Eendagreeks

WP dra uiteindelik weer die eendagkroon

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vreugde vir die blou span! Die Westelike Provinsie vier Saterdag sy oorwinning van die nasionale eendagtitel nadat hy die Noordwes-Drake met 107 lopies afgeransel het. Foto: Gallo Images
Vreugde vir die blou span! Die Westelike Provinsie vier Saterdag sy oorwinning van die nasionale eendagtitel nadat hy die Noordwes-Drake met 107 lopies afgeransel het. Foto: Gallo Images

'n Tweede honderdtal deur Kyle Verreynne in dié seisoen se Eendagbekerreeks en 'n uitmuntende veelsydige vertoning deur Mihlali Mpongwana het KSA se Eendagbeker-titel aan die Westelike Provinsie se krieketspan besorg.

Die WP het die Noordwes-Drake in Saterdag se eindstryd op Nuweland met 107 lopies geklop.

Verreynne en Mpongwana het met 'n nuwe rekordvennootskap van 199 lopies om die vyfde paaltjie (van net 188 balle af) die wind uit die seile van Noordwes gehaal.

Mihlali Mpongwana lê Saterdag die langsteel vir die WP in. Hy het 'n manjifieke debuut-honderdtal (105) vir die span aangeteken en ook as bouler 3/31 geneem.  Foto: Gallo Images
Mihlali Mpongwana lê Saterdag die langsteel vir die WP in. Hy het 'n manjifieke debuut-honderdtal (105) vir die span aangeteken en ook as bouler 3/31 geneem. Foto: Gallo Images

Nadat die WP 307/8 in sy 50 boulbeurte aangeteken het, is Noordwes tot net 200 lopies in 40.4 boulbeurte beperk.

Verreynne (111 in 103 balle, 8x4, 3x6) het begin kolf toe sy span op 39/3 in die sop was.

Toe sy kolfvennoot om die vierde paaltjie, Valentine Kitime (18) ook uit is nadat hulle 42 lopies aangeteken het, het die 23-jarige Mpongwana hom op 83/4 by Verreynne aangesluit.

Dit was Verreynne se tweede eendaghonderdtal dié seisoen teen Noordwes, maar dit was die eerste keer dat Mpongwana (105) by dié mylpaal kon uitkom.

Noordwes se beste bouler was Migael Pretorius, wat 2/51 in sy tien beurte geoes het terwyl Kerwin Mungroo met 3/66 ook suksesvol was.

In Noordwes se kolfbeurt van 200 het Wihan Lubbe met 70 lopies (79 balle, 6x4, 1x6) wal gegooi, maar hy het nie veel ondersteuning by sy spanmaats gekry nie.

Senuram Muthusamy (25) en Pretorius (22) het weliswaar weerstand gebied, maar die res van die kolflys het verkrummel.

Senuram Muthusamy (25) en Pretorius (22) het weliswaar weerstand gebied, maar die res van die kolflys het verkrummel.

Die WP se beste boulers was Abdullah Bayoumy (2/24) en Mpongwana (3/31).

Die aanvangsbouler Nandré Burger (1/29) het ook met sy vaart en afwisseling indruk gemaak.

Die WP was ongetwyfeld die beste span in die seisoen se reeks.

Die Kapenaars was ook die enigste onoorwonne span nadat hulle ses van hul sewe wedstryde gewen het en daar geen uitslag teen die Warriors was nie. - SuperSport.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM