Welkom Gimnasium se eerste rugbyspan het Saterdag met sy losskakel, Renaldo Kiewiet, aan die spits die Hoërskool Monument van Krugersdorp in Welkom geklop.
Gimmies het vier drieë gedruk om met 31-26 te wen.
Kiewiet het benewens twee drieë wat hy gedruk het, al vier sy span se drieë verdoel en ook 'n strafdoel deur die pale gejaag vir 'n persoonlike bydrae van 21 punte.
Gimmies sal ingenome wees met die oorwinning, aangesien hulle die vorige naweek met 21-71 teen Grey Kollege verloor het.
Die Hoërskool Jim Fouché was Saterdag te sterk vir Bethlehem Voortrekker in 'n kragmeting in die Wesgrow-reeks in Bloemfontein. JF het drie drieë gedruk om met 36-24 te wen.
Puntemakers:Welkom Gimnasium 31 (17): Drieë: Renaldo Kiewiet (2), Navan Goeda, Teschan Meas. Doelskoppe: Kiewiet (4). Strafdoel: Kiewiet. Monument 26 (5): Drieë: Theunis Smal, Nathan Venter, Jamaal Veldman, Daylon Myners. Doelskoppe: Myners (3).
• Wesgrow-reeks
Jim Fouché 36 (20): Drieë: SW van der Merwe, Stefan Venter, Heinrich Hattingh. Doelskoppe: Tristan van der Walt (3). Strafdoele: Van der Walt (5). Bethlehem Voortrekker 24 (12): Drieë: Kaneng Komane (2), Fredrick Fourie, Thumi Khoza. Doelskoppe: Tiaan van Rooyen (2).
Goudveld 38 (19): Drieë: Urban Pienaar, Joshua Coertzen, Enzo Beukes, Jonathan Olivier, Wilbrie van Zyl, Ru-Bran Kock. Doelskoppe: Ruben Crous (4). Sentraal 7 (7): Drie: AJ Senekal. Doelskop: Reece van Rooyen.
Witteberg 30 (20): Drieë: Ashton Diedericks (2), Xavier Lotter. Doelskoppe: Dries Stemmet (3). Strafdoele: Stemmet (3). Diamantveld 21 (7): Drieë: Stiaan van Loggenberg, De Villiers Strauss, Daniel Kuhn. Doelskoppe: Simon Liversage (2), Wianru Malan.
Trio 17 (3): Drie: Haaron Kabeya. Strafdoele: Louis Boshoff (4). Fichardtpark 17 (7): Drieë: Jaco Grobbelaar, Dailen Geldenhuys. Doelskoppe: Geldenhuys (2). Strafdoel: Geldenhuys.




















