Atletiek

Comrades: Al die drama in foto's en video

David Gatebe het die 91ste Comrades in 'n rekordtyd gewen en Charné Bosman het die vrouetitel verower. Vir duisende ander atlete wat vroegoggend weggespring het, was dit egter harde bene kou tot by die eindstreep. Sarel van der Walt het al die aksie en drama beleef.

David Gatebe wen die Comrades-wedloop in 'n rekordtyd. Foto: Gallo
David Gatebe wen die Comrades-wedloop in 'n rekordtyd. Foto: Gallo

2016-05-29 17:29:44

Die skoot klap en dit is die einde van Comrades 2016. Só naby en tog ook só ver vir party deelnemers. Welgedaan aan al die superhelde van vanjaar se Comrades.

2016-05-29 17:25:18Minder as 5 minute oor vir die bittereinders in Comrades 2016.2016-05-29 16:57:57Die Suid-Afrikaanse vlag wapper vroeër by Cato Ridge. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 16:36:46Nou vir die drama van die laaste uur.2016-05-29 16:36:15Dipchand Moodley kry die laaste bronsmedalje - sy 19de.2016-05-29 15:37:33Hou bene, hou. Daar is glo nog sowat 10 000 deelnemers op die pad.2016-05-29 15:27:33Die Dlamini’s gee vandag die pas aan in die Comrades. Altesame 115 Dlamini’s het vir vandag se wedloop ingeskryf.

Die Smith’s is tweede met 94 inskrywings, gevolg deur Ndlovu (92), Naido (80) en Botha (79).

Die Mkhize’s (69), Ngcobo’s (66), Khumalo’s (66) is ’n kortkop voor die 59 Van der Merwe’s.

2016-05-29 15:23:49'n Superkoor vir die superhelde van die Comrades. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:22:29Drama vroeër by die eindstreep nadat die naaswenner, Caroline Wöstmann, inmekaargesak het. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:20:59Vroegoggend op die roete. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:17:34Ondersteuners moedig David Gatebe, die uiteindelike wenner, vroeër langs die roete aan. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:11:02

Tekkies in reënboogkleure om die langpad mee aan te durf by die wegspringpunt vroegoggend in Pietermaritzburg. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:08:24'n Geesdriftige ondersteuner langs die pad. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 15:01:34

Alan Robb, ’n Comrades-grote en viermalige wenner wat aan sy 43ste opeenvolgende Comrades deelgeneem het, het glo by die halfpadmerk halt geroep.2016-05-29 14:57:19Die vrouewenner, Charné Bosman, en die naaswenner, Caroline Wöstmann, omhels mekaar vroeër. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 14:54:40Die voete sing op die teer met sonop. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 14:49:29Dit is die ene glimlagte by Ashburton. Foto: Ian Carbutt

2016-05-29 14:35:46Altesame 2 030 deelnemers het hul beroep as bestuurders aangedui, terwyl 1 205 deelnemers selfaangestelde beroepe volg.

433 werkloses neem aan die wêreld se grootste ultra-wedloop deel.

Onder die ander beroepe is 208 afgetredenes, 146 boere, 423 advokate en prokureurs, 213 elektrisiëns, 10 kroegmanne, 367 dokters en spesialiste, 117 soldate, 96 fisioterapeute, 62 argitekte, 40 restaurateurs en 229 huisvroue. Daar is 34 joernaliste.

2016-05-29 14:33:14Die skoot klap vir die afsnytyd van die Bill Rowan-medalje (vinniger as 9 uur).2016-05-29 13:28:36Die Randse Atletiekklub (RAC) vir wie Bruce Fordyce in sy gloriedae deelgeneem het, is oudergewoonte die klub met die meeste deelnemers in vandag se Comrades. Altesame 435 van RAC se lede het vir die wedloop ingeskryf.2016-05-29 13:10:11Die afsnytyd vir silwer was 13:00.

Christopher Zuma is die eerste atleet wat silwer misloop. Hy sê hy is onder meer deur krampe gekelder.

2016-05-29 13:02:35

In een van die mees dramatiese Comrades-wedlope in die geskiedenis het Suid-Afrika se David Gatebe Sondagoggend die Rus Leonid Shvetsov se rekord in die af-wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban verpletter.

Gatebe, ’n Rustenburger wat drie jaar gelede die Twee Oseane-wedloop in die Kaap gewen het, het die wedloop in 5 uur, 18 minute en 19 sekondes gewen. Shvetsov se rekord was 5:20:47.

Maar die wedloop sal deur baie mense eerder onthou word vir die drama in die vroue-wedloop wat deur Charné Bosman (foto) gewen is.

Lees meer oor al die drama.2016-05-29 12:48:59Caroline Wöstmann (foto) eindig tweede in die vroue-wedloop, gevolg deur die Sweed Kajsa Berg.

Klik hier vir die uitslae.2016-05-29 12:04:31

Kyk, dis goud vir die vrouekampioen Charné Bosman. 2016-05-29 11:57:59

2016-05-29 11:56:34Charné Bosman is die eerste vrou oor die eindstreep.2016-05-29 11:47:21Daar vang Bosman vir Wöstmann en gaan verby! Charné Bosman se groot droom gaan waar word om die #Comrades2016 te wen.2016-05-29 11:44:40Hier wag moontlik nóg groter drama in die laaste kilometer voor Kingsmead. Wöstmann bereik nou die Durbanse middestad.2016-05-29 11:44:02

2016-05-29 11:42:24Bosman hardloop nog sterk. gaan sy vir Wöstmann vang?2016-05-29 11:41:27

2016-05-29 11:37:58Dan begin Wöstmann weer hardloop. Kingsmead is nog ver en dit is boonop warm. En sy loop weer. Die toeskouers skree!2016-05-29 11:36:03Met 4km oor, moet Caroline Wöstmann vasbyt soos nog nooit te vore nie. Daar loop sy weer. En Charné Bosman kom nader! 2016-05-29 11:33:28Linday Parry, Wöstmann se afrigter, is by haar om haar te bemoedig en te help. Die toeskouers doen alles in hul vermoë om Caroline Wöstmann te help om die eindpunt te bereik. Sy is 'n gewilde kampioen.2016-05-29 11:32:50Te midde van die Wöstmann-drama is Charné Bosman besig om vinnig nader te kom. Sy lyk nog sterk.2016-05-29 11:31:49In baie jare was daar nie súlke drama in dié moordende wedloop nie! Wöstmann hardloop weer. Sy lyk baie ongemaklik.2016-05-29 11:26:59Groot drama in die Comrades! Daar loop Caroline Wöstmann weer. Wöstmann se moeilikheid het begin toe sy deur 'n motorfiets getref is.2016-05-29 11:22:01

Caroline Wöstmann leef nou baie swaar met enkele kilometers oor in die Comrades. Kwaai krampe, maar sy is 'n vasbyter. 2016-05-29 11:09:53

2016-05-29 10:59:50

Ludwick Mamabolo tweede en Bongmusa Mthembu derde in Comrades.

Klik hier vir die uitslae.2016-05-29 10:52:08

2016-05-29 10:44:02

Reg om die wenner te verwelkom.2016-05-29 10:33:49

2016-05-29 10:24:26

2016-05-29 10:17:22Met 10 km oor in die Comrades lyk dit nie of enige iemand Gatebe sal vang nie. Hy is nog vol energieVolg die voorlopers.2016-05-29 10:11:50

Colleen de Reuck het baie respek vir die wêreld se grootste ultra-wedloop omdat sy in ’n Comrades-huis grootgeword het. Haar pa, Frank Lindeque, het 15 keer aan die wedloop deelgeneem, terwyl haar broer, Colin, al sewende was.

“Omdat ek nog nooit die Comrades gehardloop het nie, weet ek nie regtig wat om te verwag nie.Ek wil teen ’n pas van so vier en ’n half minuut per kilometer hardloop sodat ek oor die laaste 20 km nog iets in die bene oor kan hê om te druk as ek moet,” het sy vroeër gesê.

Lees meer.2016-05-29 10:01:25In die afdeling vir vroue lyk dit of Caroline Wöstmann op pad is na 'n tweede oorwinning.2016-05-29 10:00:58David Gatebe nou 1:15 voor Momabolo. In 1984 was Bob de la Motte op Cowies nog drie minute voor Fordyce. Fordyce het gewen.2016-05-29 09:57:23David Gatebe is oor Cowies en op pad Durban toe. Hy lyk nog sterk en gemaklik met 16km oor.2016-05-29 09:53:37David Gatebe, wat in 2013 die Twee Oseane gewen het is deur Pinetown. Nou wag klim teen Cowies Hill uit.2016-05-29 09:46:53

Die moeilikste deel van die Comrades begin ná Field’s Hill, sowat 23 km van die einde af.

Want, sê Bruce Fordyce, die Comrades-koning wat dié wedloop nege keer gewen het, ná die kwaai afdraande wéét jy jy is in die Comrades.

“As jy ná Field’s Hill deur Pinetown hardloop, is jou bene seer en jy is gatvol,” sê Fordyce wat dit altyd so maklik laat lyk het.

“Van Field’s Hill tot by 45th Cutting (sowat 8 km van die eindpunt af) is myns insiens die moeilikste stuk.”

Op die foto verower dié Comrades-koning die titel in 1990. Foto: Gallo Images

2016-05-29 09:40:34Braaityd langs Comrades-roete. Foto: Sarel van der Walt

2016-05-29 09:35:00Teen Field's Hill af is Ludwick Mambolo nou in tweede plek. David Gatebe, oefenmaat van Gift Kelehe, is die voorloper.2016-05-29 09:34:10Die eerste atlete in die Comrades bereik die afdraande by Field's Hill. O, die pyngedagte! Hy maak bene séér...2016-05-29 09:29:08Daar heers 'n karnaval-atmosfeer. Foto: Sarel van der Walt

2016-05-29 09:26:05

2016-05-29 09:22:20

Wie ook al Sondag se 91ste Comrades wil wen, moet hom eers klop, het Ludwick Mamabolo, die 2012-kampioen, Vrydag gesê.

Op die foto is Mamabolo nadat hy in 2012 eerste oor die eindpunt was. Foto: Gallo

Lees meer.2016-05-29 09:09:39Gert Thys stop in Kloof vir 'n oomblik.2016-05-29 09:09:00Deur Kloof is Ludwick Mamabolo in derde plek. Moet sê die 2012-wenner lyk nog sterk. Hy waai vir die toeskouers langs pad.2016-05-29 09:04:22John Hamlett, Gift Kelehe se afrigter, sê langs die pad hy is tevrede. Gift is presies waar hy nou moet wees.2016-05-29 08:47:45

Charné Bosman, naaswenner in verlede jaar se Comrades-marathon, mik vandag vir 'n eerste plek. Sy het gesê sy wil meer mededingend in die wedloop wees.

Caroline Wöstmann het verlede jaar sowat 20 minute voor Bosman in Pietermaritzburg oor die eindstreep gehardloop.

Kyk wat het Bosman (née Rademeyer) voor die wedloop gesê.

Lees meer.2016-05-29 08:31:16

En só lyk dit by Camperdown.2016-05-29 08:26:11

Van Gert Thys gepraat. Dié Noord-Kapenaar het só 'n bietjie teëspoed aan die vooraand van die Comrades gehad en sit moontlik sonder vervoer ná die wedloop.

Lees meer.2016-05-29 08:19:11

2016-05-29 08:17:38Vier regters sou volgens plan ook vanoggend voor die stadsaal van Pietermaritzburg aangetree het.2016-05-29 08:12:17

Kyk die geesdrif!2016-05-29 08:07:04

2016-05-29 07:55:30Caroline Wöstmann glo 2.5 minute voor Charné Bosman in #Comrades2016.2016-05-29 07:53:24

2016-05-29 07:45:30

Die 54-jarige Shaun Meiklejohn, die Comrades-kampioen in 1995, sal vandag die 28ste keer probeer om ’n silwermedalje in die Comrades te verower. Die atleet van Pietermaritzburg is boonop een van ’n handvol atlete wat met tien goue medaljes in dié wedloop spog.

Die afsnytyd vir ’n silwermedalje is vanmiddag om 13:00.

Meiklejohn, wat in 1982 as 20-jarige die eerste keer gehardloop het, se stadigste tyd was daardie jaar 7:18:46.

Bruce Fordyce, negemalige wenner, sê Meiklejohn se vertoningslys maak hom een van die beste atlete in die Comrades se roemryke geskiedenis.

Op die foto voltooi Meiklejohn in 1999 die Comrades. Foto: Noel Hammond

2016-05-29 07:26:35Die beseerde Skotse Kanadees Ellie Greenwood , wat twee jaar gelede die afdeling vir vroue in die af-Comrades gewen het, het gister in Durban in trane uitgebars toe Vangelis se “Chariots of Fire” begin speel het. Greenwood moes haar vroeër vandeesweek weens ’n heupbesering aan vandag se Comrades onttrek.

“Chariots of Fire” is die nieamptelike temalied van die Comrades en in Suid-Afrika is dit si­no­niem met dié moordende wedloop. Dit word kort voor die wegspring gespeel en weer wanneer die eerste man en vrou die eindpunt bereik.

Lees meer.2016-05-29 07:04:50

Voorlopers in die Comrades hardloop deur Camperdown.2016-05-29 07:01:57Stephen Muzhingi is toe wel in #Comrades2016. Hy lyk nie baie gemaklik nie.2016-05-29 06:53:34

2016-05-29 06:44:40Voorlopers in die Comrades bereik die hoogste punt van die roete buite Camperdown.2016-05-29 06:43:23

2016-05-29 06:33:33Toeskouers langs die pad wag vir Comrades-atlete. Foto: Sarel van der Walt

2016-05-29 06:21:05

2016-05-29 06:14:41

Só het dit gelyk toe die atlete vroeër weggespring het.2016-05-29 06:07:28

2016-05-29 05:48:50Caroline Wöstmann, verlede jaar se Comrades-wenner, is een van 1 130 ouditeurs wat vir die Comrades ingeskryf het. Dié 33-jarige senior lektor in ouditkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand hardloop boonop vir die klub van die ouditeursfirma KPMG.

2016-05-29 05:44:13Die mediatrok is nou by onderpunt van Polly Shortts. Hier is dit koud. Die atlete is iewers in die donker nag op pad hierheen.2016-05-29 05:34:33

En hulle het weggespring.2016-05-29 05:33:10

2016-05-29 05:30:55As ’n Suid-Afrikaanse man of vrou vandag die Comrades wen, wag daar ’n bank vol geld op hulle. Die wentjek is R400 000 vir sowel die eerste man as vrou.

Indien dit ’n Suid-Afrikaner is en hy die Rus Leonid Shvetsov se rekord van 5:20:41 vir die af-wedloop oortref, kry hy ’n verdere R400 000.

Frith van der Merwe se rekord is ’n ewe formidabele 5:54:43. As ’n Suid-Afrikaanse vrou dit oortref, sal sy ook nóg R400 000 ryker wees.

2016-05-29 05:26:08

2016-05-29 05:19:29

Gereed vir aksie. Foto: Gallo

2016-05-29 05:13:55Dit is nie baie koud in Pietermaritzburg voor die wegspring van die Comrades nie. Dit was al baie kouer in die verlede.2016-05-29 05:01:29

Sarel van der Walt is daar om jou oor al die aksie, bloed, sweet en trane op hoogte te hou. Volg hom by @Sarel_Beeld.2016-05-29 04:51:31Die meer as 16 000 atlete wat voor die stadsaal van Pietermaritzburg wegspring, het tot 17:30 vanmiddag tyd om die eindstreep in die Kingsmead-krieketstadion in Durban te bereik.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM