Atletiek

Gerda Steyn nie in Comrades-marathon

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gerda Steyn in 2019 in die New York-marathon in aksie. Foto: Getty Images
Gerda Steyn in 2019 in die New York-marathon in aksie. Foto: Getty Images

Die Olimpiese marathonatleet Gerda Steyn sal op 6 November weer vir die New York-marathon aantree.

Sy het dié aankondiging Woensdag op Instagram gedoen.

Haar deelname in New York beteken sy sal nie op 28 Augustus aan die Comrades-wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban deelneem nie. Sy sê sy sal wel daar wees om in die atmosfeer te deel en die ander deelnemers aan te moedig.

Steyn het al by twee vorige kere aan die New York-marathon deelgeneem - 2018 (13de in 2:31:04) en 2019 (11de in 2:27:48).

Sy het vroeër vanjaar die Twee Oseane-wedloop (56 km) in 'n rekordtyd van 3:29:42 gewen.

Haar SA marathon-rekord is 2:25:28.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM