Atletiek

HOOGTEPUNTE: SA vlag wapper hoog!

  • Sarel van der Walt, wat al 28 keer sedert 1988 (met Bruce Fordyce se agtste oorwinning) oor die Comrades verslag gedoen het, het Sondag die Comrades-wedloop uit die mediatrok dopgehou.
  • Die afstand tussen Durban en Pietermaritzburg was 86,83 km.
  • Dit was die 94ste Comrades sedert 1921.
  • Dit was die 48ste Comrades op-wedloop. Die wedloop word om die beurt in die teenoorgestelde rigting gehardloop.
Gerda Steyn, vroulike wenner van die Comrades.
Gerda Steyn, vroulike wenner van die Comrades. (Petrus Malherbe)

2019-06-09 13:38:50Gerda Steyn (regs) op die nuuskonferensie: “Ek het gekom om te wen.”

2019-06-09 12:51:17Hou Netwerk24 dop vir meer in die loop van die middag. Foto: Twitter: Comrades-vereniging.

2019-06-09 12:43:05Hier kom spoed! Foto: Darren Stewart (Gallo Images)

2019-06-09 12:42:37So lyk die vroue se top-10.

2019-06-09 12:34:10

Trivia:

Coke: 30,350 liters

Fanta/Crème Soda: 10,650 liters

Coke-papierkoppies (175 ml)

430,000 watersakkies

2 miljoen sakkies van energiedrankies

9 ton piesangs

4,5 ton lemoene

500 kg energie-beskuitjies

500 kg Salticrax-beskuitjies

20 000 energiestafies

1,5 ton gekookte aartappels

Bron: Comrades-vereniging

2019-06-09 12:08:37

2019-06-09 12:07:35

Vroue eindig so:

1. Gerda Steyn (SA) 5:58:53; 2. Alexandra Morozova (Rus) 6:17:40; 3. Caitriona Jennings (Ier) 6:24:12; 4. Ann Ashworth (SA) 6:27:15.

2019-06-09 11:53:55So lyk die afsnypunte:Winstonpark (10:00);Drummond (11:40);Cato Ridge (13:40);Umlaas Road (15:00);Polly Shortts (16:40);Eindpunt: 17:30.2019-06-09 11:48:12Gerda Steyn word deur haar ma, Trudie, geluk gewens. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 11:46:42Steyn verbeter die Rus Elena Nurgalieva se rekord van 6:09:04, van 2006. Alexandra Morozova van Rusland gaan tweede eindig. Ann Ashworth is nog 4de en Charne Bosman 8ste.2019-06-09 11:37:00Gerda Steyn sê: 'Comrades is in my hart en in my siel. Dit is deel van wie ek is.'2019-06-09 11:36:24Sy sê dankie vir die Here, en sê sy weet nie waar haar krag vandaan gekom het nie. Sy het in minder as ses uur 'n miljoenêr geword, met die prysgeld en bonus. 'n Emosionele Nick Bester, spanbestuurder van die Nedbank-klub, is langs haar sy by die wenstreep. Die klub het albei wenners opgelewer.2019-06-09 11:34:56Gerda Steyn verbeter verskeie rekords. Hou hier dop vir meer!2019-06-09 11:34:06Dit is haar eerste Comrades-titel. Dit is die eerste keer sedert 2015 dat 'n vroue-atleet die Twee Oseane en die Comrades wen. 2019-06-09 11:31:12Gerda Steyn word die eerste vrou wat die pp-Comrades in minder as ses uur kon aflê. Briljant, Gerda! Haar nie-amptelike tyd is 5:59:03. Foto: Sarel van der Walt2019-06-09 11:25:05Gerda Steyn is nog voor, met Alexandra Morozova van Rusland tweede, Caitriona Jennings van Ierland derde en die Suid-Afrikaner Ann Ashworth vierde.2019-06-09 11:23:38

2019-06-09 11:22:33Edward Mothibi steek die eindstreep oor. Hy iw R700 000 ryker. Foto: Marinda van der Walt

2019-06-09 11:03:32Edward Mothibi wen in 'n nie-amptelike tyd van 5:31:42 met Bongmusa Mthembu, verlede jaar se wenner, net 'n minuut agter hom. Foto: Argief

2019-06-09 10:58:16

2019-06-09 10:50:21

2019-06-09 10:48:58

'n Skitterende Gerda Steyn is by Polly's en op koers om die wedloop onder ses ure klaar te maak, en in die top-20 te eindig. Ongelooflik! Foto: Argief

2019-06-09 10:45:30

2019-06-09 10:44:07Mothibi het verlede jaar in sy Comrades-debuut vierde geëindig in 5:36 en talle kenners verras. Hy was in November verlede jaar in die 6de plek die eerste SA atleet in die Soweto-marathon. 2019-06-09 10:39:29Is dit ons nuwe kampioen? Mothibi is nou bop-op Polly's. Mthembu sak terug. Nick Bester is weer by Mothibi met laaste advies. Mthembu lyk of hy swaar kry. Die Twee Oseane in April sit nog in sy bene. Hy bly soos ‘n ware kampioen veg, maar die gaping word groter.

2019-06-09 10:31:20Mothibi rek die gaping. Kry water by Nick Bester, sy spanbestuurder. Die gaping is 50 meter. In die vrouewedloop is Gerda Steyn nog op koers vir 'n nuwe rekord. 2019-06-09 10:29:57Mothibi bly klou, Mthembu diep gefokus. Comrades op sy beste...Mothibi is net een tree voor.2019-06-09 10:28:03Dagsê, Polly Shortts! Bongmusa Mthembu begin die laaste groot opdraande van die Comrades. Nog nooit sedert 1922 het die eerste atleet bo-op Polly’s nie gewen nie. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 10:23:44Nou is Mthembu weer voor! Polly’s gaan weer doe laaste sê hêt. Dan versnel die kampioen..2019-06-09 10:22:30Om die draai wag Polly Shortts. Hoop om sy onthalwe hy het nie die klassieke Comrades-fout gemaak en Klein Polly’s as die regte Polly’s aangesien nie.2019-06-09 10:19:22Mothibi breek weg!2019-06-09 10:18:3810 km oor. Skouer aan skouer teen Klein Polly’s uit. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 10:13:51Op pad Klein Polly’s (Ashburton). My gevoel is dinge sal tussen hier en Polly Shortts gebeur. Minder as 13km oor. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 10:11:56Allerlei kleure en kostuums is te sien. Foto: Gallo Images

2019-06-09 10:07:53Die gees is nog sterk. Foto: Gallo Images

2019-06-09 09:55:26Nou op pad Lion Park toe. 18 km oor. Die groot vraag is wie se taktiek sal die wentaktiek wees.. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 09:54:07Daar is nog 19 km oor. Gerda Steyn is op koers om Elena Nurgalieva se rekord van 6:09:04 te verbeter. Ongelooflike vertoning deur haar!2019-06-09 09:42:42

2019-06-09 09:39:43Dit begin lyk na 'n tweestryd tussen Bongmusa Mthembu en Edward Mothibi. Dit sal Mthembu se vierde titel wees as hy wen. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 09:38:00

2019-06-09 09:33:36Gatebe raak nou vinnig agter en verloor kontak.2019-06-09 09:27:40

2019-06-09 09:26:10Gatebe het teruggeval om ‘n waterbottel te kry.2019-06-09 09:23:52

2019-06-09 09:21:09Daar is nou 27 km en daar is nou vyf atlete saam voor. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 09:14:56Dit was net ‘n skrikmaker. Hy is weer terug in die bondel. Gatebe lyk ook nog goed. Gerda Steyn is nog gemaklik voor in die vroue-wedloop, net 17 minute agter die mans. Die TV-kommentators sê sy lyk goed.2019-06-09 09:11:38Die Keniaan Justin Chesire breek in Cato Ridge weg. Nou begin die wedloop in alle erns. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 09:07:50Nog trivia: van die 22 559 deelnemers is 17 853 SA mans en 4706 SA vroue. Altesaam 321 Britte is in aksie. 2019-06-09 09:00:14Bongmusa Mthembu, die verdedigende kampioen wat vanjaar ook die Twee Oseane gewen het, lyk op pad Harrison Flats nog baie sterk. Dit lyk of hy nader begin beweeg om sy stempel af te druk.2019-06-09 08:56:06Nao Kazami, die Japanner wat die wêreldrekordhouer oor 100km is, is steeds onder die voorlopers. Vir baie is dit ‘n verrassing.. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 08:47:17

Video: Rene Kalmer2019-06-09 08:45:08Kan Gerda Steyn die Comrades-titel by haar Twee Oseane-titel voeg?2019-06-09 08:33:41

2019-06-09 08:30:43Die voorste bondel word nou kleiner terwyl hulle Inchanga probeer oorwin.2019-06-09 08:30:16Deur die marathon-kerf in 2:53.2019-06-09 08:29:00

Die rekords vir die op-wedloop is Leonid Shvetsov (2008 – 5:24:49) en Elena Nurgalieva (2006 – 6:09:24). Die atleet wat die rekord kan verbeter sal 'n bonus van R500 000 in die sak steek. Die eerste SA atleet sal R200 000 huis toe neem.

2019-06-09 08:26:29

Prysgeld van altesame R4,3 miljoen is op die spel. Die eerste plek is R500 000 werd. Die naaswenners ontvang R250 000 en die derde plek is R180 000 werd. Die goue medaljes vir die voorste tien mans en vroue is een ons goud en meer as R770 000 werd. Met die prysgeld sal jy beslis 'n kluis vir jou medalje moet koop!

2019-06-09 08:22:07

2019-06-09 08:21:14En hier kom die groot kanonne nou Inchanga uit. Bo hulle dreun ‘n helikopter. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 08:20:38Die voorloper het gestop en hom onttrek.

2019-06-09 08:11:08

2019-06-09 08:07:58

2019-06-09 08:02:30TK Moshwetsi en Gerda Steyn is die onderskeie voorlopers. Daar is 47 km oor.2019-06-09 07:59:01Nou op een van die mees onderskatte dele van die Comrades. Afdraande Drummond toe. Ná die stewige opdraandes maak dié stuk séér..dan wag nog ‘n riller-opdraande — Inchanga.2019-06-09 07:57:124051 van die Suid-Afrikaanse mans wat deelneem, is beginners. Altesame 1287 SA vroue maak hul debuut. 2019-06-09 07:55:39Die meeste deelnemers is Engelssprekend, 10525, gevolg deur Zoele-sprekers (3069) en Afrikaanse atlete (2687). 2019-06-09 07:53:17Kinders hardloop op die bopunt van Botha’s Hill in digte mis saam met van die voorlopers. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 07:52:17

Vermaarde TV-regisseurScott Seaward terug

Nadat hy in die 1980'sen die 1990's die regisseur van die SAUK se TV-uitsending van die Comrades was,was die hoogaangeskrewe en bekroonde Scott Seaward vir baie jare lank nie meerby die Comrades betrokke nie.

Nadat hy by die SAUKweg is, het Seaward tot en met sy aftrede by SuperSport gewerk.Vandag is hy opversoek van die Comrades-vereniging (CMA) terug as deel van die span van diéproduksie van 13. "Net 'n klein deel van die masjien," sê Seaward.

Hy is bekenddaarom dat hy tot in die fynste besonderhede beplan en 'n natuurlike aanvoelingen passie vir die Comrades het.Hy is iemand wat lankkan tob oor presies waar die beste kameraposisies is.Seaward, 'n Durbanietvan oorsprong, is in die bedryf ook bekend as “Screaming Scottie”. Dit is omdathy homself uitleef wannner hy sy plek agter die kontrolebank in die grootTV-trokke van die buite-uitsendingseenheid inskuif.

2019-06-09 07:49:01

2019-06-09 07:47:00David Gatebe (wit frokkie) lei die bondel teen Botha’s Hill uit. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 07:43:45Bongmusa Mthembu het verlede jaar die af-wedloop in 5:26:34 gewen en Ann Ashworth was die voorste vrou in 6:10:04. 2019-06-09 07:40:54

2019-06-09 07:40:22Die voorlopers in Hillcrest. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 07:37:59Die voorlopers gaan nou deur Hillcrest. Soos altyd ‘n warm ontvangs vir atlete van die duisende toeskouers.2019-06-09 07:24:36Gatebe, Kelehe en Mthembu, die drie groot gunstelinge is almal in die voorste bondel. Die reuk van spel en eiers is nou oral. Toeskouers maak ontbyt. Dit is koud en nat in Gillets, maar dit reën nie.2019-06-09 07:17:47Daar is nog 60km oor.2019-06-09 07:05:03Met die son wat begin opkom, bereik die eerste groot groep die bopunt va n Field’s Hill. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 07:04:42

2019-06-09 07:01:49

Comrades herwinplastiek só

DieComrades-vereniging (CMA), organiseerders van die Comrades, hoop om in dietoekoms herwinbare sakkies te gebruik pleks van die 2 miljoen plastieksakkiesmet water wat by die 43 waterpunte aan die sowat 20 000 deelnemers uitgedeelword.

Daar sal ook 480 000sakkies met energiedrankies en meer as 32 sakkies met sorgumbier op die roetebeskikbaar wees.Cheryl Winn,voorsitter van die CMA, het op 'n mediakonferensie gesê die CMA hoop daar salbinne die volgende paar jaar herwinbare sakkies beskikbaar wees. “In hierdie staiumword die plastieksakkies ná die wedloop opgestel. Dit word dan gesmelt enplastiekmeubels word daarvan gemaak.“Ons skenk dié meubelsaan behoeftige skole,” sê Winn.

2019-06-09 06:55:00

2019-06-09 06:36:53Die Switser wat dol isop die Comrades

Die 67-jarige SwitserPeter Camenzind, 'n veelmalige wenner van die moordende Switserse Alpe-bergewedloopgewen het, neem die 13de keer sedert 1992 aan die Comrades deel.

Met sy eerste Comradesin 1992 was by die halfpadkerf by Drummiond nog in 'n goeie posisie om diewedloop te wen.Toe beland hy teen diemoordende Inchanga uit agter 'n bus wat swaar rookwolke uitgeblaas het.Dit het hom so naargemaak dat hy by Cato Ridge die handdoek moes ingooi.

Jan Buitendag, wat 'ngroot rol gespeel het om Camenzind in Suid-Afrika te kry, vertel daar was totkort voor die Comrades nog 'n sportboikot teen Suid-Afrika.Om die boikot teomseil, het sy borge 'n klub gestig waarvan Camenzind die enigste lid was!

In 1993 het hyteruggekeer Comrades toe, maar moes met die 42ste plek tevrede wees. In 1994 het sy besteComrades gehardloop en vierde ná Alberto Salazar, Nick Bester en MohalaMahloli.In 1997, toe CharlMattheus gewen het, het hy sy tweede Comrades-gouemedalje verower deur negendete eindig.Van die 11 Comradeswat hy voltooi het, het hy agt keer sy ouderdomsgroepkategorie gewen. Hy wastoe 46 jaar oud. — Sarel van derWalt

2019-06-09 06:31:152019-06-09 06:21:45Teen Field’s Hill buite Pinetown waar die mediatrok op die voorlopers wag, begin dit nou ligter word. Die son sal waarskynlik binnekort sy kop oor die see laat uitsteek. Dis ideale hardloopweer, steeds bewolk.2019-06-09 06:16:48Die voorste atlete het al 45 minute agter die rug. 'n Wetsgehoorsame motoris ry gewoonlik 'n uur tussen Durban en Pietermaritzburg. Op jou fiets sal dit jou 2 uur 4 minute neem. As jy stap, is dit 15 uur 46 minute. 2019-06-09 06:05:45Dit is die 48ste "op-wedloop".2019-06-09 06:01:33Die KwaZulu-NatallerBongmusa Mthembu en die Amerikaner Camille Herron is die verdedigende kampioenein die afdelings vir mans en vroue. Foto: Gallo Images

2019-06-09 05:57:582019-06-09 05:47:35Sowat 20 000 deelnemers sou na verwagting weggespring het. Hulle het 12uur tyd om die wedloop te voltooi. 2019-06-09 05:43:32Nog 'n foto van die wegspring. Foto: Charl Mattheus

2019-06-09 05:36:37Die atlete tree aan. Foto: Carl Mattheus, die 1997-kampioen.

2019-06-09 05:31:31Joernaliste maak gereed om op die mediatrokke te klim. Ter wille van die veiligheid van die atlete in die donker, gaan ons nou vooruit ry en by Field’s Hill vir die voorlopers wag. Dit behoort dan al lig te wees. Foto: Sarel van der Walt

2019-06-09 05:31:08

2019-06-07 14:39:51

Sarel van der Walt en Annchen Nel

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM