MySkool

Skoolkoerant kan groot wen

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
(SYSTEM)

As jy dink jou skool se skoolkoerant is bobaas en een van die bestes, moet dit beslis ingeskryf word vir vanjaar se skolenuuskompetisie.

Netwerk24, in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, bied vanjaar weer die gewilde Skolenuuskompetisie aan.

Nie net kan jou skoolkoerant aangewys word as die beste in Suid-Afrika nie, maar daar is ook baie prysgeld op die spel.

Wat om te weet

  • Inskrywings moet Cum Laude Media teen 15 September om 17:00 bereik. Besoek www.cumlaudemedia.com/2023/07/20/skolenuus-kategoriee-kriteria-2023/ om die kriteria te sien waarvolgens jy bepunt gaan word.
  • Laai die inskrywingsvorm aanlyn af en voltooi dit sorgvuldig.
  • Besoek www.cumlaudemedia.com/2023/07/20/skolenuus-bepalings-en-voorwaardes-2023/ vir die bepalings en voorwaardes met die reëls en regulasies.
  • Die vrywaringsvorm vir 2023 moet saam met die inskrywing ingestuur word.
  • Alle inskrywings moet in Afrikaans wees.
  • Enige vrae? Stuur 'n e-pos na skolenuus@cumlaudemedia. com.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 September om 17:00.
  • Hou jou dagboek oop op 14 Oktober 2023 vir die prysuitdelings.
  • Inskrywings word ontvang vir kopie en inhoud wat tussen 31 Augustus 2022 en 31 Augustus 2023 gepubliseer of geskep is.
  • Meer inligting, die inskrywingsvorm en vrywaringsvorm is beskikbaar op www.cumlaudemedia.com

Vanjaar se kategorieë

Kategorie 1: Gedrukte skoolkoerante

1a. Beste gedrukte skoolkoerant:

Prysgeld: R25 000 vir die skool.

1b. Beste uitleg van 'n gedrukte skoolkoerant:

Prysgeld: R5 000 vir die skool.

Kategorie 2: Skolenuus

2a. Beste nuusberig: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2b. Beste onderhoud: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2c. Beste feature/diepte-artikel:

Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2d. Beste sportberig: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2e. Beste nuusfoto: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2f. Beste feature-foto: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

2g. Beste spotprent: Prysgeld: R5 000 vir die leerling.

Kategorie 3: Digitale skolenuus

3a. Beste digitale skoolkoerant (webtuiste):

Prysgeld: R30 000 vir die skool.

3b. Beste Facebook-blad:

Prysgeld: R10 000 vir die skool.

3c. Beste gebruik van video:

Prysgeld: R10 000 vir die skool.

3d. Beste Instagram-blad:

Prysgeld: R10 000 vir die skool.

3e. Beste TikTok-blad:

Prysgeld: R10 000 vir die skool.

Kategorie 4: Innovasie: Nuusbriewe

Beste gebruik van digitale nuusbriewe (e-pos of digitale verspreiding - pdf) om skolenuusinhoud aan die gemeenskap te versprei. Skole moet 'n minimum van drie nuusbriewe inskryf. Prysgeld: R10 000 vir die skool; naaswenner: R5 000.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM