MySkool

Lees met begrip is die grondslag vir leer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Om te leer lees is 'n kritiese vaardigheid wat toegang tot onderwys, ekonomiese geleenthede en sosiale vaardigheid beïnvloed.

Tog is in 'n studie genaamd "Progress in International Reading Literacy" (PIRLS 2021), wat in 2021 deur die Universiteit van Pretoria uitgevoer is, bevind dat agt uit 10 Suid-Afrikaanse gr. 4-leerlinge op die ouderdom van 10 steeds sukkel om met begrip te lees.

Dr. Jenny Wright, kleuter- en laerskool-kurrikulumhoof by Curro Holdings, meen dit is uiters belangrik dat ouers 'n skool se benadering tot die aanleer van leesvaardighede in ag neem wanneer hulle met die evalueringsproses en die keuse van 'n skool begin.

"Om met begrip te kan lees lê die grondslag vir verdere leer. Leesvaardigheid ondersteun sukses in alle vakke, van wiskunde en wetenskap tot sosiale wetenskappe en die kunste. 'n Sterk leesbasis posisioneer leerlinge vir 'n leeftyd van leer," sê sy.

"In die Suid-Afrikaanse konteks bevorder leesvaardigheid ook gelykheid en sosiale geregtigheid. Lees verskaf toegang tot inligting, bevorder kritiese denke, analitiese vaardighede en inligtingsgeletterdheid. In ons kennisgedrewe samelewing bemagtig lees leerlinge om komplekse kwessies baas te raak, ingeligte besluite te neem en 'n betekenisvolle bydrae te lewer."

Sy wys daarop dat, in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vir 2030, verbeterde geletterdheidsvlakke noodsaaklik is vir Suid-Afrika se ekonomiese groei, sosiale samehorigheid en menslike ontwikkeling.

Vrae wat ouers behoort te vra

  • Kurrikulum en metodes

Ouers kan vra "Watter leesprogram of kurrikulum gebruik die skool, en hoe stem dit ooreen met Suid-Afrika se kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV)-riglyne?"

Volgens Wright gebruik die grondslagfase by Curro die Sharp-leesstrategie (skandeer, hoofopskrifte, abstrakte, lees aktief; en stop en reflekteer) om te verseker dat leerlinge reeds van gr. 1 af met begrip lees.

"Om te oefen om vlot te kan lees is iets wat Sharp prioritiseer. Sharp erken ook individuele leerstyle en potensiële uitdagings," sê sy.

"Die gestruktureerde raamwerk bestaan uit konsekwente lesstappe: verduidelik, modelleer/vorm, begeleide oefening en onafhanklike oefening. Hierdie herhaling help leerlinge om vaardighede te bemeester en so leesstrategieë outomaties toe te pas. Deur herkenning en herhaalde sukses ontwikkel leerders selfvertroue en leesbegrip binne 'n ondersteunende, positiewe leesomgewing wat vir elke kind se vordering aangepas is."

Die program beklemtoon ook outonomie deur beheer vanaf die onderwysers na leerlinge te verskuif. Dit bemagtig leerlinge en gee hulle die selfvertroue om verantwoordelikheid vir hul eie vordering te neem. Deur voorspelbare roetines te gebruik verminder Sharp angs vir lees. Leerlinge weet wat om te verwag, wat hul fokus en deelname verbeter.

"Om leerlinge in staat te stel om vir betekenis te lees, verg 'n strategiese benadering," sê Wright.

  • "Byvoorbeeld, die Sharp Group Guided Reading-metodologie sluit voorlees-voorbereidingsvrae in soos ‘Wat gebeur op hierdie bladsy?'; lees- en dekoderingvrae soos: ‘Kan jy 'n woord vind wat . . .?'; en na-leesvrae soos ‘Wat dink jy gaan volgende gebeur?' Onderwysers kan hierdie tipe vrae aanpas om leergeleenthede te benut, begrip te verdiep en kritiese denkvaardighede te ontwikkel. Hierdie noodsaaklike leesstrategieë word dan regdeur die intermediêre fase toegepas." Ondersteuning
  • Ouers kan vra oor die begeleide leesstrategieë wat die skool gebruik om kinders te help vorder, asook hoe die skool leerlinge ondersteun wat sukkel met lees. Dit is ook nuttig om te weet of die skool leiding bied aan ouers oor hoe om hul kinders se leesontwikkeling tuis te ondersteun. Meting van vordering

Wright sê ouers moet probeer verstaan hoe hul kind se leesvordering gemeet en ondersteun sal word.

  • "Sharp gebruik 'n ontwikkelingskontinuum wat spesifieke uitkomste vir verskillende fases van leesmeesterskap uiteensit - dekodering, begripskonstruksie en kritiese denke. Hierdie vooruitgang bied 'n duidelike, konsekwente pad, wat dit maklik maak vir onderwysers om die nodige vaardighede vir leessukses toe te pas en te monitor." Fonologiese bewustheid

Studies toon steeds dat sterk fonologiese bewustheid noodsaaklik is vir suksesvolle leesontwikkeling. Ouers behoort te vra hoe hierdie vaardigheid in die klaskamer geïntegreer word.

  • "Vir jonger leerlinge kan onderwysers klanke en woordpatrone versterk deur eenvoudige, pret aktiwiteite, soos rympie-speletjies of die klap van lettergrepe met die hande. Dit help om die kernvaardighede te ontwikkel wat 'n basis vir leesontwikkeling vorm," sê Wright. Tegnologie

Onlangse verslae beklemtoon die gebruik van digitale hulpmiddels en toepassings wat 'n persoonlike leeservaring bied. Hierdie hulpbronne inkorporeer dikwels speletjie-elemente om betrokkenheid en motivering te verbeter. Dit is dus belangrik om 'n skool se tegnologiebenadering na te vors.

" 'n Onderwyser kan interaktiewe leesprogramme gebruik om lees 'n multi-sensoriese ervaring te maak," sê Wright.

"Om na stories te luister kan leesbegrip verbeter en dit vir leerders toegankliker maak. Kunsmatige intelligensie bied persoonlike terugvoer en leesbegripsprogramme wat aangepas is vir elke leerder se spesifieke behoeftes en leesvlakke."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM