Wildeklawer-babelas is 'n realiteit.
Dit was gister duidelik in al die wedstryde waarby spanne betrokke was wat nog Maandag op die Wildeklawer-toernooi in aksie was. Hulle was vuisvoos.
Garsfontein se Bere het hul oorheersing oor Waterkloof sedert 2013 voortgesit met 'n klinkende sege van 50-21 in die Noordvaal-beker op hul tuisveld. Garsies het vroeg weggespring en 'n voorsprong van 17-0 ná agt minute geniet.
Die wenspan se kaptein en agtsteman, Abri van der Westhuizen, het van voor gelei en drie keer gedruk. Vir Klofies kan die flank Jean Jooste sy kop omhoog hou.
Die Hoërskool Nelspruit het amper vir 'n opskudding in Krugersdorp gesorg toe hulle met nog agt minute se speeltyd oor teen Monument voorgeloop het.
Die Wit Bulle het egter na 'n hoër rat verwissel om uiteindelik met 20 punte te seëvier met die telling op 40-20. Dit was veral die losskakel Justin Viljoen en die slot RJ Barnard wat van die plaasvervangersbank af 'n groot impak gemaak het.
Helpmekaar het in die ander wedstryd in die Beker-kompetisie van die Noordvaal-beker vir Menlopark met 73-15 gekarnuffel. Helpies se vleuel Pieter Moller het vier keer agter die Parkies se doellyn gaan kuier.
Paarl Gimnasium sal meer as tevrede wees met hul sege van 24-19 oor Paul Roos Gimnasium op laasgenoemde se tuisveld.
Albei spanne was duidelik nie op hul skerpste nie nadat hulle Maandag van die Diamantstad moes terugreis Kaap toe.
In Kaapstad het Bishops met 31-25 as oorwinnaars uit die stryd teen SACS getree.
Die kragmeting het boonop die geleentheid gevier van die 150ste jaar sedert die eerste opgetekende kragmeting tussen die twee skole in 1873. Dit is die oudste bestaande interskole in Suid-Afrika.
Daar word geglo dat die twee skole reeds sedert 1862 teen mekaar op die rugbyveld kragte meet.
Uitslae:
- NOORDVAAL BEKER
- Afdeling 1
- Beker: Garsfontein 50, Waterkloof 21; Monument 40, Hoërskool Nelspruit 20; Helpmekaar 73, Menlopark 15.
- Plaat: Kempton Park 32, HTS Middelburg 25; Transvalia 43, Hoërskool Klerksdorp 17.
- Afdeling 2
- Blou Bulle: HTS John Vorster 24, Hoërskool Tuine 21; Centurion 38, Wonderboom 17. Limpopo: Hoërskool Pietersburg 43, Hans Strijdom 7. Pumas: Piet Retief 33, HTS Witbank 19; Ermelo 28, Ferrum 13.
- Afdeling 3
- Goue Leeus: Bekker 36, Jan Viljoen 17; Allen Glen 28, Queen's High 5; Carletonville 36, President 5; Bastion 17, Fochville 13. Limpopo: Louis Trichardt 26, Piet Potgieter 10; Nylstroom 79, Curro Heuwelkruin 7. Pumas: Volksrust 34, Standerton 17; Hoogenhout 32, Oosterland 14; Curro Nelspruit 31, Lydenburg 10. Valke: Brandwag (Benoni) 28, Hoërskool Sasolburg 7.
- Afdeling 4
- Blou Bulle: Curro Roodeplaat 26, FH Odendaal 11; Tyger Valley 7, Kwaggasrand 5. Limpopo: Warmbad 66, Northern Academy 10; Eric Louw 62, Stanford Lake College 7.
- NOORDVAAL
- King Edward VII 73, Parktown Boys' High 22; Pretoria Boys' High 31, St Alban's College 7; St John's College 40, St Andrews (Bloemfontein) 5; Jeppe 43, Westville Boys' High 31; St David's Marist 19, Northcliff 14; Ellisras 47, Randburg 7; St John's College 19, Northcliff 17; Bergsig Akademie 47, Frikkie Meyer 28; Midstream College 57, Wagpos 3.
- NWU PRESTIGE-REEKS
- Noordheuwel 27, Oos-Moot 17; Heidelberg Volkskool 13, Hoërskool Middelburg 11; Hugenote (Springs) 15, Lichtenburg 10; Montana 21, Potchefstroom Gimnasium 17; Die Anker 24, Hoërskool Rustenburg 15; Zwartkop 22, Jeugland 19; Marais Viljoen 29, Wesvalia 22; Potchefstroom Volkskool 14, Oosterlig 7.
- KWAZULU-NATAL
- Maritzburg College 42, Glenwood 15; Hilton College 36, Durban High School 33; Michaelhouse 23, Kearsney College 20; St Charles College 23, Clifton 12.
- OOS-KAAP
- St Andrew's College 24, Graeme College 23; HTS Daniël Pienaar 17, Framesby 17; Kingswood College 36, Stirling 11; Pearson 10, Nico Malan 7; Dale College 26, Cambridge 7; Queen's College 48, HTS Port Rex 3.
- VRYSTAAT/GRIEKWAS
- Grey Kollege 41, Selborne College 0; Welkom Gimnasium 43, Voortrekker 8; Fichardtpark 33, Sentraal 7; Hoërskool Trio 29, Goudveld-Hoërskool 0; Witteberg 22, Hentie Cilliers 22; Bothaville 52, Riebeeckstad 0; Wilgerivier 36, Hoopstad 14; Vrede 53, New Horizon 8; Brandfort 31, President Steyn 7.
- WES-KAAP
- Paarl Gimnasium 24, Paul Roos Gimnasium 19; Hoër Jongenskool Paarl 41, Stellenberg 29; Brackenfell 18, Parel Vallei 13; DF Malan 26, Swartland 22; Bishops 31, SACS 25; Durbanville 61, HTS Drostdy 3; Strand 45, Hermanus 0; Rondebosch Boys' High 35, Milnerton 24; Wynberg Boys' High 35, Grey High School 8; Charlie Hofmeyr 57, Langenhoven Gimnasium 12; Robertson 33, Tygerberg 19; Worcester Gimnasium 29, Hugenote (Wellington) 26; De Kuilen 19, Vishoek 17; Melkbosstrand 28, Parow 3; Hoërskool Punt 48, Hoërskool Oudtshoorn 19.




















