VRK

Bulle pak Benetton sonder 2 Bokke

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Canan Moodie is weens ’n gebreekte indeksvinger nie beskikbaar om Saterdag teen Benetton te speel nie. Foto: Gallo Images
Canan Moodie is weens ’n gebreekte indeksvinger nie beskikbaar om Saterdag teen Benetton te speel nie. Foto: Gallo Images

Die Bulle is Saterdag sonder die Springbokke Canan Moodie en Marco van Staden wanneer hulle op Loftus Versfeld teen Benetton in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) speel.

Moodie het verlede week in Durban teen die Haaie sy wysvinger gebreek en die Bulle-breier, Jake White, sê dit is onseker hoe lank die veelsydige Bok uit aksie gaan wees.

"Hy word vandag (Vrydag) geopereer en hopelik is dit een van daardie beserings wat ons oor twee weke sal kan verbind," het White gesê.

Van Staden het 'n enkelbesering teen die Haaie opgedoen, maar White het aangedui hy sou die klipharde kantman kon kies "as dit die laaste wedstryd van die seisoen was".

Sebastian de Klerk neem Moodie se plek in die beginspan, terwyl Nizaam Carr die nuwe nr. 6-flank is.

Dit beteken dat Sergeal Petersen en Jannes Kirsten op die plaasvervangersbank ingesluit is.

• Bulle: Willie le Roux, Sebastian de Klerk, David Kriel, Harold Vorster, Kurt-Lee Arendse, Johan Goosen, Embrose Papier, Cameron Hanekom, Elrigh Louw, Nizaam Carr, Ruan Nortjé (k), Ruan Vermaak, Wilco Louw, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Akker van der Merwe, Simphiwe Matanzima, Francois Klopper, Reinhardt Ludwig, Jannes Kirsten, Keagan Johannes, Sergeal Petersen.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM