Gholf

Opkomende Aussie-gholfster se oogbesering kan loopbaan beëindig

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die teëspoed het Jeffrey Guan in Sydney getref.  Foto: Getty Images
Die teëspoed het Jeffrey Guan in Sydney getref. Foto: Getty Images

'n Opkomende Australiese gholfspeler wat vandeesmaand sy buiging in die Amerikaanse PGA-reeks gemaak het, is in 'n stryd gewikkel om die sig in sy een oog te red nadat hy in 'n pro-am-toernooi deur 'n bal getref is.

Jeffrey Guan (20) is op 'n toernooi in die suide van Sydney in die gesig getref en per helikopter na 'n hospitaal geneem om 'n operasie te ondergaan.

Sy afrigter het Maandag aan verslaggewers gesê daar bestaan "vrese dat hy dalk sy sig gedeeltelik kan verloor".

"Jeff is net onder sy oog getref en het behandeling op die baan ontvang voordat hy na die hospitaal geneem is om skanderings te ondergaan," sê die Australiese PGA in 'n verklaring oor Vrydag se voorval.

"Hy is toe per lug na Canberra geneem om deur 'n oogspesialis beoordeel te word."

Guan het hom onlangs by dieselfde bestuursmaatskappy aangesluit wat groot sterre soos Jon Rahm en Phil Mickelson verteenwoordig en het 'n borguitnodiging aanvaar om vroeër vandeesmaand in die PGA-reeks se Procore-kampioenskap in Kalifornië mee te ding. Hy het tellings van 69 en 75 behaal en naelskraap onder die valbyl beland.

"Dit is regtig aaklig," sê sy afrigter, Paul Davis.

"Dit is net die slegste moontlike nuus ná so 'n ongelooflike week in Kalifornië." - AFP

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM