Gholf

Gqeberha se wind het seniors bekommerd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ken Dube Dinsdagaand op die mediakonferensie vir die Nelson Mandelabaai Classic in Gqeberha. Foto: Facebook | Michael Sheehan
Ken Dube Dinsdagaand op die mediakonferensie vir die Nelson Mandelabaai Classic in Gqeberha. Foto: Facebook | Michael Sheehan (Michael Green)

As die wind wegbly, dink hy dat hy 'n kans het om dié week die Nelson Mandelabaai Classic-gholftoernooi vir seniors by Humewood in Gqeberha te wen, sê Ken Dube.

Dié veteraan is een van verskeie topspelers wat in die afwesigheid van verlede jaar se wenner, Adilson da Silva, gaan probeer om koning te kraai.

Doug McGuigan en Chris Williams tel onder die ander gunstelinge om die toernooi te wen.

"Humewood is weens die wind nie 'n maklike baan nie," sê Dube, wat in Brakpan woon.

"Die wind maak 'n mens mal. Dit waai die een dag van een rigting en die ander dag van die ander kant.

"As jy van Johannesburg af kom, is jy gewoond om die bal net so hoog as moontlik te slaan, maar dit werk nie in die Baai nie."

McGuigan stem met Dube saam, maar hy dink ook dat die Humewood-baan een van die bestes in die land is.

Volgens Williams is die baan altyd in 'n fantastiese toestand.

Die toernooi bereik Vrydag sy hoogtepunt wanneer die beroepspelers mekaar vir die titel pak nadat hulle die vorige twee dae saam met amateurspelers aan 'n pro-am-toernooi deelgeneem het. - Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM