Internasionaal

Rees-Zammit op hete kole

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die jong Walliese ster Louis Rees-Zammit. Foto: Getty Images
Die jong Walliese ster Louis Rees-Zammit. Foto: Getty Images

Die voormalige Walliese rugbyvleuel Louis Rees-Zammit sal Dinsdag hoor of hy in die Kansas City-voetbalgroep (NFL) van 53 spelers vir die komende seisoen ingesluit sal word.

Rees-Zammit het in drie voorseisoense wedstryde gespeel, insluitend 'n laaste wedstryd toe hulle met 34-21 deur die Chicago Bears geklop is.

Hy het die bal teen die Bears vier keer gedra en 23 m gevorder, maar ongelukkig ook 'n belangrike duikslag verbrou.

Sy afrigter het lof vir hom gehad, maar was baie meer opgewonde oor 'n ander groentjie, Carson Steele.

Kenners het nie vir Rees-Zammit, wat 'n kontrak van drie jaar het, in hul finale groepe ingesluit nie en hy sal straks eerder in die Chiefs se oefengroep opgeneem word om verder aan sy vaardighede te slyp. - WalesOnline

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM