Die Comrades sal vandag weer die fisieke en geestelike uithouvermoëns van sowat 18 000 bittereinders tot die uiterste beproef. Volg die marathon regstreeks.2023-06-11 11:22:22En daar doen Goue Gerda dit toe! Gerda Steyn het Frith van der Merwe se rekord in die af-Comrades wat 34 jaar in die rekordboeke gestaan het met 10 minute verpletter, welliswaar op ‘n korter roete. 87,7 km teenoor 89,6km. Haar wentyd was 5.44:54.

2023-06-11 11:17:25Gerda Steyn behaal die tweede rekord van die dag en is eerste in 5.44:54 oor die wenstreep!2023-06-11 10:51:12Tete Dijana het sy Comrades-titel Sondag naelskraap behou en in ‘n rekordtyd van 5:14:01 gewen. Hy het sewe sekondes voor ‘n aanstormende Piet Wiersma van Nederland oor die eindstreep gehardloop. 2023-06-11 10:46:50Tete Dijana se oomblik van glorie.

2023-06-11 10:45:02Tete Dijana van Suid-Afrika is vir die tweede jaar agtereenvolgens die Comrades-kampioen! Hy het sy titel suksesvol in 'n rekordtyd van 5.14:01 verdedig!

2023-06-11 10:22:25Dijane draai op na Tollgate. 5 km oor!2023-06-11 10:20:58

2023-06-11 10:14:03Wiersma kom sterk deur in die tweede plek!2023-06-11 10:09:20Dijane stuur ook af op rekordtyd van 5:16.2023-06-11 10:08:46Gerda Steyn is losvoor in Pinetown en tuur af op ‘n nuwe rekordtyd van 5:46! Dit is agt minute vinniger as Frith van der Merwe se rekord wat op ‘n langer roete gehardloop is.

2023-06-11 09:57:46Dijane is nou op die hoofweg in Westville, 120 m voor Mothibi en sowat 70 m voor Wiersma. Die applous is oorverdowend op plekke.2023-06-11 09:54:16Teen die afdraande aan die anderkant van Cowies draai hy die krane oop. Hy lyk baie sterk en die kans is goed dat hy sy titel sal behou.2023-06-11 09:51:12Moyhini reageer nie en daar gaan Tijane! Hy is eerste by die bo-punt van Cowies.2023-06-11 09:46:32Dijane kyk om en dit lyk of hy vir Mothibi, sy oefenmaat van Rustenburg sê: “Kom saam!”2023-06-11 09:46:06Hallo Cowies Hill, laat die drama begin!2023-06-11 09:46:02Nick Bester, bestuurder van die Nedbankspan wat in 1991 gewen het, staan in Pinetown met ‘n groot glimlag op sy gesig. Die vier voorste atlete hardloop almal in Nedbank-frokkies.2023-06-11 09:45:45
Die skare moedig die voorlopers luidkeels aan tewyl hulle deur Pinetown hardloop. Die tyd vir speel is verby. Ons het nou ‘n wedloop op hande.
Cowies Hill wat voorlê sal weer bepaal wie wen, en wie nie.
2023-06-11 09:29:39

2023-06-11 09:29:15Piet Wiersma van Nedbank se internasionale span neem nou die voortou. Agter hom is Tete Dijana, die verdedigende kampioen, en Edward Mothibi, verlede jaar se naaswenner.2023-06-11 09:24:35Dit begin lyk of Fokuda teen Field’s Hill af ingehaal sal word... Ja, en daar gebeur dit toe!2023-06-11 09:08:26

2023-06-11 09:04:01Johan Engelbrecht neem ‘n selfie tydens die Comrades-marathon.

2023-06-11 08:59:10‘n See van toeskouers in Hillcrest. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 08:46:11Jo Fokuda hardloop teen Botha’s Hill af. Hy word luid toegejuig. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 08:43:44

2023-06-11 08:43:23Van Botha’s Hill tot in Pinetown, ‘n afstand van 20km, is daar ‘n verskil van meer aa 500 m in die hoogte bo seevlak. Fukoda moet konserwatief te werk gaan met dié afdraandes.2023-06-11 08:38:27Fukuda spog met ‘n beste marathontyd van 2:09 wat ‘n duidelike aanduiding is dat hy oor baie vaart beskik.2023-06-11 08:34:55Jo Fukuda van Japan neem die voortou! Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 08:34:15Gerda Steyn hardloop in hierdie stadium teen vier minute per kilometer. Frith van der Merwe se pas oor die hele wedloop in 1989 was 3:57 per kilometer.

2023-06-11 08:30:03

2023-06-11 08:26:42Deon Holtzhausen, ‘n vyfmalige gouemedaljewenner, laat weet aan Netwerk24 hy voorspel Jo Fukuda van Japan sal vanjaar se wedloop wen.2023-06-11 08:22:15Dis nou die lang en moeilike klim tot by Botha’s Hill.

2023-06-11 08:18:49

2023-06-11 08:16:25Die Comrades-gedenkmuur net anderkant Drummond. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 08:13:47So lyk dit by Drummond, die halfpadkerf. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 08:11:10

2023-06-11 08:00:44Die laaigroep is besig om teen Inchanga uit op pad na die halfpadkerf by Drummind op te breek. Op dié stuk pad is nie toeskouers om die atlete aan te moedig nie.2023-06-11 07:54:11Groot getalle toeskouers by Inchanga. Ongelooflike atmosfeer, soos altyd… Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 07:51:33Hallo Inchanga, hier is ons! Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 07:48:52

2023-06-11 07:39:56Die pas in die jaaggroep is warm... dis nou ernstige sake hier op Harrison Flats. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 07:32:56

2023-06-11 07:29:49

2023-06-11 07:25:12

2023-06-11 07:24:40Die voorlopers is deur Cato Ridge. Nou wag Harrison Flats, Ichanga, Drummond.. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 07:21:51Toeskouers wag in Cato Ridge. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 07:16:43

2023-06-11 07:16:22Dit is doodstil in dié jaaggroep. Al wat jy hoor is die tekkies wat die teer tref terwyl hulle in die rigting van Cato Ridge hardloop. Foto: Sarel van der Walt.

2023-06-11 07:09:34Die wenner van vandag se Comrades is onder dié atlete... die jaaggroep net buite Camperdown. Foto: Sarel van der Walt.

2023-06-11 07:03:18Toeskouers in Camperdown verwelkom die Comrades-atlete. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 06:50:14

2023-06-11 06:49:54

2023-06-11 06:44:26Ayanda Ngobo, die vroeë voorloper in die Comrades in die omgewing van Umlaas Road, die hoogste punt van die Comrades-roete. Die groot jaaggroep is ver agter. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 06:44:18Ayanda Ngobo, die vroeë voorloper in die Comrades in die omgewing van Umlaas Road, die hoogste punt van die Comrades-roete. Die groot jaaggroep is ver agter. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 06:34:29

2023-06-11 06:27:47

2023-06-11 06:26:35

2023-06-11 06:16:20Gerda Steyn het die eerste 5km teen 3:52 minute per kilometer afgelê. Dit dui in dié vroeë stadium dat sy afstuur op ’n rekordtyd.2023-06-11 06:15:54Die dag begin in die ooste breek. Op die N3-hoofweg parallel met die Comrades-roete, is ‘n stroom ligte van voertuie in die rigting van Durban.2023-06-11 06:15:36Groot getalle toeskouers wag by Ashburton in die donker en koue. Baie het vuurgemaak. Die eerste 10 km in die donker moet baie moeilik vir die deelnemers wees.2023-06-11 06:15:17Shaun Meiklejohn, die 1995-kampioen en tienmalige gouemedaljewenner, wat 31 silwermedajes verower het, neem weens ‘n seer enkel nie vandag deel nie.2023-06-11 05:42:06Die mediavragmotor.

2023-06-11 05:39:44Omdat dit nog donker is, ry die mediavragmotor ‘n paar kilometer vooruit in die rigting van Polly Shortts waar dit sal begin lig word en ons kan sien wie voorhardloop.2023-06-11 05:31:46Dit is baie, baie koud agterop die mediatrok van waar Netwerk24 se verslaggewer, Sarel van der Walt, die stryd tussen die voorlopers sal dophou.2023-06-11 05:31:16'n Groot gejuig onder die toeskouers klink op toe die atlete begin om Shosholoza te sing... dis ’n hoendervel-oomblik2023-06-11 05:30:15Die 96ste Comrades-marathon het begin!2023-06-11 05:22:04Duisende toeskouers belyn die strate. Binnekort sal die altete spontaan Shozalola en die volkslied begin sing. Dan volg Chariots of Fire, die hanekraai van Max Trimborn sal volg. Dan begin die langpad Durban toe.2023-06-11 05:21:50Daar is opgewondenheid in die lug voor die aanvang van die 96ste Comrades in Pietermaritzburg. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 05:10:34Vir oulaas ‘n draai loop... Van die meer as 16 000 deelnemers wag by ‘n vulstasie naby die wegspring van die Comrades. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 05:09:49Verkeersbeamptes ontvang hul laaste opdragte voor die behin van die Comrades. Foto: Sarel van der Walt

2023-06-11 05:09:24Daar is ’n byt in die lug in Pietermaritzburg waar die 96ste Comrades vanoggend begin.2023-06-11 05:08:57Terwyl Gerda Steyn vandag ’n goeie kans het om Frith van der Merwe se 34 jaar oue rekord in die afwedloop in die Comrades te oortref, sal Steyn en die ander vroue volg in die voetspore van ’n baanbreker 100 jaar gelede.

Gerda trap in eeu oue spore2023-06-11 05:03:08
Bruce Noel Fordyce is die onomstrede koning van die Comrades.
Hy het, per slot van sake, die moordende 87,7 km-ultramarathon tussen Pietermaritzburg en Durban ’n rekord nege keer gewen. Agt daarvan (1981-1988) was agtereenvolgens.
















