'n Mens sal ver moet gaan soek na 'n meer veelsydige sportster as die 11-jarige Lea Smit, 'n gr. 6-leerling aan die Laerskool Eversdal.
Lea het binne die eerste paar maande van vanjaar haar WP-, Wes-Kaap- en SA-kleure in nie minder nie as vier verskillende sportsoorte verwerf.
Afgesien van haar pronkvertonings in die WP se junior atletiek en tennis, het sy ook Wes-Kaapse kleure in netbal verwerf en is sy boonop ingesluit in die SA o.13-aksienetbalspan. Vir 'n jongeling wil dit beslis gedoen wees!
Nadat Lea die WP se o.12-aksienetbalspan in Maart by die nasionale IPT-toernooi in Edenvale aangevoer het, is sy ingesluit in die SA o.13-span wat aanstaande jaar aan die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland gaan deelneem.
Ousus Kyla, in gr. 8 aan Paarl Gimnasium, sal as lid van Suid-Afrika se o.15-Wêreldbekerspan by dieselfde toernooi in aksie wees.
Sy is as lid van die WP se o.12-span gekies vir die interprovinsiale toernooi wat in Maart in Kimberley plaasgevind het, maar sy moes haar noodgedwonge aan die span onttrek omdat hierdie toernooi gebots het met haar atletiekverpligtinge.
Intussen het Lea die afgelope paar maande in 'n reeks netbal-proefwedstryde gespeel en is sy as 'n hulpdoel ingesluit in die Wes-Kaapse o.12-span vir die nasionale toernooi wat volgende maand in Boksburg plaasvind.
Gedurende die somermaande het Lea haar ook deeglik op die tennisbaan laat geld, veral danksy haar goeie afslaanwerk.
Sy is as lid van die WP se o.12-span gekies vir die interprovinsiale toernooi wat in Maart in Kimberley plaasgevind het, maar sy moes haar noodgedwonge aan die span onttrek omdat hierdie toernooi gebots het met haar atletiekverpligtinge.
Sy sal wel later vanjaar in die WP-span wees vir 'n kragmeting teen die Boland.
Maart se laaste atletiekbyeenkoms in die Dal Josafat-stadion, wat haar tennisdeelname in Kimberley verhinder het, het darem wel vrugte afgewerp toe sy met 'n afstand van 59.3 m as die WP se o.12-skyfwerp-kampioen gekroon is.
Hierdie ster sal haar aanstons waarskynlik op net een of twee sportsoorte moet toespits. In hierdie stadium sal netbal seker voorkeur kry terwyl Lea in die somermaande op die atletiekbaan wil voortgaan met die hantering van die werpskyf, en dalk later selfs ook die veeleisende hamergooi bemeester.
Lea brand steeds die kers aan albei kante en vaar akademies ewe goed en handhaaf 'n A-gemiddeld.





















