Atletiek

SA se landloopspan leef swaar Doer Onder

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Caster Semenya in aksie vir die Suid-Afrikaanse gemengde aflosspan in die 4x2 km-wedloop op die Wêreld-landloopbyeenkoms in Bathurst.  Foto: Getty Images
Caster Semenya in aksie vir die Suid-Afrikaanse gemengde aflosspan in die 4x2 km-wedloop op die Wêreld-landloopbyeenkoms in Bathurst. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het harde bene gekou op die Wêreld-landloopbyeenkoms, wat Saterdag in Bathurst in Australië gehou is.

Die gemengde aflosspan in die 4x2 km-wedloop, bestaande uit Ryan Mphahlele, Prudence Sekgodiso, Tshepo Tshite en Caster Semenya, het die naaste aan die podium gekom met 'n vierde plek.

Dié span het sy wedloop in 23 minute en 50 sekondes voltooi, net 24 sekondes stadiger as die bronsmedaljewenner, Australië.

Die sterk Keniaanse viertal van Emmanuel Wanyonyi, Mirriam Cherop, Kyumbe Munguti en Brenda Chebet het in 23:14 geseëvier het, met Ethiopië (23:21) tweede.

Suid-Afrika het 'n belowende begin beleef en was ná die eerste rondte die voorloper in dié wedloop, maar het daarna begin uitsak.

Tshite het in die voorlaaste skof Suid-Afrika se neuse net-net weer onder die podiumplekke gekry, maar die Australiërs het sterk geëindig en die bronsmedalje opgeraap.

In die mans se 10 km-wedloop kon Precious Mashele net 'n 16de plek behaal in 30:44, met die Ugandees Jacob Kiplimo wat die titel in 29:17 gebuit het.

Berihu Aergawi van Ethiopië (29:26) was tweede en die Keniaan Joshua Cheptegei (29:37) derde.

Elroy Gelant is in Atletiek Suid-Afrika se finale groep vir die Landloop-wêreldkampioenskapin Australië ingesluit.  Foto: Gallo Images
Elroy Gelant is in Atletiek Suid-Afrika se finale groep vir die Landloop-wêreldkampioenskapin Australië ingesluit. Foto: Gallo Images

Die ander Suid-Afrikaners in dié wedloop, Maxime Chaumeton (27ste in 31:18), Mbuleli Mathanga (37ste in 31:53) en Elroy Gelant (38ste in 31:54), het met Mashele saamgespan om 'n algehele vyfde plek aan Suid-Afrika in die manskompetisie te besorg.

Net die voorste vier uitslae per land tel vir die spankompetsie.

Collen Mulaudzi (32:26) het 50ste geëindig en sy SA landgenoot Mathews Leeto (32:44) was 59ste.

In die vroue se 10 km-wedloop het Cian Oldknow se tyd van 36:02 net die 27ste plek aan haar besorg. Sy was die beste van die Suid-Afrikaners.

Kyla Jacobs en Aynslee van Graan het onderskeidelik 37ste (36:49) en 38ste (36:59) klaargemaak, terwyl Glenrose Xaba (37:08) 42ste was. Hul prestasies het die sewende plek in die spankompetisie aan hul besorg.

Kesa Molotsane (37:37) was 48ste en Cacisile Sosibo (39:25) het 59ste geëindig.

Dit was egter die stryd om die eerste plek wat vir groot drama gesorg het.

Die Ethiopiër Letesenbet Gidey was die voorloper en sterk op pad na 'n wêreldtitel, net om sowat 30 m van die eindstreep af inmekaar te sak.

Die Ethiopiër Letesenbet Gidey was die voorloper en sterk op pad na 'n wêreldtitel, net om sowat 30 m van die eindstreep af inmekaar te sak. Nadat sy hulp ontvang het om weer op die been te kom, is sy gediskwalifiseer.

Die Keniaan Beatrice Chebet is toe as die kampioen gekroon in 33:48, met Gidey se landgenoot Tsigie Gebreselama (33:56) tweede en nog 'n Keniaan, Agnes Ngetich, (34:00), derde.

In die o.20-mans se 8 km-wdeloop het Jayde Rosslee 'n 20ste plek behaal in 26:22, met drie van sy landgenote wat ook onder die voorste 40 was. Dít was goed genoeg vir die vierde plek in die spankompetisie.

Li-Mari Dekker het 32ste geëindig in die o.20-vroue se 6 km-wedloop. Haar tyd was 23:51. Suid-Afrika het agtste in die spankompetisie geëindig.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM