Atletiek

OORSIG | Mokoka, Simiyu wen Kaapstad-marathon

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Kaapstad-marathon maak Sondag sy terugkeer. Foto: Chris Hitchcock/PhotoSport
Die Kaapstad-marathon maak Sondag sy terugkeer. Foto: Chris Hitchcock/PhotoSport

Stephen Mokoka is die wenner van 2021 se Kaapstad-marathon in 2:10:01 en maak soos in 2018 toe hy ook hier baas was. Gerda Steyn behaal 'n vierde plek, maar hardloop die vinnigste tyd nog vir 'n Suid-Afrikaanse vrou in Suid-Afrika: 2:26:21.

2021-10-17 12:05:21

Gerda hardloop vinnigste tyd nóg vir Suid-Afrikaner in SA marathon2021-10-17 10:13:50Zola Budd-Pieterse en Elana Meyer, albei 55, se bene hou en hulle voltooi die Kaapstad-marathon in onderskeidelik 3:35:29 en 3:35:31.2021-10-17 10:10:10Elana Meyer, wat self vir die wedloop vir atlete tussen 50 en 59 ingeskryf het, met die Kaapstad-marathon se fakkel voordat die eerste skoot geklap het vanoggend. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 09:49:26

Mokoka wéér baas in Kaapstad-marathon2021-10-17 09:41:57Lydia Simiyu van Kenia wen die vroue-afdeling van die Kaapstad-marathon en verbeter ook die roeterekord. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 09:40:36Stephen Mokoka glimlag breed nadat hy die Kaapstad-marathon gewen het. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 09:29:22So lyk die vroue se top-10.

2021-10-17 09:28:44So lyk die mans se top-10.

2021-10-17 09:25:35Gerda Steyn se vierde plek in 2:26:22 is 'n puik vertoning in die reën. Dit is die vinnigste deur 'n Suid-Afrikaner op eie bodem.2021-10-17 08:55:55

2021-10-17 08:53:51

2021-10-17 08:48:45Lydia Simiyu van Kenia is die vrouewenner van 2021 se Kaapstad-marathon. Haar wentyd was 2:25:40.

2021-10-17 08:46:26Lydia Simiyu van Kenia, in haar marathon-buiging, stel die vinnigste tyd vir 'n vrou op Suid-Afrikaanse paaie op in 'n amptelike tyd van 2:25:41. Haar landgenoot Lucy Karimi is naasbeste in 02:25:33. Aynalem Teferi was derde in 2:26:09. Gerda Steyn het vierde klaargemaak in 2:26:22. Foto: Jaco Marais

2021-10-17 08:42:05Stephen Mokoka, die wenner. Foto: Jaco Marais

2021-10-17 08:41:08

Vier Suid-Afrikaners eindig onder die voorste 10 atlete. Die amptelike tye is:

1. Stephen Mokoka (RSA) 2:09:58

2. Gebru Redaghne (RSA) 2:10:14

3. Tebello Ramakongoana (Les) 2:10:21

4. Belachew Ameta (Eth) 2:10:40

5. Alex Saekwo (Ken) 2:10:59

2021-10-17 08:29:20Stephen Mokoka is die wenner van 2021 se Kaapstad-marathon en maak soos in 2018 toe hy ook baas was. Sy wentyd was 2:10:05, terwyl nog 'n Suid-Afrikaner, Gebru Redahgne naasbeste is.2021-10-17 08:27:27Gebru Redahgne, ook van SA, is tweede.2021-10-17 08:27:20SA wenner in Mokoka in 2:10:05.2021-10-17 08:27:04Stephen Mokoka lyk sterk, hy het die wedloop gedikteer. Maar sy landgenoot Gebru Redahgne is in die tweede plek. Dit lyk of Gerda nou vierde is. Keniaanse vroue is nou voor. 2021-10-17 08:18:39Melikhaya Frans het onlangs in PE 'n oefenkamp bygewoon. Hy kan dalk sy persoonlike beste tyd van 2:13:50 verbeter.2021-10-17 08:17:39Die mans is op pad na die Mouillepunt-ligtoring. Hulle kry nou ook met die see se sproei te doen.2021-10-17 08:12:28Die manswenner word tussen 08:25 en 08:30 by die eindpunt verwag.2021-10-17 08:09:15Die voorste atlete is nou in die middestad, en die reën sak weer uit. Die paaie is baie glad.2021-10-17 08:08:59Gerda probeer die Keniane afskud, maar hulle klou. 2021-10-17 08:05:30Die atlete in die voorste groepe is almal nog op mekaar se hakke, maar dit is Stephen Mokoka (35 km) en Gerda Steyn wat tans voorloop.2021-10-17 07:55:41Ná 30 km in die mans se wedloop lyk die voorlopers as volg:

1. Gebru Redahgne (RSA) 1:33:13

2. Alek Saekwo (Kenia) +00:01

3. Stephen Mokoka (RSA) +00:03

4. Sboniso Sikhakhane (RSA) +00:04

5. Wubshet Demisse Jote (Ethiopië)

2021-10-17 07:48:44Die vroue se voorste groep het ietwat uitgedun en dit is nou agt atlete wat 'n aanslag op die titel probeer maak. Gerda Steyn lyk steeds baie goed en gemaklik en loop naelskraap voor.2021-10-17 07:45:46Sodra enige van die mans in die voorste groep probeer wegbreek, is dit elke keer Stephen Mokoka wat hom inkatrol, met die res wat kort daarna ook weer inhaal.2021-10-17 07:39:07Twee Suid-Afrikaners, Sboniso Sikhakhane (1:18:06) en Stephen Mokoka (+00:01), steek die 25 km-merk in onderskeidelik die eerste en tweede plek verby. Die groep bly egter bymekaar en die voorloper verander deurlopend.2021-10-17 07:36:06Die vroue steek die 20 km-merk as volg verby:

1. Lucy Karimi (Kenia) 1:13:30

2. Lydia Naliaka Simiya (Kenia) +00:01

3. Gerda Steyn (RSA) +00:03

4. Beje Bekelu Geleta (Ethiopië) +00:03

5. Esther Macharia (Kenia) +00:04

2021-10-17 07:26:23Die nat paaie maak beslis nie die lewe makliker nie. Die atlete sukkel om self hul energiedrankies van die waterpunte te gryp.2021-10-17 07:23:19Na 20 km tel drie Suid-Afrikaners onder die voorste vyf onder die mans.

1. Alex Saekwo (Kenia) 1:02:18

2. Isaac Mpofu (Zimbabwe) +00:01

3. Melikhaya Thomas Frans (RSA) +00:01

4. Stephen Mokoka (RSA) +00:01

5. Phillimon Mathiba (RSA) +00:02

2021-10-17 07:15:24Na 18,63 km in die mans se wedloop is die gemiddelde pas 3:06 per kilometer, maar die voorste groep het nou besluit om 'n bietjie die voet op die versneller te sit.2021-10-17 07:12:31

PRYSGELD

Ope Mans:

1ste - R200 000

2de - R100 000

3de - R50 000

4de - R25 000

5de - R15 000

6de - R10 000

Ope Vroue

1ste - R200 000

2de - R100 000

3de - R50 000

4de - R25 000

5de - R15 000

6de - R10 000

* Die eerste Suid-Afrikaner sal R50 000 kry, terwyl die 2de (R25 000) en 3de (R12 500) ook beloon sal word.

* Sou 'n atleet die Kaapstad-marathon se rekord breek, sal hy of sy 'n ekstra R100 000 in die sak kan steek.

2021-10-17 07:06:41Dit is nat, maar vir al die deelnemers is daar een doel voor oë: hou bene, hou! FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 07:04:27'n Paar interessante statistieke oor die Kaapstad-marathon:

* 35% van die deelnemers neem vir die eerste keer deel;

* Gewoonlik kom 10% van die deelnemers van 82 lande;

* 50% van die deelnemers is van die Wes-Kaap en 29% is van Gauteng;

* 62% van die deelnemers is mans en 38% is vroue;

* die oudste mansatleet is 80 jaar oud;

* die oudste vroueatleet is 73 jaar oud;

* 56 van die deelnemers is ouer as 70;

* 22 deelnemers vier hul verjaardag op die wedloopdag.

* 5982 verkeerskegels is op die roete;

* 482 beamptes is op die roete;

* 850 personeellede beman 15 waterpunte;

* 45 sanitasiepunte op die roete;

* 66 toilette op die roete;

* 183 600 koppies word uitgedeel;

* 342 125 watersakkies word uitgedeel;

* 3 030 liter Coke word uitgedeel;

* 7 000 liter Powerade word uitgedeel;

* 570 vullishouers by die waterpunte.

2021-10-17 06:59:02Gerda Steyn klou na 10 km steeds vas onder die voorstes. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 06:58:04

Die voorste vyf mans by die 10 km-merk is:

1. Johnathan Chinyoka (Zimbabwe) in 30:58

2. Emmanuel Oliaulo (Kenia) +00:01

3. Aperumoi Joseph Kachapi (Kenia) +00:01

4. Robert Chemosin (Kenia) +00:02

5. Cosmos Kyeva (Kenia) +00:02

Die voorste vyf vroue by die 10 km-merk is:

1. Lucy Karimi (Kenia) 34:57

2. Gerda Steyn (RSA) +00:01

3. Lydia Simiyu (Kenia) +00:01

4. Ayantu Abera Demissie (Ethiopië) +00:03

5. Beje Bekelu Geleta (Ethiopië) +00:03

2021-10-17 06:48:31Die weer het goed opgeklaar in die stad, maar dit lyk of dit weer kan reën in die suidelike voorstede.

Gerda Steyn lyk steeds gemaklik in die vroue se wedloop. Die mans het pas die N2-snelweg oorgesteek met nog niemand wat weg kon breek nie. Jonathan Chinyoka van Zimbabwe is so 5 m voor die res van die groep soos wat hulle by die 10 km-merk kom en dit in 31 minute verbysteek.

2021-10-17 06:33:37Stephen Mokoka bevind homself steeds onder die voorste groep mans met nog niemand wat so vroeg al weggebreek het nie. Dieselfde by die vroue waar Gerda Steyn ook onder die voorstes tel.2021-10-17 06:21:44Gerda Steyn by die wegspringpunt. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 06:20:36Die Kaapstad-stadion is die wegspringpunt vir vanjaar se wedloop. FOTO: Jaco Marais

2021-10-17 06:17:13En die eerste skoot klap vir die elite atlete!2021-10-17 06:15:36

Vorige wenners

2019

Mans: Edwin Koech (Ken) 2:09:20

Vroue: Celestine Chepchirchir (Ken) 2:26:44 (roeterekord).

2018

Stephen Mokoka (SA) 2:08:31 (roeterekord)

Helalia Johannes (Nam) 2:30:22

Laaste SA wenners:

2010 Gert Thys (2:22:12) en Nomvuyisi Seti (2:57:12).

2009 George Mofokeng (2:14:20)

2007 Mluleki Nobanda (2:14:46)

2021-10-17 06:07:35

Die reën het ietwat bedaar kort voor die eerste skoot klap. FOTO: Annchen Nel

2021-10-17 05:45:07Só lyk vanjaar se roete.

2021-10-17 05:45:07Dit is D-dag vir ’n rits langasems wat vandag die pragtige strate van Kaapstad invaar en die uitmergelende 42.2 km sal aandurf.

Wim Pretorius en Annchen Nel

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM