Terwyl daar die laaste paar jaar 'n geleidelike afname van (seuns-) krieketspelers in die Westelike Provinsie voorkom, maak die meisies hul stem dik in hierdie spel.
Een sodanige skool waar krieket se gewildheid steeds onder die meisies groei, is die Hoërskool D.F. Malan. Nederlae was daar al wel vir die Bellvilliete, maar ná 'n rits oorwinnings die afgelope tyd het hulle verlede week ook 'n klinkende sege oor hul buurskool HS Bellville behaal. D.F. Malan het met vyf paaltjies gewen.















