Die Hoërskool Robertson het 'n jare lange droom bewaarheid met die aanbring van 'n parskelder op die skool se perseel.
Die Hoërskool Robertson is die eerste skool in Suid-Afrika met 'n parskelder.
"Hoërskool Robertson staan vir verbetering en vooruitgang.
"Om die eerste skool in Suid-Afrika te wees met 'n kelder op die skoolperseel is 'n geleentheid wat ons aangryp en koester. Ons leuse, ‘Velle Est Posse', beteken ‘Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg' en dit word nou versterk met 'n trotse ‘eerste' wat 'n ongelooflike geleentheid vir ons leerders daarstel," sê Jacques Bradford, skoolhoof.
"Met Hoërskool Robertson se ryke geskiedenis gesetel in die hartjie van die wynlande was hierdie droom 'n realiteit wat gewag het om te gebeur. Die aanplanting van ons cabernet sauvignon-wingerd het in 2021 geskied op 'n 1 ha-lappie grond wat aangrensend aan ons skoolkoshuis geleë is.

Sedert 2022 spog die skool met landbou as vak met 'n groter en sterker aanslag. Onskatbare geleenthede word só tot ons skool se waarde toegevoeg.
"Destyds is dit gebruik as landboutuin vir die leerlinge vir die verbouing van groente.
"Sedert 2022 spog die skool met landbou as vak met 'n groter en sterker aanslag. Onskatbare geleenthede word só tot ons skool se waarde toegevoeg.
"Die oprigting van ons Eerste Oes-kelder voltooi die siklus van opvoeding en neem leerlinge deur die hele proses van verbouing tot bottelering. Ons sien uit na die formele opening van ons kelder op 2 Mei," voeg Bradford by.
Volgens Jeanne-Mari Roux, bemarker by die skool, voeg die parskelder onskatbare geleenthede by tot die skool se waarde.
"Ons leerders het hulle eie wingerdstokke geplant, hulle met passie versorg, en in 2023 hul allereerste oes gesien.
Die praktiese blootstelling plaas perspektief en pret in goeie balans by ondersteunende onderrig. Landboutegniese sowel as bestuursvaardighede word so gekweek.
"Hierdie kelder gee ongelooflike blootstelling vir leerders in 'n uiters opvoedkundige milieu en word so toegevoeg om die praktyk by die alombekende boekekennis uit te bring.
"Die praktiese blootstelling plaas perspektief en pret in goeie balans by ondersteunende onderrig. Landboutegniese sowel as bestuursvaardighede word so gekweek. Pret word met hoofletters deel van hierdie blootstelling!"

Die glimlagte op die leerlinge se gesigte oor die nuwe toevoeging spreek boekdele, sê Roux.
"Die opgewondenheid is tasbaar en almal is passievol oor die nuwe geleentheid en blootstelling. Toegewyde landbou-onderwysers ervaar hierdie as 'n gebied vir groei en die kweek van belangstelling in landbou."
Bradford sê verder dat die skool nie anders kan as om na die Robertson-gemeenskap as hul veilige hawe te verwys nie.
"Die ongelooflike ondersteuning van plaaslike individue, besighede, produsente, landboukundiges, wynmakers en donateurs het ons van die aanvang van hierdie projek ondersteun en gedra tot waar ons nou is, met ons tweede oes veilig tuis in ons kelder; die WKOD met hul ongelooflike visie en beskikbaarstelling van fondse ten einde hierdie droom te kon bewaarheid."





















