Atletiek

‘My ma is by die engele’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Letsile Tebogo  Foto: GETTY IMAGES
Letsile Tebogo Foto: GETTY IMAGES

Botswana se Letsile Tebogo sê hy het byna nie Vrydagaand in Rome aan die Diamantliga-byeenkoms deelgeneem nie omdat hy kort voor die byeenkoms 'n ineenstorting oor sy ma se dood in Mei gehad het.

Tebogo, wat die 100 m in 'n tyd van 9.87 sekondes afgeblits het, het weer hulde aan sy ma gebring.

Die 21-jarige Tebogo, wat die goue medalje in die 200 m op die Olimpiese Spele gewen het, het Vrydag die Amerikaners Christian Coleman (9.92) Fred Kerley (9.95) uitgestof.

Tebogo het pous Franciskus Woensdag ontmoet en sy oranje spykerskoene (met sy ma se geboortedatum daarop) aan die Pous gewys.

"Ek weet sy is gelukkig. Sy is by die engele en hou my vanuit die hemel dop," het Tebogo gesê oor sy 43-jarige ma, Seratiwa, wat borskanker gehad het.- Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM