Protea-vroue

Gogga gee Proteas byt

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Anneke Bosch en  Chloe Tryon ná die Proteas se sege oor Australië in die halfeind. Foto: Getty Images
Anneke Bosch en Chloe Tryon ná die Proteas se sege oor Australië in die halfeind. Foto: Getty Images

Paul Adams is dalk 'n besige kalant op sosiale media, maar hy gee die Protea-vrouekrieketspan 'n spesiale oemf.

Die spelers wonder altyd waarmee hy volgende vorendag gaan kom en hy hou selfs vir Dillon du Preez rustig wanneer dit by naelskou kom.

Volgens Du Preez, Suid-Afrika se tussentydse afrigter, is die voormalige Protea-draaier een van die redes waarom sy span vandag in die eindstryd van die T20-Wêreldbeker-toernooi in Dubai teen Nieu-Seeland te staan kom.

Sedert die Protea-vroue verlede jaar ook die T20-eindstryd tuis gehaal het, het hulle slegs een uit sewe T20-reekse gewen en hul hoofafrigter, Hilton Moreeng, afgestaan.

Die Kiwi's was op 'n soortgelyke pad met tien agtereenvolgende nederlae. Vir albei spanne het dinge egter op die regte tyd reggekom.

Die Protea-vroue het vir 'n tweede agtereenvolgende T20-eindstryd gekwalifiseer nadat hulle die sesmalige kampioen, Australië, Donderdag oortuigend met agt paaltjies in die eerste T20-halfeind geskok het. Die Kiwi's het Vrydag die Wes-Indiese Eilande met agt paaltjies verslaan.

Dis die eerste keer in 15 jaar dat die Aussies nie in 'n T20 Wêreldbeker-eindstryd is nie.

Die linksdraaier Nonkululeko Mlaba was die grootste begunstigde van Adams se tegniese werk en is met tien paaltjies die Suid-Afrikaner wat die meeste paaltjies by die toernooi geneem het.

Suid-Afrika se Laura Wolvaardt en Tazmin Brits het die meeste lopies by die toernooi en albei het 'n treftempo van meer as 100.

Firdose Moonda

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM