MySkool

Oakdale bobaas teen Boland

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GALWAY, IRELAND - APRIL 08: Detailed view of a Champions Cup Match Ball ahead of the Heineken Champions Cup Round of 16 Leg One match between Connacht Rugby and Leinster Rugby at The Sportsground on April 08, 2022 in Galway, . (Photo by Oisin Keniry/
GALWAY, IRELAND - APRIL 08: Detailed view of a Champions Cup Match Ball ahead of the Heineken Champions Cup Round of 16 Leg One match between Connacht Rugby and Leinster Rugby at The Sportsground on April 08, 2022 in Galway, . (Photo by Oisin Keniry/

Terwyl die landbouskole van die Agter-Paarl en Riversdal se o.19A-spanne mekaar jaarliks in hul interskole-botsing om die beurt 'n opstopper gee, was dit die afgelope Saterdag Oakdale se beurt om die Landbouskool Boland op dié se tuisveld met 21-13 te laat les opsê. Die Riversdallers het hul veel beter aangepas by die triestige toestande.

Hoewel hulle met die draaislag nog 12-13 agter was, het Oakdale in die tweede helfte - met die sterk wind van agter - geleidelik 'n houvas bekom om die knoop deur te hak.In die Kaap het Rondebosch Boys' High vir 'n tweede keer vanjaar Wynberg Boys' High tweede viool laat speel. Die tuisspan het hierdie slag met 19-7 'n sege behaal. Bishops het sy wendroogte teen SACS gebreek deur met 12-10 deur te skuur. Die Hoërskool Strand het op hulle beurt in 'n uitgestelde wedstryd die afgelope Donderdag teen Hoërskool Tygerberg 'n verwoestende wind veel beter te bowe gekom het om met 41-0 te seëvier.

Hoërskool Tygerberg het egter Saterdag weer sy rieme styfgeloop toe die Hoër Tegniese Skool Bellville se voorhoede hul veel beter by die modderige toestande aangepas het vir 'n oorwinning van 22-12.Die pronkspan van Hopefield het verlede Woensdag 'n Kaapse draai gemaak en Melkbosstrand 24-20 geklop.Verreweg die meeste wedstryde is as gevolg van die langnaweek uit- of afgestel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM