Die Comrades word oor 'n afstand van 89,885 km vanaf die stadsaal in Pietermaritzburg tot by die Moses Mabhida-stadion in Durban gehardloop.2022-08-28 15:21:56
Bosman onttrek, hospitaal toe geneem
Charné Bosman, die 2016-vrouewenner van die Comrades, moes haar Sondag ná sowat 21 km aan die wedloop onttrek toe sy ineengesak het.
Sy is na ’n hospitaal gebring vir waarneming, maar later ontslaan, het ’n spanmaat gesê. “Sy is nou oukei.” – Sarel van der Walt
2022-08-28 14:14:59Tete Dijana met die wennerstaf. Dit is die staf van Hermes, die Griekse god en boodskapper. Die staf was volgens die mitologie ‘n geskenk van die songod Apollo. Saam met Dijana is sy spanmaats Bongmusa Mthembu en Edward Mothibi. Foto: Gallo Images

2022-08-28 14:09:57Alexandra Morozova met die wennerstaf. Foto: Gallo Images

2022-08-28 13:54:41Nadat sy Vrydag nog ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg moes indien om te kon deelneem, het die Rus Alexandra Morozova die vroue se titel in 6 uur, 17 minute en 48 sekondes verower. Foto: Gallo Images

2022-08-28 13:53:53Die wenner van vanjaar se Comrades: Tete Dijana. Foto: Gallo Images

2022-08-28 13:51:00Lede van die Nedbank-hardloopklub saam met hul afrigter by die eindpunt in die Moses Mabhida-stadion in Durban. Foto: Gallo Images2022-08-28 13:41:27Die toeskouers in die stadion het die Durbaniet Jenna Challenor luidkeels aangemoedig toe krampe haar kort voor die eindstreep aarde toe gebring het. Foto: Gallo Images

2022-08-28 13:39:56Jenna Challenor se Murray & Robberts-spanmaat Adele Broodryk, wat derde was, het haar eers aangemoedig en toe opgehelp het. Foto: Gallo Images

2022-08-28 12:42:27
Krampe dwing haar kruipend oor eindstreep
Die Durbaniet Jenna Challenor was vir een van die mees dramatiese paar minute van die Comrades tot dusver verantwoordelik.
Toe sy die Moses Mabhida-stadion bereik het, het sy met krampe begin sukkel terwyl sy onderdeur die tonnel na die stadion gehardloop het.
Sy moes noodgedwonge gaan sit.
Dit het gelyk of sy gegly het, maar dit het gou geblyk dit is krampe.
’n Beampte het haar opgehelp.
Enkele meter van die eindstreep af, waar die vierde plek vir haar gewink het, het die krampe weer die oorhand gekry.
Dié keer kon sy nie opstaan nie en moes oor die eindstreep kruip, waar Murray & Robberts-spanmaat Adele Broodryk, wat derde was, haar eers aangemoedig en toe opgehelp het.
Die toeskouers in die stadion het haar luidkeels aangemoedig. – Sarel van der Walt
KwaZulu-Natal Premier Nomusa Dube-Ncube and all members of the provincial executive Council congratulate Front-Runner Jenna Challenor who hails from the @eThekwiniM . #ComradesMarathon2022 pic.twitter.com/OB008CKplk
— KZN Provincial Gov (@kzngov) August 28, 2022
2022-08-28 11:59:29
Die Pool Dominika Stelmach eindig sewe minute ná Morozova in 6:25:09.
Adele Broodryk, die eerste Suid-Afrikaanse vrou, behaal die derde plek in 6:26:35.
2022-08-28 11:56:05
Rus wat hof toe is, wen vrouetitel
Nadat sy Vrydag nog ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg moes indien, het die Rus Alexandra Morozova die vroue se titel in 6 uur, 17 minute en 48 sekondes verower.
Morozova is Donderdag deur die Comrades-vereniging (CMA) ingelig dat sy verhoed gaan word om haar slag in KwaZulu-Natal te wys.
Die CMA se besluit om haar te probeer keer was in lyn met Wêreldatletiek se direktief dat Russiese atlete nie aan buitelandse byeenkomste mag deelneem terwyl die oorlog tussen Rusland en Oekraïne aan die gang is nie.
Sy het egter Saterdag haar saak gewen en Sondag self ’n groter oorwinning behaal.
“Dit was ongelooflik. Dit is een van my drome wat bewaarheid is. Dit was loshande een van die taaiste marathons waaraan ek al deelgeneem het,” het Morozova agterna met behulp van ’n tolk gesê. – Wim Pretorius
2022-08-28 11:54:57
Die Rus Alexandra Morozova is die eerste vrou oor die wenstreep in 'n tyd van 6:17:48. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 11:33:57
Tjale terug by Comrades
Hoseah Tjale, wat in die jare 80 in verskeie epiese stryde met Bruce Fordyce en Bob de la Motte in die Comrades-wedloop betrokke was, het om 11:30 die afsnyskoot vir die Wally Hayward-medalje geskiet.
Dié medalje gaan aan die atlete wat tussen die 11de plek en ses ure die wedloop voltooi.
Foto: Sarel van der Walt

LEES OOK: Hoseah Tjale Sondag terug by Comrades2022-08-28 11:09:07
Wegholoorwinning vir Dijana
Tete Dijana het Sondag ’n wegholoorwinning in die uitmergelende Comrades-afwedloop in 5 uur, 30 minute en 38 sekondes beklink.
Dijana, ’n sekuriteitswag en lid van die Nedbank-hardloopklub, het vir die laaste 20 km saam met die verdedigende kampioen, Edward Mothibi, sake voor uitgespook voordat hy, met sowat 10 km oor, ’n ekstra rat gevind het.
Mothibi, wat ook ’n oefenmaat van Dijana is, was naasbeste in 5:33:46.
Dit was 3 minute en 8 sekondes agter Dijana.
Die derde plek is deur Dan Moselakwe in 5:36:25 opgeraap.
Nóg ’n lid van die Nedbank-hardloopklub, Onalenna Khonkhobe, was vir sowat 70 km op sy eie ver voor enige ander deelnemer nadat hy die vreemde, maar tog so algemene besluit geneem het om van die klap van die skoot af reeds sy voet op die versneller te plaas.
Met ’n pas wat vir lank by 3:14 min/km gedraai het, sou dit altyd onwaarskynlik wees dat hy die wedloop sou voltooi.
En toe Dijana en Mothibi hom ingekatrol het, het Khonkhobe dié twee aangemoedig en toe die wit vlag gehys. – Wim Pretorius
Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 11:08:55Nick Bester (60), die Comrades-kampioen van 1991 en bestuurder van die Nedbank-hardloopklub, wag Dijana met ope arms in. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 11:05:09Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 11:04:56Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 11:04:11
KYK Tete Dijana wen Comrades 2022
Dijana net voor die wenstreep. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 10:33:31
Rus neem voortou in vroue se wedloop
Die Rus Alexandra Morozova, wat al tweede en derde in die Comrades was, is die nuwe voorloper in die vroue se wedloop.
Morozova het Saterdagmiddag gehoor sy mág aan vanjaar se Comrades-wedloop deelneem.
Regter Rob Massop het in die hooggeregshof in Pietermaritzburg so beslis, nadat Morozova Vrydag ’n dringende aansoek in dié hof teen die Comrades-vereniging (CMA), die organiseerders van die wedloop, ingedien.
Dit was nadat die CMA haar Donderdag in kennis gestel het sy kan nie meer deelneem nie.
CMA is deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Atletiek KwaZulu-Natal laat weet Wêreldatletiek, die internasionale atletiekbeheerliggaam, het ASA versoek om haar uit die wedloop te laat weens Rusland se inval in Oekraïne.
Lees die volledige berig hier.2022-08-28 10:32:16
Met net 8,87 km oor, steek Dijana die merk in Sherwood in 4:54:47 verby.
Mothibi, die verdedigende kampioen, is tans in ’n wedloop om die tweede plek en 1 minuut en 5 sekondes agter Dijana.
Motoriste op die hoofweg blaas toeter vir Dijana.
Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 10:28:46Is dit die einde? Dijana wys vir die toeskouers “kom, ek wil julle hoor”. Die toejuiging is oorverdowend.2022-08-28 10:25:20Die twee voorlopers op pad na 45th Cutting netvoordat Dijana weggebreek het. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 10:22:39
Mothibi, die 2019-kampioen, en Dijana is so ver voor dat die derde atleet nie van die mediavoertuig af sigbaar is nie.
En dan skielik breek Dijana weg!
2022-08-28 10:17:29Dit word al hoe meer bewolk en dit kan die agterste atlete later vanmiddag baie help.2022-08-28 10:10:01Mothibi en Dijana is nou op die hoofweg by Westville aan die buitewyke van Durban. Steeds skouer aan skouer. Die toeskouers staan die oorbrûe vol.2022-08-28 09:54:03Die Pool Dominika Stelmach neem weer die voortou in die vroue se wedloop. Sy steek vir Adele Broodryk verby.

2022-08-28 09:53:46
Die mans se voorlopers deur Pinetown:
1. Edward Mothibi (4:10:28)
2. Tete Dijana
3. Joseph Manyedi (+0:38)
4. Nkosikhona Mhlakwana (+1:05)
5. Dan Moselakwe (+1:43)
6. Lutendo Mapoto (+1:49)
7. Teboho Sello (+2:10)
8. Bongmusa Mthembu (+2:22)
9. Mabuthile Lebopo (+2:38)
10. Johannes Makgetla (+6:45)
2022-08-28 09:53:13Nou begin Cowies Hill. Albei atlete lyk nog sterk. Gaan die twee Nedbank-atlete mekaar tot bo help?
2022-08-28 09:49:56Die toeskouers word meer luidrugtig. Die spanning bou op terwyl Mothibi en Djiana skouer aan skouer deur Pinetown hardloop. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 09:35:24En dan gaan Mothibi en Dijana hom verby. Dijana het Khonkhobe simpatiek aan die arm geneem. Toe stop Khonkhobe.2022-08-28 09:32:31
Khonkhobe se wiele is pap. Hy lyk seer en kyk al hoe meer om. Hy gaan stop!
2022-08-28 09:25:48
Die Comrades “begin” eers ná 65 km.
Dis nou die uitmergelende Fields Hill af, dan deur Pinetown.
Hierna sal die mans van die seuns geskei word wanneer die voorlopers Cowies Hill uitgaan.
Dis dan wanneer die seer en moeë bene regtig in die spel kom.
Daarom is dit belangrik om Fields Hill nie te vinnig af te gaan nie.
Ná Cowies Hill is daar nog 20 km oor.
2022-08-28 09:22:07
Die "jaaggroep" is nou besig om die twee voorlopers vinnig in te katrol.
Die mans se voorlopers met 32,42 km oor:
1. Onalenna Khonkhobe (3:23:48)
2. Lebenya Nkoka (+4:46)
3. Teboho Sello (+9:10)
4. Tete Dijana (+9:13)
5. Edward Mothibi
6. Joseph Manyedi
7. Bernard Chirchir (+9:14)
8. Mabuthile Lebopo (+9:15)
9. Dan Moselakwe (+9:17)
10. Lutendo Mapoto
2022-08-28 09:21:102022-08-28 09:20:55
Die “jaaggroep” is by Botha’s Hill. Die toeskouergetalle neem toe.
Dan is dit af teen Botha’s Hill na Hillcrest toe. Dié afdraande en dié by Fields Hill gaan eina maak. So 37 km oor.
Die “jaaggroep” begin stadig maar seker opbreek, nou gaan dinge begin ernstiger raak.
2022-08-28 09:02:24Adele Broodryk Foto: Twitter / @RAF_SA

2022-08-28 08:57:43
Die vroue se voorlopers deur die halfpadmerk:
1. Adele Broodryk (2:57:39)
2. Dominika Stelmach (+3:17)
3. Alexandra Morozova (+8:03)
4. Jenna Challenor (+11:24)
5. Charné Bosman (+12:55)
6. Camille Herron (+13:00)
7. Galaletsang Mekgoe (+14:50)
8. Helena Joubert (+15:46)
9. Carla Molinaro (+17:53)
10. Makhosazane Ladyfair Mhlongo (+18:34)
2022-08-28 08:54:56Die prysgeld wat op die spel is.

2022-08-28 08:51:15
2022-08-28 08:36:04Die klim na Botha’s is alles behalwe maklik. Daar is vir atlete in die “jaaggroep” nog 42 km (’n marathon) oor. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 08:26:47Die groot "jaaggroep" hardloop verby die Comrades se Muur van Herinnering. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 08:26:31
Die mans se voorlopers oor die halfpadmerk:
1. Onalenna Khonkhobe (2:25:51)
2. Lebenya Nkoka (+5:40)
3. Ntsindiso Mphakathi (+17:24)
4. David Gatebe (+17:29)
5. Philani Nkomo
6. Thulane Magagula (+17:30)
7. Tete Dijana
8. Timothy Munzhelele
9. Edward Mothibi (+17:31)
10. Willy Korir Magagula
2022-08-28 08:06:23Die Comrades se Muur van Herinnering tussen Drummond en Botha’s Hill. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 08:05:24Onalenna Khonkhobe is oor die halfpadmerk in 2:25:51.2022-08-28 07:52:40’n Feestelike atmosfeer heers op die Comrades-roete. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 07:51:00
Die vroue se voorlopers deur Cato Ridge.
1. Adele Broodryk (2:00:41)
2. Dominika Stelmach (+3:05)
3. Alexandra Morozova (+6:47)
4. Camille Herron (+8:28)
5. Jenna Challenor (+8:39)
6. Charné Bosman (+8:45)
7. Ann Ashworth (+9:11)
8. Makhosazane Ladyfair Mhlongo (+9:19)
9. Helena Joubert (+9:27)
10. Galaletsang Mekgoe (+10:12)
2022-08-28 07:48:24Onalenna Khonkhobe, die voorloper, besig om Inchanga uit te gaan, dan af na Drummond, die halfpadmerk. Khonkhobe begin omkyk. Foto: Sarel van der Walt2022-08-28 07:45:54
2022-08-28 07:38:11
Die mans se voorlopers deur Cato Ridge:
1. Onalenna Khonkhobe (1:37:51)
2. Lebenya Nkoka (+3:42)
3. Azar Shah (+9:47)
4. Tefo Montoedi (+14:33)
5. Malusi Dlomo (+14:35)
6. Ntsindiso Mphakathi
7. Prince Abel Chiposiwa (+14:36)
8. Charles Tjiane (+14:37)
9. David Gatebe
10. Nkosinathi Duma
2022-08-28 07:35:32Die voorlopers is nou anderkant Cato Ridge op pad na Harrison Flats — ‘n sieldodende deel van die wedloop.2022-08-28 07:29:502022-08-28 07:14:35Die "jaaggroep". Dis doodstil. Al wat jy hoor, is die tekkies wat op die teer klap.

2022-08-28 07:00:19Die "jaaggroep" net buite Camperdown. Daar is nog 66 km oor. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:56:33
2022-08-28 06:55:06Tot dié troppie zebras het kom kyk wie hardloop voor in die Comrades. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:54:31
Die vroue se voorlopers met 74 km oor:
1. Adele Broodryk (1:03:40)
2. Dominika Stelmach (+1:07)
3. Camille Herron (+2:58)
4. Alexandra Morozova (+3:05)
5. Catherine Malungane (+3:12)
6. Ann Ashworth
7. Helena Joubert (+3:13)
8. Makhosazane Ladyfair Mhlongo (+3:16)
9. Charné Bosman (+4:10)
10. Jenna Challenor (+4:12)
2022-08-28 06:42:51
Die mans se voorlopers met 74 km oor:
1. Onalenna Khonkhobe (50:28)
2. Lebenya Nkoka (+2:03)
3. Amon Theko (+7:25)
4. Matshelane Mamabolo (+8:07)
5. Rufus Photo (+8:22)
6. Prince Abel Chiposiwa (+8:23)
7. Tefo Montoedi (+8:24)
8. Monyele Monyele
9. Given Baloyi
10. Edward Mothibi
2022-08-28 06:31:48En daar kom die “jaaggroep”. Die wenner is waarskynlik onder die groep, ook bekend in hardlooptaal as ’n “bus”. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:28:34Norrie Williamson, ’n skeidsregter, kom gee terugvoer oor wat in die “jaaggroep” aan die gang is. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:26:51Intussen lyk dit of die N3-hoofweg (rigting Durban) teen ’n slakkepas beweeg. Dis een streep ligte wat uit Pietermaritzburg se rigting kom.2022-08-28 06:24:51
2022-08-28 06:21:32
Adele Broodryk (Murray & Roberts) neem die voortou by die vroue, met die Pool Dominika Stelmach (Nedbank) tans in die tweede plek.
Broodryk het ’n doktorsgraad in sportwetenskap en is aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verbonde.
2022-08-28 06:15:38So lyk die roete wat hulle aandurf.

2022-08-28 06:14:01Toeskouers by Ashburton, ook bekend as Klein Polly’s. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:11:38Die Pool Dominika Stelmach is tans die vroue se voorloper. Sy steek die 9 km-merk in 35:48 oor.2022-08-28 06:11:26
Met 82 km oor, beweeg die Comrades-karavaan nou teen Polly Shortts af.
Tipies aan Polly’s byt die koue lug hier. Terwyl die dag oor dié moordende bult in die op-wedloop breek, sing die voëltjies opgewonde in die bome.
2022-08-28 06:11:22
Sowat 600 m agter die voorloper, Onalenna Khonkhobe, is Lesotho se Lebenya Nkoka (Maxed Elite) tans in die tweede plek.
Khonkhobe kyk gedurig oor sy skouer, selfs al is geen ander teenstander in sig nie.
2022-08-28 06:06:16
Onalenna Khonkhobe (Nedbank) is buitengewoon haastig uit die staanspoor uit en loop tans, ná sowat 20 minute, ver voor.
Dit is ’n taktiek wat hom waarskynlik later behoorlik gaan kos met meer as 85 km wat nog voorlê.
Khonkhobe was vroeër vanjaar sesde in die Twee Oseane-ultramarathon.
Khonkhobe hardloop so vinnig dat hy die wedloop in 4 uur, 35 minute en 53 sekondes sal voltooi as hy sy huidige pas kan volhou. Die af-rekord is 5:18:19.
2022-08-28 06:03:10Die voorste atleet lei die ander atlete Pietermaritzburg uit. Atlete soos dié word “kamera-atlete” genoem omdat hulle alles doen om op TV te wees. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 06:01:57
Op pad na Polly Shortts brand die eerste vure waar toeskouers hulself warm hou.
Onalenna Khonkhobe (Nedbank) is buitengewoon haastig uit die staanspoor uit en loop tans, ná sowat 20 minute, ver voor.
Dit is ’n taktiek wat hom waarskynlik later behoorlik gaan kos met meer as 85 km wat nog voorlê.
Khonkhobe was vroeër vanjaar sesde in die Twee Oseane-ultramarathon.
2022-08-28 06:01:17
Groot getalle mense staan langs die strate op die roete uit Pietermaritzburg.
Weens padverbouings volg die atlete dié keer ’n ander roete na Polly Shortts.
Die lug byt nou en dit sal vir seker baie koud wees aan die onderpunt van Polly’s.
In die ooste – in Durban se rigting, begin die lug oranje word.
2022-08-28 05:36:30
Die voorste vyf mans, gegrond op hul persoonlike beste tye in die sogenaamde afwedloop:
David Gatebe (Impala-marathonklub) – 5:18:19
Bongmusa Mthembu (Arthur Ford-atletiekklub) – 5:26:34
Edward Mothibi (Nedbank-hardloopklub) – 5:36:32
Nkosinathi Duma (Hollywood Bets-atletiekklub) – 5:47:09
Joseph Manyedi (Nedbank-hardloopklub) – 6:43:04
2022-08-28 05:34:30Die 15 986 deelnemers het pas weggespring.
2022-08-28 05:32:39En daar klap die skoot en die duiwe vlieg verskrik weg. Die eerste Comrades in drie jaar het begin!2022-08-28 05:32:08
Die deelnemers sing nou die volkslied.
Dis die begin van die amptelike verrigtinge. Die atlete is nou onder bevel van die afsitter.
Groot applous breek uit.
Dan volg “Shosholoza”. Dis hoendervel-mooi, soos altyd.
2022-08-28 05:28:43
Groot getalle toeskouers begin die strate van Pietermaritzburg se middestad te belyn om die hardlopers af te sien wanneer die skoot om 5:30 klap.
Weens die padverbouings buite Pietermaritzburg, word die groot getalle toeskouers eers van Cato Ridge af verwag.
In die verlede het sowat 300 000 toeskouers die atlete langs die pad ondersteun.
‘n Laaste spanfoto voor die wegspring Sondagoggend kort voor 04:00 in Pietermaritzburg. Foto: Sarel van der Walt

2022-08-28 05:27:27
Die opwinding in die lug voor die begin van die 95ste Comrades is byna tasbaar.
Dit is nie naastenby so koud soos toe dié moordende wedloop vroeër jare in Mei of Junie begin het nie.
Die stadsaal van Pietermaritzburg is helder verlig.
Netnou wag daardie trane-in-oë-oomblik wanneer die duisende deelnemers spontaan “Shosholoza“ sal begin sing.
En wanneer hulle “Chariots of Fire” hoor, sal hulle weet drie jaar se wag is verby en die oomblik van waarheid het aangebreek.
2022-08-28 05:26:31
Busse vol atlete
Pietermaritzburg: Tientalle busse het duisende atlete vroeg Sondagoggend na dié stad vervoer vir die Comrades.
Hoe nader die bus aan Pietermaritzburg gekom het, hoe stiller het dit in die bus geword.
Toe die bus stop, het ‘n atleet onder ‘n gelag gesê: “Ek dink ek gaan saam met die bus terug Durban toe. Sien julle by die eindpunt!”.
Foto: Sarel van der Walt


















