Statebondspele

Verskeie onttrekkings aan SA se Statebondspele-span

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die naelloper Luxolo Adams (links) by die Wêreldbyeenkoms in Eugene in aksie. Die Amerikaners Noah Lyles en Kenneth Bednarek is die atlete langs hom.  Foto: Gallo Images
Die naelloper Luxolo Adams (links) by die Wêreldbyeenkoms in Eugene in aksie. Die Amerikaners Noah Lyles en Kenneth Bednarek is die atlete langs hom. Foto: Gallo Images

Die naelloper Luxolo Adams, wat by die pas afgelope Wêreld-atletiekbyeenkoms in Eugene, Oregon, die eindronde van die 200 m vir mans gehaal het, het hom onttrek aan die Suid-Afrikaanse Statebondspele-span.

Die Statebondspele word Donderdagaand amptelik in Birmingham, Engeland, geopen.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het Woensdagoggend gesê Adams het hom weens uitputting onttrek.

Hy sal nie vervang word nie, maar die hamergooier Adam Cumming is op die nippertjie in die span ingesluit.

Verskeie ander lede van die span sal ook nie meer in aksie wees nie.

Dit sluit in die legendariese 49-jarige Paralimpiese atleet Ernst van Dyk, 'n tienmalige wenner van die Boston-rolstoelmarathon, wat beseer is.

Hy word in die marathon vir rolstoelatlete vervang deur Tiaan Bosch.

Saskok het ook vroeër bevestig dat die krieketspelers Marizanne Kapp (persoonlike redes) en Trisha Chetty (beseer) nie vir die Spele beskikbaar is nie.

Die bergfietsryer Mariske Strauss moes haar weens Covid-19 onttrek, terwyl die padfietsryer Nicholas Dlamini beseer is.

Dlamini word deur Callum Ormiston vervang.

Ander nuus is dat die driekampatleet Nicholas Quenet weens 'n besering nie sal kan deelneem nie en Dylan Nortjé sal hom vervang.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM