Internasionaal

Gary bedank as Eagles se afrigter

Die voormalige Springbok hulpafrigter Gary Gold is deesdae Amerika se hoofafrigter. Foto: Getty Images
Die voormalige Springbok hulpafrigter Gary Gold is deesdae Amerika se hoofafrigter. Foto: Getty Images

Die oud-Springbok-hulpafrigter Gary Gold het as hoofafrigter van die Amerikaanse Eagles-rugbyspan bedank nadat die span nie vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Frankryk kon kwalifiseer nie.

Die Eagles was in die laaste kwalifiseringstoernooi in Dubai onoorwonne, maar nadat hulle in hul laaste wedstryd met 16-16 gelykop teen Portugal gespeel het, is hulle weens 'n swakker punteverskil uitgeskakel.

Dit is die eerste keer sedert 1995 dat Amerika nie in 'n Wêreldbeker-toernooi sal speel nie.

Gold het Amerika sedert 2017 afgerig en was die Eagles se suksesvolste afrigter.

Onder hom het die Eagles tot 12de op Wêreldrugby se ranglys opgeskuif, maar net nege toetse die afgelope twee jaar gespeel. - Sportredaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM