Die Engelse voorryman Joe Marler se nuwe advertensie waarin hy kondome adverteer, is 'n groot sukses.
Dié advertensie is in net 'n paar dae al deur meer as 260 000 mense op Instagram gekyk.
Marler kan in die advertensie gesien word waar hy in die tuin in 'n spa-badjie sit.
Hy vertel hoe hy sukkel om in goed in te pas.
'n Mens sien hom onder meer in 'n babawiegie lê en sy fris sitvlak in 'n stoeltjie probeer forseer.
"Dit gaan als oor om die regte grootte te kies," verduidelik Marler, wat in 2020 vir 'n tyd geskors is omdat hy Alun Wyn Jones van Wallis in 'n Sesnasies-wedstryd aan die testikels gegryp het.
- Sportredaksie





















