Atletiek

Wayde eindig vyfde in 400-eindronde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wayde van Niekerk. Foto: Getty Images
Wayde van Niekerk. Foto: Getty Images

Dit was 'n moedige poging, maar Wayde van Niekerk kon in Saterdag se vroeë oggendure net 'n vyfde plek behaal in die 400 m-eindronde by die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Eugene, Oregon.

Die wêreldrekordhouer het die eindstreep in 44.97 sekondes oorgesteek, met die Amerikaner Michael Norman wat die titel agter sy naam gevoeg het in 44.29.

Van Niekerk het egter uitstekend vertoon in net sy vierde voltooide wedloop van die jaar. Die uitslag was met 50 m oor nog nie buite twyfel nie, met Van Niekerk wat in 'n stadium gelyk het of hy selfs vir 'n opskudding kon sorg.

Hy het egter, soos in die halfeindronde, kort voor die einde uit stoom gehardloop.

Kirani james van Grenada het silwer gevat in 44.48, met die Brit Matthew Hudson-Smith wat brons gewen het in 44.66.

* Klik hier vir die volledige artikel.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM