Krieket

Root terug in Engeland se eendaggroep

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die ervare Joe Root is weer in Engeland se eendaggroep ingesluit.             Foto: Getty Images
Die ervare Joe Root is weer in Engeland se eendaggroep ingesluit. Foto: Getty Images

Joe Root is weer in Engeland se eendaggroep vir die komende toer na Indië ingesluit, maar die span sal sonder Ben Stokes se deugde wees.

Root, die voorste kolwer in toetskrieket, het Engeland al 171 keer in eendagwedstryde verteenwoordig, maar hy is nie sedert verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in dié formaat gekies nie.

Die Engelse keurders het Root en die snelbouler Mark Wood, wat van 'n elmboogbesering herstel het, in 'n groep van 15 spelers ingesluit.

Stokes is vanweë die dyspierbesering wat hy vandeesmaand in die derde toets teen Nieu-Seeland opgedoen het, nie oorweeg nie.

Engeland se toer in Januarie en Februarie sal vyf T20- en drie eendagwedstryde insluit voor die span na Pakistan reis vir die Kampioenetrofee-toernooi.

Root, wat op 30 Desember sy 34ste verjaarsdag vier, is net vir die eendaggroep gekies.

Dié reekse in Indië sal Brendon McCullum se debuut as Engeland se witbal-afrigter wees.

Die Kiwi is in September in die rol aangestel en hy sal dit voortaan met sy mandaat as Engeland se toetsbreier kombineer.

Die snelbouler Reece Topley, sowel as die veelsydige Sam Curran en Will Jacks is oor die hoof gesien.

• Engeland se T20-groep is: Jos Buttler (k), Rehan Ahmed, Jofra Archer, Gus Atkinson, Jacob Bethell, Harry Brook, Brydon Carse, Ben Duckett, Jamie Overton, Jamie Smith, Liam Livingstone, Adil Rashid, Saqib Mahmood, Phil Salt, Mark Wood.

Engeland se groep vir die eendagreeks is: Jos Buttler (k), Jofra Archer, Gus Atkinson, Jacob Bethell, Harry Brook, Brydon Carse, Ben Duckett, Jamie Overton, Jamie Smith, Liam Livingstone, Adil Rashid, Joe Root, Saqib Mahmood, Phil Salt, Mark Wood. - bbc.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM