Atletiek

OORSIG | Kaapstad-marathon: 'Uitdagend, maar fantasties'

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Viva, Suid-Afrika!Die Moederstad het Sondagoggend haar beste skoonheid uitgestal en die elite-deelnemers aan die Kaapstad-marathon het nie teleurgestel nie.

Stephen Mokoka het Suid-Afrika trots gemaak met sy derde titel in die wedloop toe hy twee Ethiopiërs die loef afgesteek het.

Meseret Dinke Meleka van Ethiopië het ver gereis en vir 'n groot hoogtepunt gesorg toe sy die roete-rekord in die vroue-wedloop met 'n spogtyd van 2:24:02 verbeter het.

LEES OOK: Mokoka bobaas en volop hoogtepunte in Kaapstad-marathon

https://www.netwerk24.com/netwerk24/sport/atletiek/mokoka-bobaas-en-volop-hoogtepunte-in-kaapstad-marathon-20221016

2022-10-16 12:57:47Dit is die einde van Netwerk24 se regstreekse dekking.2022-10-16 10:52:07

Foto baie spesiaal vir Van Dyk

Ernst van Dyk sê dié foto is baie spesiaal. Hier ry hy en Aaron Pike, wat Sondag die marathon gewen het, verby die burgersentrum in Kaapstad waarop muurskilderye van oudpres. Nelson Mandela en emeritus aartsbiskop Desmond Tutu op die agtergrond pryk.

Foto: Facebook / Kaapstad-marathon

2022-10-16 09:53:53

'Uitdagend, maar fantasties'

Ernst van Dyk, wat tweede in die rolstoel-afdeling geëindig het, sê op 'n nuuskonferensie hoewel die roete uitdagend is, is dit fantasties.

"Kaapstad is 'n wonderlike stad en kan fantastiese sportbyeenkomste, soos die Wêreldbeker-sewestoernooi, aanbied."

Hy het vroeër gesê Distrik Ses se bulte was uitdagend.

Foto: Annchen Nel

2022-10-16 09:22:59Aaron Pike, wenner van die eerste titel in die marathon se rolstoelafdeling, Ernst van Dyk, wat tweede was, en Martin Velasco Soria van Mexiko, wat derde geëindig het. Foto: Annchen Nel

2022-10-16 09:22:25Die groot groep ondersteuners by die ingang van Urban Park in Helen Suzman-boulevard, Groenpunt. Foto: Annchen Nel

2022-10-16 09:20:01Ondersteuners by die eindpunt in Groenpunt. Foto: Annchen Nel

2022-10-16 09:05:28

Amateurs gaan swaarkry

Dit word nou warmer, sowat 22 °C, en die amateurs gaan later swaarkry.

Dit is 'n windstil dag.

Foto: Annchen Nel

2022-10-16 08:41:21

Meleka stel nuwe rekord op!

Meseret Dinke Meleka van Ethiopië wen die vrouewedloop in 2:24:02 en verbeter die roeterekord en haar eie persoonlike beste tyd.

Meleka verdien ook 'n bonus van R100 000 vir die nuwe rekord.

Twee Keniane, Tecla Kirongo en Judith Cherono, eindig tweede en derde in onderskeidelik 2:28:03 en 2:30:34 (nie-amptelik).

Stella Marais is die eerste Suid-Afrikaner in die agtste plek in 2:38:34, en mis haar persoonlike beste tyd met 12 sekondes.

Meseret Meleka Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:26:30

Mokoka wen 3de titel

Viva, Suid-Afrika! Stephen Mokoka wen sy derde titel in die Moederstad in 2 uur, 10 minute en 2 sekondes.

Hy wen 'n taktiese wedloop en het sekondes vinniger as verlede jaar gehardloop.

Dié atleet van die Boxer-klub het in 2018 die marathon in ’n nuwe roeterekord van 2 uur, 8 minute en 31 sekondes gewen en verlede jaar in wind en reën was sy wentyd 2:10:01.

Derseh Kindie Kassie en Webalem Basaznew Ayele, albei van Ethiopië, eindig tweede en derde.

Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:21:06

Mokoka op pad na 3de titel

Stephen Mokoka van die Boxer-klub is op pad na sy derde titel in die Kaapstad-marathon.

Mokoka het in 2018 die marathon in ’n nuwe roeterekord van 2 uur, 8 minute en 31 sekondes gewen en verlede jaar in wind en reën was sy wentyd 2:10:01.

Meseret Dinke Meleka van Ethiopië hardloop los voor in die vroue-wedloop.

2022-10-16 08:17:48

Brasiliaan Cristina de Souza wen vrouewedren

Die Brasiliaan Vanessa Cristina de Souza wen die vrouewedren in die rolstoelafdeling in 1:57:48 met Noemi Alphonse van Mauritius tweede.

Die vrouewenner. Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:17:11Ernst van Dyk by die wenstreep. Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:15:16

Pike eerste, Van Dyk tweede in rolstoelafdeling

Aaron Pike is die wenner van die eerste titel in die marathon se rolstoelafdeling in 1 uur 40 minute 22 sekondes.

Pike wen prysgeld van R50 000. Hy sê die teerpad is in 'n goeie toestand.

Suid-Afrika se Ernst van Dyk eindig tweede in 1:44:09.

Martin Velasco Soria van Mexiko het derde geëindig.

Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:11:30Rolstoelatlete vroegoggend by die wegspringpunt. Foto: Peter Heeger

2022-10-16 08:10:56

Die roete

Die sowat 13 000 marathonatlete hardloop nie soos in die verlede oor die brug oor Buitengrachtstraat nie. Dit is uitgesny.

Die begin- en eindpunt skuif van langs die DHL-stadion in Groenpunt na Helen Suzman-boulevard.

Deelnemers hardloop daarvandaan vir die eerste keer op die verhoogde N1/N2- uitgaande snelweg na die suidelike voorstede.

Die verandering aan die beginpunt beteken dat die atlete eers in die tweede helfte van die wedloop – by die 30 km-merk – verby die stadsaal hardloop.

Deelnemers hardloop ook vir die eerste keer deur Distrik Ses.

Nog ’n nuutjie is nuwe afsnypunte, wat sal verseker dat die paaie vinniger oopgestel word.

Die laaste afsnypunt is om 13:40.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM