Paralimpiese Spele

Hier is lede van Paralimpiese span

Altesame 34 atlete sal Suid-Afrika in sewe sportsoorte by die Paralimpiese Spele in Tokio verteenwoordig.

Ntando Mahlangu in aksie by die Paralimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro. Foto: Gallo Images
Ntando Mahlangu in aksie by die Paralimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro. Foto: Gallo Images

Die skouspel duur van 24 Augustus tot 5 September.

"Ek het by die pas afgelope Olimpiese Spele in Tokio tyd saam met die Suid-Afrikaanse span deurgebring en ek kan sê dat die hele span ware ambassadeurs vir die land was," sê Barry Hendriks, president van Saskok.

"Die aflosstokkie is nou aan die Paralimpiërs oorhandig. Ons is vol vertroue dat hulle ook goeie ambassadeurs vir ons wonderlike land sal wees."

Nadat die SA span met net drie Olimpiese medaljes uit Tokio teruggekeer het, sal daar gehoop word dat die Paralimpiese span die karige Tokio2020-medalje-oes kan aanvul.

"Ons Paralimpiërs het in die verlede beïndruk met die medaljes waarmee hulle van die Spele teruggekeer het en die verwagting is nie vanjaar minder nie. Ons is opgewonde om saam met die Paralimpiërs dié reis aan te pak," sê Hendriks.

• SA se Paralimpiese span is:

Atletiek: Ntando Mahlangu, Charl du Toit, Dyan Buis, Reinhardt Hamman, Kerwin Noemdo, Mpumelelo Mhlongo, Tebogo Mofokeng, Tyrone Pillay, Daniel du Plessis, Puseletso Michael Mabote, Ndodomzi Ntutu, Anrune Weyers, Sheryl James, Simone Kruger, Ntombizanele Situ, Louzanne Coetzee, Johanna Pretorius, Liezel Gouws.

Afrigters/bestuur: Cornelia (Lappies) Swanepoel, Suzanne Ferreira, Daniel Damon, Cathy Lansberg, Claus Kempen, Erasmus Badenhorst.

Boogskiet: Shaun Anderson, Philip Coates-Palgrave.

Afrigter/bestuur: Barbara Manning.

Fietsry: Nicholas Pieter du Preez, Ernst van Dyk, Toni Mould.

Afrigter/bestuur: Elrick Kulsen, Pieter Jansen, Gillian Evans, Walter Lutch.

Ruiterkuns: Philippa Johnson-Dwyer, Cayla van der Walt.

Afrigter/bestuur: Ingeborg Sanne, Chris Hazen, Robyn van Lijsdonk, Trisha Bell.

Swem: Christian Sadie, Hendrik van der Merwe, Katherine Swanepoel, Alani Ferreira.

Afrigter/bestuur: Theo Verster, Keith Jansen.

Tafeltennis: Theo Cogill.

Afrigter/bestuur: Anver Lyners.

Rolstoeltennis: Kgothatso Montjane, Mariska Venter, Eliphas Maripa, Leon Els.

Afrigter/bestuur: Gerald Stoffberg, Saidi Moruame.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM