohelo Moses, Handré Fourie en Liam-Lloyd Doman. Karli van Niekerk was afwesig toe die foto geneem is.Foto: Verskaf

Dit is volgens Brits waarom die skool sowat 94 atlete het wat nie net hul skool verteenwoordig nie, maar dikwels op die podium verskyn.

Dit is die vyfde jaar dat die skool as algehele wenners in die Vrystaat bekroon word.

Voortrekker Bethlehem se atlete het 63 medaljes gewen - 30 goud, 16 silwer en 17 brons.

Twee atlete, Carise van Rooyen (o.16) en Andaline Warren (o.14) het nuwe rekords opgestel in onderskeidelik die 200 m-hindernis en stap.

Andi Wolmarans, atletiekhoof en afrigter, sê die atlete se toewyding en liefde vir die sport het gehelp dat hulle by die byeenkoms vrugte afgewerp het.

Die atletiekspan van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat ook die naweek puik gevaar het op die Vrystaatse Interhoër-atletiekbyeenkoms. Hier is van links: Danyelle Pienaar, Marlene du Plessis, Cara Smith, Marianne Louw, Roline Louw, Zelmarie Smook, Diné le Roux, Roné Strydom en Carli Uys. Foto: Verskaf

Die naaswenner van die byeenkoms is die Hoër Oranje Meisieskool (OMS) in Bloemfontein, wat ook skoonskip gemaak het by die byeenkoms die afgelope naweek.

Uit die 56 medaljes waarmee hulle terugkeer na die Rosestad is 24 goud, 19 silwer en 13 brons.

Vyf van die 19 nuwe rekords wat op die dag opgestel is, word nou deur OMS se leerlinge gehou. Dit was in die naellope en hekkies.

Charné Wansbury se naam staan nou agter vier Vrystaatse rekords, naamlik die rekord vir 200 m-naelloop in die o.14, o.15 en o.19 asook die o.15 100 m.

Grey Kollege was in die derde plek met 'n totaal van 35 medaljewenners. - Linkie Bessinger

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM