Proteas

Breetzke haal Proteas se toetsgroep

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Matthew Breetzke is in Suid-Afrika se toetsgroep ingesluit vir volgende maand se krieketreeks teen die Windies.  Foto: Gallo Images
Matthew Breetzke is in Suid-Afrika se toetsgroep ingesluit vir volgende maand se krieketreeks teen die Windies. Foto: Gallo Images

Matthew Breetzke is in die Proteas se toetsgroep ingesluit vir aanstaande maand se reeks teen die Windies, wat op 7 Augustus in Trinidad en Tobago begin.

Die Warriors se kaptein is beloon vir sy vertonings in die plaaslike vierdagreeks. Hy het 322 lopies teen 'n gemiddeld van 46 per beurt aangeteken, wat 'n hoogste telling van 188 ingesluit het.

Die paaltjiewagter Ryan Rickelton maak 'n terugkeer tot die groep, terwyl die veelsydige Marco Jansen 'n ruskans kry en nie saam met die groep sal toer nie.

• Die Proteas se groep is: Temba Bavuma (k), David Bedingham, Matthew Breetzke, Nandré Burger, Gerald Coetzee, Tony de Zorzi, Keshav Maharaj, Aiden Markram, Wiaan Mulder, Lungi Ngidi, Dane Paterson, Dane Piedt, Kagiso Rabada, Ryan Rickelton, Tristan Stubbs, Kyle Verreynne.

• Meer volg later.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM