VRK

Afrigter prys Sanele, Morné

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marius Louw, kaptein van die Leeus, en Ivan van Rooyen, afrig-ter, praat met die media ná hul sege Saterdagaand.  Foto: Gallo Images
Marius Louw, kaptein van die Leeus, en Ivan van Rooyen, afrig-ter, praat met die media ná hul sege Saterdagaand. Foto: Gallo Images

"Dit is eenvoudig ongelooflik om ouens van daardie kaliber en karakter in die span te hê," het Ivan van Rooyen, afrigter van die Leeus, oor Sanele Nohamba en Morné van den Berg gesê.

"Die goeie ding van spelers soos Sanele en Morné is dat hulle nie net daarop toegespits is om alles vir hul span te gee nie, hulle is ook taai, geestelik sterk spelers wat goeie besluite op die veld neem," het Van Rooyen volgens News24 gesê.

"Die ouens gee altyd alles. Dan praat 'n mens nie eens van hul veelsydigheid om in meer as een posisie te speel en die vermoë om verdediging te ontsluit en puntegeleenthede te skep nie. Dit is 'n voorreg."

Die onderbreking weens die weer het nie die Leeus se momentum gebreek nie, het Van Rooyen gesê.

"Dit was vir ons eintlik nogal maklik om die situasie te hanteer," het Marius Louw, kaptein, gesê.

"Dit het ons op 'n manier baie gehelp. Ons het oor verskeie scenario's gepraat. Dít het ons regtig gehelp."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM