Atletiek

Mo Farah groet met 4de plek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mo Farah (40) hardloop Sondag in sy laaste mededingende wedloop die Great North Run, ’n halfmarathon in Newcastle, Engeland, oor die eindstreep. Foto: Getty Images
Mo Farah (40) hardloop Sondag in sy laaste mededingende wedloop die Great North Run, ’n halfmarathon in Newcastle, Engeland, oor die eindstreep. Foto: Getty Images

Die legendariese Britse atleet Mo Farah, 'n viermalige Olimpiese kampioen, het Sondag in sy laaste mededingende wedloop voor sy uittrede vierde geëindig.

Die 40-jarige Farah het die Great North Run, 'n halfmarathon in Newcastle, Engeland, 3 minute en 29 sekondes ná die wenner, die Ethopiër Tamirat Tola (59:58) oor die eindstreep gehardloop.

Mo Farah (40) hardloop Sondag in sy laaste mededingende wedloop die Great North Run, 'n halfmarathon in Newcastle, Engeland, oor die eindstreep. Foto: Getty Images
Mo Farah (40) hardloop Sondag in sy laaste mededingende wedloop die Great North Run, 'n halfmarathon in Newcastle, Engeland, oor die eindstreep. Foto: Getty Images

Hy het die wedloop ses keer in sy roemryke loopbaan gewen.

"Dit was baie emosioneel. Daar het vandag baie dinge deur my brein gegaan," het Farah gesê.

"Hardloop is al wat ek geken het en dit is hardloop wat my oor baie jare gelukkig gehou het. Hardloop is alles vir my. Dit is wat my gered het."

Farah het in 2012 in Londen en in 2016 in Rio de Janeiro die goue medaljes in beide die 10 000 en 5 000 m gewen.

Die afdeling vir vroue is gewen deur Peres Jepchirchir, Olimpiese marathonkampioen, in 66:45. - BBC Sport

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM