Skole

Ontmoet Marvel se eerste Moslem-superheld, Ms. Marvel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.
Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.

Kyk, ma, ek's 'n Marvel-superheld

Kamala bly in die stad Jersey en is mal oor videospeletjies en Marvel-superhelde, veral Captain Marvel. Sy pas nie lekker in op skool nie en word selfs geboelie, maar dit verander als toe sy skielik superkragte kry, nes die Marvel-helde na wie sy so opkyk.

Die rol is enige jong akteur se droom én dis boonop Iman se eerste rol ooit wat sy losslaan. Sy het op haar laaste dag van hoërskool gehoor sy het die rol van Ms. Marvel gekry.

Sy ís Kamala

Iman is nes Kamala Moslem en van Pakistanse afkoms. Sy is in Karachi in Pakistan gebore en was een jaar oud toe haar ouers na die stad Markham in Kanada verhuis het.

Iman is al aktrise in die gesin. Haar pa is 'n rekenmeester en haar ma 'n verpleegster. Sy het 'n ouer broer en dié werk as 'n ingenieur.

Tydens haar grootwordjare in Kanada het sy afgesonder gevoel van haar kultuur. "Ek het nie enige bruin vriende gehad wat nie van my moskee was nie, en ek het nie saam met hulle uitgehang nie. Terwyl ons die reeks geskiet het, het ek so baie oor my herkoms geleer," vertel sy.

Die eerste keer dat sy 'n strokiesprentboek van Ms. Marvel by 'n winkel opgetel het, was sy skoon oorweldig.

"Ek het gevoel sy is vir my geskryf," vertel Iman. Nou, jare later, speel sy self dié superheld.

Al vroeg Ms. Marvel

Sy was altyd mal oor Ms. Marvel. "Ek het altyd gevoel die strokiesprente is nét vir my geskryf. My hele hoërskoolloopbaan het oor flieks en Marvel gegaan." Toe sy 15 was, het sy selfs 'n Ms. Marvel-kostuum vir Halloween gedra.

Iman Vellani as Ms. Marvel. Foto: Twitter - MsmarvelUK
Iman Vellani as Ms. Marvel. Foto: Twitter - MsmarvelUK

Haar ouma het haar gehelp om die kostuum te maak, maar by die skool het almal kopgekrap oor wie sy nou eintlik is. "Hulle het gesê: ‘Cool Flash-kostuum.'" Iman het toe gou gestap na die strokiesprentboekwinkel oorkant haar skool en 'n Ms. Marvel-strokies­prentboek gekoop.

Sy het dit toe saam met haar gedra om vir almal te wys watter superheld sy nou eintlik is. "Dis ek in die reeks. Ek speel nie toneel nie," sê sy.

Besties met Captain Marvel

In die strokiesprentboeke is Captain Marvel 'n soort mentor vir die jong tienersuperheld Ms. Marvel.

In die regte lewe is Iman net so mal oor Brie Larson, die aktrise wat Captain Marvel op die silwerdoek speel. En Iman moet haarself by tye knyp om seker te maak sy droom nie, want sy en Brie gaan volgende jaar saam in die Captain Marvel-­opvolgfliek The Marvels te sien wees.

Iman Vellani en Brie Larson. Foto: Twitter - brielarson
Iman Vellani en Brie Larson. Foto: Twitter - brielarson

Brie was een van die eerste mense wat Iman gekontak het toe sy die rol van Ms. Marvel losgeslaan het. Hoe cool is dit!

Net 'n gewone tiener tuis

Al is sy nou 'n beroemde Marvel-superheld, kry sy nie sommer spesiale behandeling by die huis nie. "My gesin sal my vir 'n paar minute op 'n troon sit en dan moet ek net weer begin met die huistakies," sê sy.

"My liefde vir Ms. Marvel het by my gunstelingstrokiesprentboekwinkel oorkant my hoërskool begin. Wanneer ek nou soontoe gaan, maak die mense wat daar werk 'n groot ophef van my, en dis vir my baie vreemd."

Superheld boffin

Jy hoef beslis nie te twyfel of Iman 'n regte, egte aanhanger van Marvel-superhelde is nie. Sy is nie net lief vir Captain Marvel nie; ook vir Iron Man. Jy kan haar enigiets oor dié superheld vra en sy sal jou blitsvinnig kan antwoord.

Die webtuiste PopBuzz het toe onlangs besluit om haar uit

te daag en met 'n vasvra oor als van Marvel en Iron Man te toets. En Iman het almal lekker beïndruk met haar kennis oor superhelde.

Die aktrise het 37 uit die 41 vrae reg beantwoord."Sjoe! Sy is eintlik 'n massiewe aanhanger," het een internetgebruiker onder die YouTube-video waarin Iman die vasvra doen, geskryf. "Die video is snaaks én skokkend, want die meeste akteurs uit die Marvel-heelal weet gewoonlik nie so baie nie."

Rekordhouer

Iman is nie net Marvel se eerste Moslem-superheld nie; sy het nóg geskiedenis gemaak toe kykers en kritici haar reeks Ms. Marvel 'n allemintige 97% op die resensiewebtuiste Rotten Tomatoes gegee het. Dis die meeste wat enige Marvel-­reeks of -fliek nóg op dié webtuiste gekry het.

"Dit voel goed," sê Iman. "My gunstelingdeel is hoeveel keer mense sê die reeks is ‘eintlik' goed asof hulle verwag het dat dit nie sou wees nie." Diversiteit word ook organies in die reeks ingewerk.

Iman Vellani as Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.
Iman Vellani as Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.

"Dis nie 100% haar persoonlikheid om Moslem en Pakistani te wees nie," sê Iman oor Kamala. "Sy is net mal oor Avengers en 'n dork wat toevallig Moslem en Pakistani is. Ek dink dis cool."

Wie is Ms. Marvel

Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.
Ms. Marvel. Foto: The Walt Disney Company.

Is dit die eerste keer wat jy van dié superheld hoor? Hier is als wat jy oor Ms. Marvel moet weet:

  • Die jong superheld het in 2013 haar debuut in 'n uitgawe van die Captain Marvel-strokiesprentboeke gemaak. Ms. Marvel het in Februarie 2014 haar eie strokiesprentreeks gekry.
  • In die strokiesprente voel Kamala eensaam en wil sy graag deur ander aanvaar word, maar haar pa herinner haar dat sy nie soos ander hoef te wees om in te pas nie. Hy vertel vir haar haar naam kom eintlik van die Arabiese woord Kamal en dit beteken "perfeksie".
  • In die strokiesprentboek kan Ms. Marvel van grootte verander, haar lyf uitrek en shape shift. In die reeks waarin Iman speel, het Kamala dieselfde superkragte as Captain Marvel.
  • In die strokiesprent kry Kamala haar superkragte toe 'n geheimsinnige miswolk deur die stad versprei. In die reeks kry sy dit van 'n ou armbandjie wat al jare aan haar familie behoort. Later besef sy daar skuil meer agter die bandjie.

Wen!

Vyf gelukkige lesers kan elk 'n jaar lank gratis toegang tot Disney+ kry. Die waarde van dié prys is 'n cool R1 190!

Die intekening is geldig tot 31 Augustus 2023. Jy kan dus 'n jaar lank gratis flieks en reekse soos Ms. Marvel, Encanto, Mickey Mouse Clubhouse en al die Star Wars- en Marvel-flieks en -reekse geniet op jou gesin se aanlyn toestelle. Vra 'n ouer of voog om namens jou in te skryf.

Skryf so in:

SMS die volgende na 35407*:

Die woord Disney+, gevolg deur jou volle naam, ouderdom, e-pos­adres en plek waar jy woon (net dorp- of stadnaam).

Die kompetisie sluit op Maandag 4 Julie 2022 om 17:00.

Bepalings en voorwaardes:

Wenners moet in Suid-Afrika woon, moet 18 of ouer wees en moenie reeds 'n Disney+-intekenaar wees nie. Disney+ sal self die wenners kontak en die kode vir jou intekening vir jou stuur as jy een van die wenners is.

Elke SMS kos R1,50. Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik om vir die kompetisie in te skryf. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne 'n redelike tyd.

Gebruik van die 12 maande-intekenkode beteken jy aanvaar die volgende bepalings en voorwaardes. Die kode kan tot 31 Augustus 2023 gebruik word deur slegs inwoners van die Republiek van Suid-Afrika wat 18 jaar of ouer en nuwe Disney+-intekenare is.

'n Geldige krediet-/debietkaart word vereis. Die kode maak die houer op 'n gratis 12 maande-intekening op Disney+ geregtig.

Met die gebruik van die kode sal jy by 'n selfhernuwende jaarlikse intekening op Disney+ ingeskryf word en aan die einde van jou 12 maande-intekening sal die jaarlikse prys wat dan geld van jou kredit-/debietkaart verhaal word, tensy jy jou intekening voor dan kanselleer.

Jy kan enige tyd kanselleer onderhewig aan bepalings. Geen terugbetalings of krediete sal vir dele van maande gemaak word nie.

Besoek DisneyPlus.com/redeem om die kode te gebruik, tik die kode wat op die kaart gedruk is met die hand in en kies "redeem".

Skep dan 'n Disney+-rekening en aanvaar die Disney+ Subscriber Agereement. Die kode kan net een keer gebruik word en is nie oordraagbaar nie.

Dit kan nie saam met ander aanbiedinge, koepons, afslagte of promosies gebruik word nie. Dit kan nie vir kontant of enige ander goedere of dienste verruil word nie.

Die kode kan nie verkoop of oorgedra word nie en is ongeldig en sal nie aanvaar word nie as dit van enige derde party, insluitend deur internetveiligingswebtuistes, verkry is.

Geen geld of ander oorweging is in ruil vir hierdie aanbieding gegee nie.

Disney+.
Disney+.
  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot' se daaglikse nuusbrief, "Huisgenoot Vandag".

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Colin Hendricks

Colin Hendricks

Colin is a journalist and section editor at Huisgenoot, based in Cape Town. He covers news, human interest stories, and entertainment.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM