
Bongmusa Mthembu is die 2018 Comrades-kampioen. Dit is sy derde Comrades-titel.
Die 34-jarige Johannesburgse advokaat Ann Ashworth (Massmart) het die vroue-titel verower.
Die 93ste Comrades vind van Pietermarizburg na Durban plaas. Sarel van der Walt volg die deelnemers op die roete.
Hier is die verslag.
2018-06-10 17:54:36Dankie vir die saamkuier. Ons gesels weer. Rustige aand. 2018-06-10 17:52:42
Hierdie som dit dalk die beste op. 2018-06-10 17:36:50Moses Matheatsie was nie betyds oor die eindstreep nie. Hy sê hy is "teleurgesteld, want ek het hard probeer". 2018-06-10 17:35:14Thulani Mbatha is die laaste atleet oor die eindstreep. En wat het hy te sê? "Dankie aan diegene wat my ondersteun."2018-06-10 17:32:05Jis, daai atlete wat dit nie gemaak het nie, laat 'n mens omtrent 'n traan in die oog kry. 2018-06-10 17:30:12Afsnytyd!2018-06-10 17:29:39Jy die man gesien wat op sy knieë oorgekruip het?2018-06-10 17:28:35Dit is nog so twee minute voor die afsnytyd. Daar gaan atlete met gebreekte harte wees.2018-06-10 17:21:11
Die tyd raak min.2018-06-10 17:19:50'n Oom het sy 46ste Comrades voltooi. Gevra of hy volgende jaar weer hier is, het hy "ja" geantwoord sonder om te dink.2018-06-10 17:17:22Daar is nou 'n atleet, in 'n rolstoel, saam met haar helper oor die eindstreep. Wat dit vir haar beteken is duidelik uit die feit dat sy nie woorde gehad het, toe sy deur 'n joernalis genader is nie. 2018-06-10 17:08:17Die atlete wat nou oor die eindstreep gaan lyk so gelukkig (en dalk verlig!). Ek wonder wat daardie atlete daarbuite dink wat nog op pad is? Ja, ek is amper daar, of ja, ek is amper daar, maar ek gaan nie die afsnypunt maak nie. 2018-06-10 17:04:18
2018-06-10 17:01:31Die afsnytyd is oor 29 minute. 2018-06-10 16:52:34
Diegene wat nog op pad na die eindstreep is: Julle het ons almal se ondersteuning.2018-06-10 16:50:27
2018-06-10 16:49:49Die wonderlikste is dat elke deelnemer, ryk of arm, fiks of effens fiks, of wat ook al elkeen 'n storie van opoffering en deursettingsvermoë het om te vertel. 2018-06-10 16:47:26Grant het oor die wenstreep geloop. Geluk, broer!2018-06-10 16:46:08Grant Adams is in die stadion en sal binnekort oor die eindstreep wees. Hy is in 'n rolstoel en word deur sy vriend, Andrew, gestoot. Respek.2018-06-10 16:41:58
2018-06-10 16:40:39
2018-06-10 16:40:02
2018-06-10 16:36:05
Baie geluk, Xolani! Jy weet dit dalk nie, maar dit wat jy vandag gedoen het dien as inspirasie vir duisende.2018-06-10 16:31:11Die legendariese Bruce Fordyce het pas die skoot laat klap wat die afsnypunt vir bronsmedaljes is.2018-06-10 16:29:26Die Comrades doen duidelik iets aan die deelnemers. 2018-06-10 16:09:47
2018-06-10 16:07:38
2018-06-10 16:03:27
2018-06-10 15:58:54Anita Engelbrecht, 'n atleet in 'n rolstoel, het die Comrades voltooi. Maar dit is nie haar eerste keer nie. Ek salueer jou. 2018-06-10 15:42:57So hoeveel van julle het julself vandag beloewe dat julle dalk nog eendag die Comrades wil aanpak?2018-06-10 15:41:40Die aanbieder op die televisie sê dat tot 50% van diegene wat klaarmaak eers in die laaste halfuur oor die eindstreep hardloop. 2018-06-10 15:40:26
2018-06-10 15:37:58Ek kan jou belowe iemand vir wie dié twee omgee hardloop vandag. Kom tannie! Foto: Gallo

2018-06-10 15:34:47Oukei, so dit is nou daardie tyd van die dag wat almal begin wonder wie gaan klaarmaak en wie nie. Het jy 'n geliefde wat nog nie oor die eindstreep is nie? 2018-06-10 15:20:38
Kyk, as hierdie jou nie aan die dink sit nie. 2018-06-10 15:17:48Lekker man! Sien jy, ek het gesê ek kan dit maak! Foto: Gallo

2018-06-10 15:15:41
2018-06-10 15:11:56
2018-06-10 15:11:06
2018-06-10 14:46:46
2018-06-10 14:38:43Indien die atlete gewonder het of hulle op die regte pad is . . . die toeskouer wys die pad! Foto: Gallo

2018-06-10 14:34:59
2018-06-10 14:34:25Kyk, hierdie hardloper sal kan getuig dat enigeen wat gedink het dat dit maklik (en sonder pyn) gaan wees, gelieg het. Foto: Gallo

2018-06-10 14:31:12
Ons almal is trots op Gerda.2018-06-10 14:28:13
Jis, dit is lekker om sulke tonele te sien!2018-06-10 14:26:21Die Comrades gee ook vir kreatiewe mense soos dié 'n kans om te floreer en om 'n glimlag op ons ander se gesigte te sit. Foto: Gallo

2018-06-10 14:20:19Kan jy onthou hoeveel keer Fordyce dié wedloop gewen het?2018-06-10 14:19:05Dit is nou die prysuitdeling. Die legendariese Bruce Fordyce, Alan Robb en Helen Lucre kry wennersbaadjies.2018-06-10 13:58:16
2018-06-10 13:56:55
“Niemand is meer verras as ek dat ek nou hier sit nie” - Ann Ashworth, wenner van die vroue-afdeling in die Comrades.
“Dankie aan almal wat opgeoffer het om my te help.
“Ek het twee maande nie gewerk nie om vir die Comrades te oefen,” sê die advokaat.
2018-06-10 13:51:52Gerda Steyn sê sy wil graag aan korter wedlope as die Comrades deelneem, maar die Comrades sal altyd baie spesiaal wees.”2018-06-10 13:47:32
Gerda Steyn, die naaswenner in die afdeling vir vroue, sê dit was 'n “baie goeie, interessante en vinnige wedloop".
Dit het vandag oor "vasbyt” gegaan.
“Die weer was wonderlik.
“Ek is tevrede. Ek het my plan nougeset gevolg. Ek het my alles gegee.”
2018-06-10 13:38:02
2018-06-10 13:28:54
2018-06-10 13:25:30
Die Comrades-wenner Bongmusa Mthembu aan die woord:
“Ek het nie geweet my broers en susters was vandag hier om te sien hoe ek wen nie. Vir ons familie is die Comrades baie belangrik en dit was wonderlik om hulle hier te hê.”
2018-06-10 13:23:45Mthembu sê hy sal sy oorwinning eers vier as hy oor so vyf jaar uitgetree het.2018-06-10 13:23:11
Die Comrades-kampioen Bongmusa Mthembu sê op die mediakonferensie hy het in Pinetown besluit om van die ander atlete weg te breek. Dít het hy teen Cowies Hill uit gedoen. “Comrades begin eintlik eers in Pinetown.” 2018-06-10 13:03:49Ná 7 en 'n halfuur het die skoot ook geknal vir die afsnytyd vir silwer. Vir duisende ander bittereinders lê daar nog 'n lang pad voor.2018-06-10 12:17:22
Die 34-jarige Johannesburgse advokaat AnnAshworth (Massmart) het Sondagoggend die vroue-titel in die Comrades verower.Haar wentyd was6 uur 10, minute en 4 sekondes.
Dit was nie nethaar eerste Comrades-titel nie, maar ook haar eerste goue medalje in diémoordende wedloop oor 90,184 km tussen Pietermaritzburg en Durban.
Ashworth wordafgerig deur die bekende afrigter John Hamlett. Sy het tussen haar hofwerk inJohannebsurg deur saam met Hamlett en sy oefengroep by Dullstroom in Mpumalangahoog bo seevlak vir die Comrades voorberei.
Gerda Steyn(Nedbank), die Twee Oseane-kampioen en die groot gunsteling, moes met dietweede plek (6:15:34) tevrede wees.Die Rus Alexandra Morozovawas derde in 6:20:21, met die Durbaniet Tanith Maxwell (Boxer), 'n voormaligeOlimpiese marathonatleet, vierde in 6:20:35.
Die 42-jarigeCharné Bosman (Nedbank), die verdedigende kampioen, het dié keer vyfde oor dieeindstreep in die Moses Mabhida-stadion gehardloop. Haar tyd was 6:33:08.minute.Ashworth sewentyd is sowat 16 minute stadiger as Frith van der Merwe se 29 jaar oue rekordvan 5:54 in die af-Comrades.
Foto: Vreugde vir Ann Ashworth nadat sy as die vrouekampioen gekroon is. Foto: Gallo

2018-06-10 12:04:37
Die verdedigende kampioen van die af-wedloop, Charné Bosman, is oor die eindstreep in die 5de plek.
Alexandra Morozova was derde in 6:20:21, met Tanith Maxwell kort op haar hakke.
2018-06-10 11:57:00
2018-06-10 11:46:10
En Gerda Steyn glimlag breed. Sy is die tweede vrou oor die eindstreep.2018-06-10 11:41:27
Ann Ashworth is oor die eindstreep.
Dié Johannesburgse advokaat wen die vroue-titel in die Comrades!
2018-06-10 11:36:53Die roete is nie meer te lank vir die voorloper Ann Ashworth nie. Gerda Steyn is in die tweede plek.2018-06-10 11:33:07
Bongmusa Mthembu (Arthur Ford) hetSondagoggend die eerste Suid-Afrikaner sedert Bruce Fordyce in die 1980'sgeword wat die Comrades 'n derde keer kon wen.
Mthembu, 'nKwaZulu-Nataller, het 'n welverdiende oorwinning in dié wedloop oor 90,184km tussenPietermaritzburg en Durban behaal. Hy het briljantgehardloop.Mthembu het teenCowies Hill (sowat 20km van die eindstreep af), net buite Pinetown, van syteenstanders weggebreek en man alleen tot by die Moses Mabhida-stadion in Durbanvoorgehardloop.
Mthembu, wat verlede jaar ook die op-wedloop Pietermaritzburgtoe gewen het, se wentyd was 5uur, 26 minute en 39 sekondes.Joseph Mphuthi(Sibanye Gold Kloof) was die naaswenner in 5:35:14. Die Brit Steven Way(Nedbank) was derde in 5:35:14.
David Gatebe(Entsika), die verdedigende kampioen, moes dié keer met die agtste plek(5:42:48) tevrede wees. Hy het waarskynlikteen die moordende Field's Hill af te vinnig gehardloop en later die prysdaarvoor betaal.Gift Kelehe, Gatebese spanmaat en die 2015-kampioen, was negende in 5:46:54. - Sarel van der Walt
2018-06-10 11:22:19
Die top10-mans:2018-06-10 11:11:38Joseph Mphuthi eindig tweede en Steven Way derde.2018-06-10 11:07:02
2018-06-10 10:57:08
Bongmusa Mthembu wen die Comrades-marathon in 'n tyd van 5:26:39.2018-06-10 10:56:21Bongmusa Mthembu is op pad na die eindstreep.2018-06-10 10:53:48
Bongmusa Mthembu is byna by die Moses Mabhida-stadion waar opgewonde toeskouers wag.2018-06-10 10:46:24
Terwyl die voorlopers al byna by die Moses Mabhida-stadion in Durban is, is daar darem nog tyd vir glimlag elders op die roete.2018-06-10 10:40:13
2018-06-10 10:39:14
2018-06-10 10:27:19
2018-06-10 10:25:07
Ann Ashworth lyk sterk teen Cowies Hill uit.2018-06-10 10:23:49Die voorloper Bongmusa Mthembu het minder as 10 km oor.2018-06-10 10:19:22
2018-06-10 10:16:48
Alexandra Morozova en Ann Ashworth spook sake onder die vrouevoorlopers uit. Een van die groot gunstelinge Gerda Steyn is tans in die derde plek.2018-06-10 10:13:29
2018-06-10 10:12:08Die atleet agter Mtembu is nie in sig nie. As hy nie nou begin kramp nie, is dit pot, stel en wedstryd..Sy derde Comrades-titel wink.2018-06-10 10:05:22
2018-06-10 10:00:01
2018-06-10 09:53:12Mthembu het nou tuisveldvoordeel. Die KwaZulu-Natalse toeskouers ‘dra’ hom huis toe. Dit skree en dit gil en hy draai die krane nou behoorlik oop!2018-06-10 09:51:00
Bongmusa Mthembu breek weg.2018-06-10 09:48:06
2018-06-10 09:45:29Dit is nou heerlik en koel. Ideale hardloopweer. Daar is baie toeskouers in Pinetown.2018-06-10 09:43:26
Edward Mothibi, Bongmusa Mthembu en David Gatebe lyk sterk.2018-06-10 09:40:07
2018-06-10 09:38:59
Nou gaan die poppe begin dans. Cowies Hill kan bepalend wees.2018-06-10 09:37:31
2018-06-10 09:36:23
By die vroue staan sake so:2018-06-10 09:28:48
Daar is nou 'n hewige stryd onder die voorlopers:
Marko Mambo, Joseph Mphuthi, Bongmusa Mthembu, Edward Mothibi en David Gatebe.
2018-06-10 09:21:40
Die voorlopers se tye:2018-06-10 09:20:08
Die wenners sal prysgeld van R440 000 in die sak steek.2018-06-10 09:13:13
Nuus oor die vroue:2018-06-10 09:11:20
2018-06-10 09:07:05Marko Mambo is ‘n baie sterk hardloper, maar hy moet versigtig wees teen Field’s Hill af wat oor ‘n paar kilometer op hom wag. Hy kan die wedloop hier verloor as hy nie versigtig is nie.

2018-06-10 08:57:40
Luister na die toejuiging in Hillcrest.2018-06-10 08:56:21David Gatebe, die verdedigende kampioen in die afwedloop, is in die voorlopergroep. Bongmusa Mthembu is ook deel van die groep wat die gaping nou bietjie rek.2018-06-10 08:48:34
Hou bene hou. Daar is oral langs die roete ondersteuners.2018-06-10 08:46:10
Lelike afdraandes wag nou.2018-06-10 08:44:52
Ná meer as 3 ure in die wedloop is dié voorlopersgoep by Botha's Hill.2018-06-10 08:39:39
Só staan sake onder die vrouevoorlopers.2018-06-10 08:24:15
Die voorlopers is verby die halfpadmerk.2018-06-10 08:20:50
2018-06-10 08:11:23
Daar is 46 punte op die roete waar deelnemers so 'n bietjie water en ekstra woema kan kry.
By die punte is daar geen tekort aan verversings nie:
Coke - 30,350 liter, Fanta / Crème Soda - 10 650 liter, Coke-papierkoppies (175ml) - 450 000, Energade-sakkies (150ml) - 1.1 miljoen, watersakkies - 2.1 miljoen, Megaload-sakkies - 100 000, Mageu Number 1-sakkies - 10 000, Piesangs - 800 kg, Lemoene - 7.8 t, Gekookte aartappels - 3 t, Koekies - 1.3 t, Racefood-energiestafies - 20 000.
2018-06-10 08:08:38
Die kameraderie van die Comrades. Dit was lank Xolani Luvuno se droom om aan dié uitmergelende ultramarathon deel te neem.Al is die 90 km vanjaar afdraand van Pietermaritzburg na Durban, moes hy meer as genoegsteil bulte oorwin om tot hier te vorder.Lees meer oor dié atleet.2018-06-10 08:01:39Dit begin nou bewolk word terwyl Richard Mavuso die voorlopers teen Inchanga aflei.2018-06-10 08:00:12
2018-06-10 07:57:16
Richard Mavuso is nou die voorloper.2018-06-10 07:54:08
Hy het die Comrades 23 jaar gelede gewen en spog met tien goue medaljes in dié moordendewedloop.Sondagoggend, net voor hanekraai, het die 56-jarige Shaun Meiklejohn voor die stadsaal vanPietermaritzburg aangetree om dié wedloop ’n ongeëwenaarde 30ste keer in onder 7 uur en 30minute te probeer aflê.Slaag hy daarin, sal hy sy 20ste silwermedalje verower.
Foto: Shaun Meiklejohn betree die wenstreepby die Comrades-marathon in 1999. Foto:Getty Images

Lees meer oor Meiklejohn.2018-06-10 07:52:28Dit is nog 'n langpad na die eindpunt. Kliek hier vir die interaktiewe roetekaart.2018-06-10 07:44:22
Die voorlopers is naby Inchanga op pad na Drummond, die halfpad-kerf. Dis koud en winderig. Inchanga se afdraande gaan seermaak.2018-06-10 07:36:09
2018-06-10 07:31:08
Só lyk die voorste deelnemers se tye.2018-06-10 07:28:00
2018-06-10 07:22:27
Die voorlopers by Cato Ridge.
Die aanvanklike twee voorlopers (sogenaamde TV-hardlopers) is deur die eerste jaaggroep ingehaal. In die derde groep, in hardlooptaal ‘n bus genoem, is groot kanonne soos Mamabolo, Kelehe, en Muzhingi.
2018-06-10 07:21:27
By Cato Ridge, ná 30 km.2018-06-10 07:16:28Jy kan bespiegel soos jy wil oor wat in die Comrades gaan gebeur, maar diéberoemde ultra-marathon se roete sal uiteindelik self besluit wie hy goed genoeg ag om dietitel te wen.Die geskiedenis het al gewys die Comrades, wat oor ’n afstand van 90,184 km tussenPietermaritzburg en Durban gehardloop word, begin eers werklik ná 65 km se hardloop.Lees meer oor die gunstelinge.2018-06-10 07:09:29
Daar is groot geesdrif in Camperdown.2018-06-10 07:04:42
Naby Camperdown lyk sake so:2018-06-10 07:03:07
2018-06-10 06:59:54
2018-06-10 06:55:01
Die voorloper onder die vroue ...2018-06-10 06:48:10’n Nuwe era word in die Comrades ingelui wanneer dié moordendewedloop vir die eerste keer in die ikoniese Moses Mabhida-stadion in Durban eindig.Maar die Comrades draai nie sy rug opsy roemryke geskiedenis wat sedert1921 strek nie.
Drie Comrades-grotes van weleer sal opdie amptelike prysuitdelingsfunksie metwennersbaadjies vereer word.Hulle is Bruce Fordyce, die negemaligewenner wat steeds beskou word as dieonbetwiste koning van die Comrades,Alan Robb, ’n viermalige wenner, enHelen Lucre, ’n Nieu-Seelander vangeboorte, wat die afdeling vir vrouetussen 1985 en 1987 drie keeragtereenvolgens gewen het.
Op die foto: Alan Robb (regs) en Bruce Fordycehardloop skouer aan skouer in dieComrades. Foto: Argief

2018-06-10 06:42:24
En die voorlopers is ...2018-06-10 06:36:29
2018-06-10 06:35:28Daniel Gatebe, die verdedigende kampioen en rekordhouer(5:18:19), en die KwaZulu-Nataller Bongmusa Mthembu, verlede jaar se wenner indie op-wedloop, is die groot gunstelinge om die eerste atleet oor dieeindstreep te wees.Mthembu het verlede jaar die eerste Suid-Afrikaanse atleet sedert Bruce Fordycegeword wat twee Comrades-titels kon wen. Hy het in 2014 ook die af-wedloop(5:28:34) gewen.2018-06-10 06:33:54Die Centurion-atleet Charné Bosman en haar spanmaatGerda Steyn, die Twee Oseanekampioen,is die twee grootgunstelinge om die afdeling virvroue te wen.2018-06-10 06:29:40
Omdat die Comrades net een keer ’n jaar plaasvind, kan geen deelnemer dit bekostig omenkele dae voor dié moordende wedloop siek te word nie.
Daarom het Charné Bosman, wat haar titel in die afdeling vir vroue in Sondag se Comradesverdedig, ’n mediese gesigmasker oor haar mond en neus gedra op ’n vlug van JohannesburgDurban toe.
Op die foto: Die Nedbank-atlete Sarah Bard, Charné Bosman en Gerda Steyn Donderdag in die MosesMabhida-stadion. Foto: Felix Dlangamandla

Lees meer oor Charné se voorbereiding vir die Comrades2018-06-10 06:14:10
2018-06-10 05:59:49Duisende groentjies pak vanjaar die roete vir die eerste keer aan.2018-06-10 05:56:50Van die groter klubs is so goed georganiseer dat hul atlete elke 15 km hul waterbottels, of selfs iets te ete, kry. Wanneer dit warm word, gee hulle yskoue water en nat handdoeke om oor die atlete te hang om af te koel. 2018-06-10 05:50:07
2018-06-10 05:33:0712 uur van nou af is die afsnytyd en duisende deelnemers sal hoop dat hulle teen dan oor die eindstreep sal wees.2018-06-10 05:31:19
Sarel van der Walt, ons man by die Comrades, berig dat daar swaar verkeer onderweg van Durban na Pietermaritzburg was.2018-06-10 05:30:11
90,184km tot in Durban.@Netwerk24- Sarel van der Walt (@Sarel_Beeld) June 10, 2018En die skoot klap in Pietermaritzburg. Die 93ste Comrades het begin. Nou is dit vir duisende vasbyt en uithou tot in Durban.




















