Die Hoërskool Punt van Mosselbaai het die Hoërskool Outeniqua stewige opdraande gegee in die jongste reeks o. 19A-krieketwedstryde in die Suid-Kaap, maar 'n goeie spanpoging deur die manne van George het hulle tog die knoop laat deurhaak.
Die beste individuele vertonings in die eerstespan-wedstryde was dié deur Keeton Green (82) en Ziano Lewis (80 en 4/27) in Bridgton se wedstryd teen Wittedrift wat aan Bridgton 'n wegholsege met 131 lopies besorg het.
Die glanspunt in die o. 15-liga in die SWD was die puik kolfwerk van Christian van Zyl (104) in York High se wedstryd teen Bridgton.- Sarel Burger





















