Koel, klinies, klassiek.
So is gister se oorwinning van 21-7 beskryf wat die Crusaders op Eden Park in Auckland oor die Blues in die eindstryd van die Superrugby Pacific-reeks behaal het.
Die Crusaders word onomwonde as die meesters van uitkloprugby beskou, want dit was hul 13de Superrugbytitel.
Die Crusaders het die Blues veral in die lynstane bloedneus gegee deur tien van hul lynstane te gaps. Hulle het die Blues voorlangs gewurg, 64% gebiedsvoordeel gehad en besit (63%) heeltemal oorheers. Die Blues moes ook 115 keer verdedig teenoor die Crusaders se 46.
- Punte: Crusaders 21 (13): Drieë: Bryn Hall, Sevu Reece. Doelskop: Richie Mo'unga. Strafdoele: Mo'unga (2). Skepdoel: Mo'unga.
- Blues 7 (0): Drie: Finlay Christie. Doelskop: Stephen Perofeta. - Stuff.co.nz



















