
Die losskakel Elton Jantjies voer Saterdag 'n onervare Suid-Afrikaanse A-span aan wat in Kaapstad teen die Bulle speel.
Damian de Allende, Marco van Staden en Joseph Dweba is die enigste spelers wat Woensdagaand in die SA A-span se beginspan teen die Britse en Ierse Leeus was wat weer in die opdrafspan is.
Jacques Nienaber, die Springbok-afrigter, kry teen die Bulle 'n laaste kans om verstellings te maak voor volgende Saterdag se eerste toets teen die Leeus.
In die agterlyn kry nuwelinge soos Yaw Penxe en Wandisile Simelane 'n kans om te beïndruk, terwyl Rynhardt Elstadt, Nicolaas Janse van Renburg en Jean-Luc du Preez in die agttal ingesluit is.
• Suid-Afrika A: Aphelele Fassi, Yaw Penxe, Wandisile Simelane, Damian de Allende, Rosko Specman, Elton Jantjies (k), Cobus Reinach, Kwagga Smith, Rynhardt Elstadt, Marco van Staden, Nicolaas Janse van Rensburg, Jean-Luc du Preez, Vincent Koch, Joseph Dweba, Coenie Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Fez Mbatha, Thomas du Toit, Wilco Louw, Japser Wiese, Sanele Nohamba, Sbu Nkosi, Jesse Kriel, Damian Willemse, Lizo Gqoboka.




















