Vida Booysen
Vryskut
Vida Booysen is ’n senior landboujoernalis wat sedert 2018 vanuit Bloemfontein vir Landbouweekblad werk. Sy dek algemene landbousake, met ’n spesifieke belangstelling in somergrane, herlewingslandbou en landboumarkte. Die deel van haar werk wat sy die meeste geniet, is om te luister wanneer iemand passievol oor ’n onderwerp gesels. Sy het voorheen as sakejoernalis vir Volksblad, Rapport en Netwerk24 gewerk, en het verskeie streekstoekennings vir sakejoernalistiek in die Vodacom Sentraal-streek ontvang. Haar loopbaan in die media het in 1988 begin as omroeper vir die destydse streekradiostasie Radio Oranje, later Ofm, waar sy vir 10 jaar gewerk het. Sy is in Zimbabwe gebore en het op ’n plaas naby Mutare grootgeword, waar haar ouers ’n gemengde boerdery bedryf het. Die Vrystaat is sedert haar hoërskooljare haar tuiste en die Oos-Vrystaat is vir haar die mooiste plek op aarde.