Gholf

Thriston laat waai in Dubai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Thriston Lawrence het Sondag vierde geëindig in die 152ste Britse Ope op die Royal Troon-baan in Skotland. Foto: Getty Images
Thriston Lawrence het Sondag vierde geëindig in die 152ste Britse Ope op die Royal Troon-baan in Skotland. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Thriston Lawrence het hom in Dubai in die derde ronde van die DP World Tour (Europese reeks) se laaste toernooi vanjaar reggeruk, maar sy aanslag is moontlik te laat.

Lawrence, wat tweede op die reeks se puntelys is, het tellings van 73 en 71 houe in die eerste twee rondes aangeteken.

Hy het die derde ronde in 68 houe voltooi en is saam op 212 (-4) in die 17de posisie.

Rory McIlroy, (Noord-Ierland) wat na sy derde agtereenvolgende sege in dié toernooi mik, loop saam met die Fransman Antoine Rozner en Rasmus Hojgaard van Denemarke op 204 (-12) met een hou voor Joaquin Niemann (Chili). Jesper Svensson van Swede is vyfde op 206 (-9).

Die toernooi het prysgeld van $10 miljoen (sowat R172 miljoen).- Europeantour

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM