Atletiek

Koech, Chepchirchir bo in Kaap

Edwin Koech steek Sondagoggend as wenner die eindstreep in die Kaapstad-marathon oor. Foto: Jaco Marais
Edwin Koech steek Sondagoggend as wenner die eindstreep in die Kaapstad-marathon oor. Foto: Jaco Marais

Die Keniaan Edwin Kibet Koech wen Sondag die Kaapstad-marathon. Sy landgenoot Celestine Chepchirchir wen die vroue-afdeling in 'n nuwe rekordtyd.

Suid-Afrika se Elroy Gelant eindig vierde in sy beste marathontyd tot nog toe. Volg al die aksie regstreeks op Netwerk24.

  • TV: Vanaf 06:40 regstreeks op SABC 2 en op capetownmarathon.com.

2019-09-15 10:13:33Annie Bothma, wat 11de geëindig het in 2:41:44, wasdie eerste SA vrou. Cornelia Joubert, wat 12de geëindig het in 2:43:18, isegter die SA marathonkampioen omdat sy in provinsiale kleure deelgeneem het. 2019-09-15 09:35:59Die voorste 15 mans in die Kaapstad-marathon wat Sondag beslis is.

2019-09-15 09:33:27Celestine Chepchirchir van Kenia wen die vrouewedloop in 2 uur 26 minute 44 sekondes. Nurit Shimels van Ethiopië is tweede (2:27:40), gevolg deur haar landgenoot Gete Mindaye Tilahum (2:28:32).2019-09-15 09:11:51Vier vroue eindig onder 2:30. 'n Verbluffende vertoning!2019-09-15 09:08:13Celestine Chepchirchir van Kenia is op pad om vroue-titel in 'n rekordtyd te wen. Die rekord is tans 2:29:28.2019-09-15 09:06:24Die Keniaan Edwin Koech wen Sondag die Kaapstad-marathon in 2 uur 9 minute 20 sekondes en sal die wennerstjek van R265 000 ontvang. Die wedren-hoofbeampte moet egter nog die tyd amptelik bevestig. Stephen Mokoka se roeterekord is egter veilig. Muteti eindig 2de in 02:09:25 en Ziani 3de in 2:09:09. Elroy Gelant is die eerste Suid-Afrikaner oor die eindstreep en eindig vierde in 2:10:31.2019-09-15 08:53:32Dis Koech se titel! Die Keniaan wen Sondag die Kaapstad-marathon in 'n nie-amptelike tyd van 2:09. Dit lyk na ‘n 2:10:31 (nie-amptelik) vir Gelant. Hy verbeter sy vorige beste met 2 minute.

2019-09-15 08:49:39Koech het al 'n sub-60-halfmarathon gehardloop. Hy het dus die nodige vaart as dit op 'n naelloop na die eindstreep gaan uitloop.2019-09-15 08:48:27Hier kom 'n naelbyt-wedloop eindstreep toe! Dit lyk of die wentyd nou net onder 2:09 gaan wees. Die eerste plek is R265 000 werd. Net meer as 'n kilometer oor voor die einde. Muteti en Koech is in 'n tatkiese stryd gewikkel met die Marokkaan Mohamed Ziani wat derde is.2019-09-15 08:43:09In die stadium, voorspel die Netwerk24-verslagspan, lyk dit of Helalia Johannes se vrouerekord van 2:29:28 dalk in die gevaar is. Die Zimbabwiër die rekord verlede jaar opgestel, maar sy is nie hier om haar titel te verdedig nie. Stephen Mokoka se mansrekord van 2:08:31 kan straks ook in die slag bly. Die eindpunt is byna in sig vir die voorste mans. Muteti was veronderstel om 'n pasaangeër te wees, maar gee nou vir Koech gas. Gelant sak terug na die vierde plek.2019-09-15 08:33:56Die eerste Suid-Afrikaanse atleet sal 'n bonus van R100 000 verdien. Gelant, 'n personeelbeampte by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, is nou 12 sekondes agter die Keniaan Muteti, wat in hierdie stadium voor hardloop en sterk lyk.

2019-09-15 08:25:28Edwin Kibet Koech van Kenia neem die voortou maar Elroy Gelant laat hom nie wegkom nie. Die voorste groep is nou by Liesbeekweg en trap die pedaal in. Gelant lyk of hy in slegs sy tweede marathon vinniger as 2:10 sal hardloop. Hy is tans in die derde plek en moet kontak hou met die twee atlete voor hom. Dit lyk of die wentyd vir mans onder 2:08 sal wees, voorspel die gerekende padwedloop-veteraan Sarel van der Walt, wat nou ook regstreeks by die Netwerk24-span aangesluit het. Die voorlopers is nou in die moeilike stadium van enige marathon. Ná 32km is vasbyt die wagwoord.

2019-09-15 08:16:07Nurit Shimels van Ethiopië is nou die vrouevoorloper. Sy spog met 'n beste tyd van 2:28:41. Die vroue se wentyd lyk in die stadium na 2:30. Vir talle plaaslike top-atlete is daar natuurlik 'n bykomende geelwortel in die marathon: om Atletiek Suid-Afrika se kwalifiserende tye vir die Olimpiese Spele hier aan te teken.2019-09-15 08:05:50Milliam Ebongon van Kenia is tans die voorste vroueatleet.2019-09-15 07:57:46Die mans is verby die halfpadmerk. Mohamed Ziani van Marokko neem die voortou maar Suid-Afrika se Elroy Gelant en die Keniane is steeds binne trefafstand. Die voorste bondel maak die pas lekker dik aan.

2019-09-15 07:49:16Kipkemoi Kipsang van Kenia gee tans die pas voor aan. Daar is tans feitlik geen wind nie en dit voorspel 'n baie vinnige eerste helfte in die marathon. Maar Rondebosch wag en dis waar atlete gewoonlik begin swoeg, met die wind wat van rigting verander en uit die noorde waai.

2019-09-15 07:43:32Die voorste mans is nou 'n uur op die pad. Die atlete hardloop nou verby die geskiedkundige Groote Schuur-hospitaal in Observartory. Die halfpadmerk lê om die draai.2019-09-15 07:31:58Die atlete hardloop nou verby die Kasteel in die Kaapse middestad. Die Suid-Afrikaner Elroy Gelant lyk gemaklik en is steeds in die voorste groep.

SA se hoop is op Elroy2019-09-15 07:28:06

2019-09-15 07:22:17Die elite-atlete kon nie vir beter weer gevra het nie. Dit is steeds bewolk en koel - ideale omstandighede vir die lang tog. 'n Maksium-temperatuur van 19 grade Celcius word vir Sondag voorspel. 'n Noordwestewind van 20 km/h behoort nie die deelnemers se dag te beduiwel nie.2019-09-15 07:16:06Met die Kaapse middestad in die agtergrond begin die elite-langasems nou in alle erns die stryd om die louere.

2019-09-15 07:07:37Die voorste atlete is pas verby die 5 km-merk.

2019-09-15 06:56:37Mouillepunt se inwoners is nog in droomlad terwyl die voorste hardlopers verbyhardloop. Volg al die aksie regstreeks op Netwerk24 soos die drama in die Kaapstad-marathon ontvou - Annchen Nel doen verslag. Jaco Marais neem die foto's.

2019-09-15 06:48:13Die oomblik van waarheid het aangebreek. Die eerste groep elite-atlete spring Sondagoggend weg in die Kaapstad-marathon. 'n Nuwe mans- en vroue-kampioen sal later Sondagoggend gekroon word.Flitsfeite oor die Moederstad se marathon2019-09-15 06:33:12Dis nog vroegoggend in Kaapstad. En die son het nog nie sy kop gewys nie. Matige, gedeeltelik bewolkte weer word Sondag verwag wanneer derduisendeatlete en toeskouers vir die Sanlam Kaapstad-marathon op die Moederstad toesak. Die maksiumum temeperatuur is 19 grade Celsius met 'n noordwestewind van 20 km/h.

Kaapstad-marathon soek platimum-status2019-09-15 06:22:44Die stilte voor die storm. Kaapstad maak gereed vir een van sy grootste gebeurtenisse op die jaarlikse sportkalender.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM