Skole

Vanjaar se WP-krieketspanne

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
krieketbal
krieketbal (Vicus Burger)

Rondebosch Boys' High beleef 'n blomjaar op die krieketveld - vandaar dat feitlik die helfte van die WP se o.19-span vir die nasionale toernooi volgende maand op Stellenbosch manne van hierdie skool is.

En wat meer is, dieselfde is die geval met die WP se o.16-span wat Johannesburg toe reis vir hierdie jongelinge se jaarlikse saamtrek. In albei WP-spanne is ses spelers van Rondebosch ingesluit, terwyl SACS met vier spanlede in die o.19-span en Wynberg Boys' High met vier spelers in die o.16-groep verteenwoordig is.

Die WP-spanne is as volg:

  • Hamish Anderson , Meeka-eel Prince, Raees Salie, Liyema Waqu (almal SACS), Abdallah Bayoumy (Rylands-klub), Fayyaad Daniels, Cameron Fraser, Maakir Joseph, Bongile Mfunelwa, Jordan Neill, Asakhe Tsaka (almal Rondebosch), Juan James, Sange Mbuto (albei Wynberg). Bestuurder: Victor Matyolo. Afrigters: Roger Telemachus en Brendon Kleynhans.
  • Daniel Bosman, Daniel Cooke, Raeeq Daniels, Noah Heath, Bukho Madela, Hlumelo Mgweba (almal Rondebosch), Benjamin Hansen, Paul James, Luke Kleinsmith, Divan Linde (almal Wynberg), Litha Mbiko (Bishops), Nande Mguye (Wes-Kaapse Sportskool), Reza Salie (SACS). Bestuurder: Thabo Spelman. Afrigters: Kholekile Matikinca en Esmund van Wyk.

Die meisiespanne is:

  • Lilitha Bakubaku, Rifqah Esau, Sinelethu Yaso (almal HTS Bellville), Refiloe Momvana (Guguletu), Jada Jacobs (Tygerberg-distrik), Alexia Kontopirakis (Somerset College), Akhona Mahlanza (Langa-distrik), Initha Memke (Wes-Kaapse Sportskool), Cassidy Robinson (Edgemead), Estelle Russouw (Somerset-Wes-klub), Kathleen Seager (Ou Mutual-klub), Olwethu Shasha (Ikamva-klub), Andrea Titus (Victoria-distrik). Bestuurder: Nita Janse van Rensburg. Afrigters: Shiree Steyn en Vuyani Parafini.
  • Rugayah Baradien (Muizenberg), Cara Bester (HS Durbanville), Lisakhanya Blom (Khayelitsha-distrik), Robyn Cloete (Mitchellsplein-distrik), Zintle Dzidzi (Masiphumelele High), Jae-Lee Filander (Fairmont), Danielleh Hugo (Curro Durbanville), Kira Lalor (Reddam Constantia), Nakho Mbombiya (Mfuleni-klub), Ashline Titus (Victoria-distrik), Imaan van Schalkwyk (Somerset-Wes-klub), Leshay Walker (Tygerberg-distrik). Bestuurder: Lucia Rangwedi. Afrigters: Lusindiso Malilwana en Ezryn van Aswegen.
Sarel Burger

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM