Atletiek

Oorsig: Sukses vir SA in Twee Oseane

Deelnemers in vanjaar se Twee Oseane-wedloop. Foto: Gallo Images
Deelnemers in vanjaar se Twee Oseane-wedloop. Foto: Gallo Images

Die 50ste Twee Oseane-wedloop sedert 1970 word Saterdagoggend in Kaapstad gehardloop.

Die wedloop word oor 'n afstand van 56 km beslis.

Meer as 10 000 atlete van 80 lande neem deel.

2019-04-20 11:52:56

Ons gaan dan groet vir eers.Sarel en Annchen sal later vandag nog verslag doen met aldie reaksie van die wenners.

Hou Netwerk24 dop.

2019-04-20 11:11:22

2019-04-20 11:10:43

2019-04-20 11:02:01

Sarel:

Irvette van Blerk is in trane. “Ek het ‘n aaklige wedloopgehad,” het sy gesê terwyl haar man, die Olimpiese hekkiesatleet LJ van Zylprobeer troos het.

2019-04-20 11:00:39Die Olimpiese marathon-atleet René Kalmer met haardogtertjie, Karli, nadat sy 11de in haar debuut-Twee Oseane was. “Dit waslekker!” het Kalmer gesê. By haar is haar suster en oefenmaat, ChristineKalmer, ook ‘n Olimpiese marathonatleet. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 10:59:10Ryan Sandeshet veldpaaie vir die pad verruil. Sy debuut in ultra-wedloop. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 10:57:19Frith van der Merwe, wie se rekord ná 30 jaar steeds nie oortref is nie se boodskap aan Gerda Steyn, vandag se wenner: “ Hi Sarel. Gerda had an excellent run. If you can please tell her from me that I say congratulations on a brilliant run!??????”&2019-04-20 10:30:49Irvette vanZyl, wat derde geëindig het in die vrouewedloop, is spreekwoordelik uit op haar voete. Foto:Sarel van der Walt

2019-04-20 10:24:02

2019-04-20 10:19:18

2019-04-20 10:18:03Dié oomblik toe sy die wenstreep oorgesteek het. Foto: Sarel van derWalt

2019-04-20 10:16:02Gerda Steynverdedig haar titel in 'n wentyd van 3:31:29. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 10:11:49Fotograwe wag in spanning by die eindpunt vir die vrouewenner. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 10:05:39

2019-04-20 09:52:30Annchen: Bongmusa Mthembu van Suid-Afrika wen in 3 uur 8 minute.

2019-04-20 09:48:35Annchen laat weet dat hulle die wenners nou enige oomblik bydie eindpunt verwag en daar kom die son nou net agter die wolke uit.2019-04-20 09:45:06

2019-04-20 09:43:28Bongmusa Mthembu sterk op pad om die Twee Oseane te wen! Hy gaan nou die Twee Oseane-titel by sy drie Comrades-titels voeg. Puik atleet! Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 09:37:23Hy het hom! Bongmusa Mthembu, driemalige Comrades-wenner, neem die voortou in die Twee Oseane. David Gatebe, die 2013-kampioen en 2016-Comrades-wenner kom ook sterk van agter af gehardloop. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 09:35:03Die laaste groep wat net-net die afsnypunt van die halfmarathon by Ikeys gehaal het. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 09:31:02

Sarel: Nog 6 km tot by die eindpunt. Mthembu en David Gatebe, albei Comrades-wenners, hardloop sterk. Daar kom Mthembu van agter af, dit is net 'n kwessie van tyd!

2019-04-20 09:30:11

Die wedloop begin nou opwindend raak.

Sarel laat weet:

Sintayehu Legese Yinesu van Ethiopië is in die moeilikheid. Dit lyk of hy skielik swaarkry!

2019-04-20 09:27:33Bongomusa Mthembu, die Comrades-kampioen, laat waai om die Ethiopiër Sintayehu Legese Yinesu in te haal. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 09:23:17

Annchen:

Gerda Steyn breek weg by die 42 km-merk.

2019-04-20 09:20:07Sintayehu Legese Yinesu van Ethiopië lyk baie gemaklikterwyl hy in Suiderkruisweg, Constantia, voor hardloop in die Twee Oseane-wedloop. Hysal waarskynlik baie moeilik ingehaal word. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 09:17:36

Annchen laat weet:

Mamorallo Tjoka van Lesotho en Gerda Steyn is in 'n stryd gewikkel aan die voorpunt van die vrouewedloop

2019-04-20 09:15:44Deelnemers in die halfmarathon maak steeds klaar. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 09:11:06

2019-04-20 09:06:23

Sarel:

David Gatebe en Bongmusa Mthembu (driemalige Comrades-wenner) begin nou sterk deurkom en die krane oopdraai.

2019-04-20 09:04:37

Sarel laat weet dat:

Die rekordaanslag op Thompson Magawane se 3:03-rekord salnie suksesvol wees nie.

2019-04-20 09:03:32‘n Nuwe voorloper in die Twee Oseane. Die Ethiopiër Sintayehu gaan by Kiprotich verby kort voor die marathon-kerf. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 08:59:09

2019-04-20 08:54:43Kiprotich naby Tokai. Hy begin omkyk en ek kry die idee hy is nie meer so gemaklik nie. Sy voorsprong nou slegs 150 m. Nou gaan die wedloop in alle erns begin! Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 08:43:45

2019-04-20 08:40:27Deelnemers in die halfmarathon maak steeds klaar. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 08:37:45'n Lieflike reënboog by die eindpunt by Ikeys. Foto: Annchen Nell

2019-04-20 08:34:33Kom ons jaag die voorloper! Die eerste groep agter Kiprotich kort nadat hulle die bopunt van Ou Kaapse Weg bereik het. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 08:32:57Abraham Kiprotich is amper aan die bopunt van Ou Kaapse Weg en steeds gerieflik voor. 32 km is agter die rug. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 08:22:38Die Keniaan Abraham Kiprotich, ‘n 2:08-marathonhardloper,hardloop voor teen Ou Kaapse Weg uit. Hy het nou al 30 km gehardloop en lyk noggemaklik. Die pas is te stadig vir ‘n nuwe rekord. Foto: Sarel van det Walt

2019-04-20 08:18:10Dis nou vasbyt-tyd teen Ou Kaapse Weg uit. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 08:10:33Sarel laat weet dat dit nou hard reën op die roete.2019-04-20 07:56:16

2019-04-20 07:55:17LJ van Zyl wag by eindpunt vir sy vrou Irvette wat haar ultradebuut maak.

2019-04-20 07:52:42Dit sous in Kalkbaai... Foto: Sarel van der Wslt

2019-04-20 07:49:04

Sarel se valkoog op die roete:

Irvette van Zyl gly amper toe sy 'n leë bottel in asblik langs die pad gaan gooi. Punte vir jou Irvie wat nie rommel strooi nie!

2019-04-20 07:47:11Dit drup liggies terwyl die voorlopers koers kry Vishoek toe. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:45:20Elroy Gelant van SA se wentyd 1:10:30. Helalia Johannes van Namibië 1ste vrou in 1:03:202019-04-20 07:43:49Langs die see by Muizenberg.

2019-04-20 07:40:34Gerda Steyn, die verdedigende kampioen, en Irvette van Blerk hardloop deur Muizenberg. Priscilla Orchima is sowat 100 m voor hulle. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:35:12

2019-04-20 07:33:53

2019-04-20 07:31:56Die pas raak nou warmer...die eerste groep agter die voorlopers aan die buitewyke van Muizenberg. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:29:36

Sarel sê dat die Keniane beheer geneem het van die wedloop:

Die Keniane is al byna 400 meter voor die eerste jaaggroep.

Die voorlopers is deur die eerste 15 km in 49 minute en 4 sek.

2019-04-20 07:18:10

2019-04-20 07:17:36Die eerste groep wat die Keniane volg. Een van hulle is David Gatebe wat in 2013 gewen en in 2016 Comrades-kampioen was. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:13:26Die Twee Oseane se hoofkantoor is op die wedloop se roete. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:11:39

Sarel weer van die roete:

Dit is baie duidelik die Keniane werk saam. Hulle is nou sowat 150 meter voor ‘n groot groep atlete.

2019-04-20 07:09:35

Sarel op die roete:

Verlede jaar se wenner, die Keniaan Justin Kemboi Chesire, een van die drie atlete wat vroeg hardloop. Hulle doen ‘n aanslag op wyle Thompson Magawana se rekord van 3:03.

2019-04-20 07:04:59Die voorlopers hardloop deur Plumstead. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 07:03:07Die gunsteling in die vroue-wedloop, Helalia Johannes, van Namibië het die vroue-wedloop in die halfmarathon gewen.2019-04-20 06:59:19

Sarel op die roete:

Die dag begin in die ooste breek. Agter die atlete lê Tafelberg toe onder die wolke. Langs die pad moedig die toeskouers die atlete aan. Die ligte reën by die wegspring het gewyk. Eerste 5km in 16:45 afgelê.

2019-04-20 06:55:41

En Elroy Galant wen die halfmarathon.

Sal binnekort meer besonderhede hê

2019-04-20 06:54:57Kollega Annchen Nel is by die eindpunt van die wedloop by Ikeys en wag daar vir die wenners van die halfmarathon. Sy sê dit reën liggies, maar dit is nie juis koud nie. Foto: Annchen Nel

2019-04-20 06:53:31

Sarel op die roete:

Drie Nedbank-atlete gee vroeg die pas aan. Het reeds ‘n gaping van sowat 100 m op die groep, of wat ons in hardlooptaal ‘n bus noem.

2019-04-20 06:47:58Die voorlopers hardloop deur Claremont. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 06:44:49

Sarel van der Walt is ons man op die roete en hy volg die voorlopers en sal ons op hoogte hou.

Hy het pas deur gestuur: "Die Twee Oseane-wedloop het pas begin. Die meer as 10 000 deelnemers hardloop nou in die rigting van Muizenberg."

2019-04-20 06:43:43

2019-04-20 06:43:07Groot getalle toeskouers wag in die omgewing van die Nuweland-swembad in reënerige toestande vir die Twee Oseane-wedloop oor 56 km om te begin. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 06:35:12

Die regstreekse uitsending kan op Facebook live gesien word.

Volg dit hier.2019-04-20 06:28:38

Daar is 'n probleem met die regstreekse webuitsending.

Terwyl ons wag, hier is 'n video oor al die feite van die wedloop.

2019-04-20 06:11:06En weg is hulle! Die eerste groep van sowat 16 000 deelnemers aan die Twee Oseane-halfmarathon in Kaapstad het pas weggespring. Die ultra-wedloop begin om 6:40. Foto: Sarel van der Walt

2019-04-20 06:08:44

Goeie môre.

Die halfmarathon het pas begin en ons maak gereed vir die hoofwedloop wat om 06:40 die pad vat.

Altus Momberg

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM