Wb Netbal

Engelse Rose skok die wêreld se voorste span

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Cara Koenen mik vir ;n doel. Foto: Getty Images
Cara Koenen mik vir ;n doel. Foto: Getty Images

Minder as 24 uur ná Suid-Afrika se gelykopuitslag teen Nieu-Seeland in die Wêreldbeker-netbaltoernooi, het twee spanne byna weer gelykop gespeel.

Engeland het Donderdag teruggeveg en naelskraap met een punt teen die wêreld se voorste span, Australië, gewen.

Die telling was 56-55 in die verrassende stryd.

Dit is 'n geskiedkundige oorwinning, want dit is die Engelse Rose se eerste oorwinning ooit oor die Aussies in 'n WB-toernooi.

En niemand anders as die super-doelskieter Helen Housby sou só kalm onder druk die wendoel kon sink toe dit gelyk het asof die Aussies dalk sake gelyk kon maak.

Housby het al 22 haar doelpogings gesink en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Die Engelse span se algehele doelgemiddelde was 'n ongelooflike 98%.

Die Rose was ná die eerste kwart met 15-13 voor, maar het teruggesak en die Aussies was met rustyd met 32-26 voor.

Helen Housby het nogmaals in haar lang netballoopbaan Donderdag 'n skitterende vertoning gelewer. Die Engelse hulpdoel en haar span het Australië met 56-55 geklop.  Foto: Gallo Images
Helen Housby het nogmaals in haar lang netballoopbaan Donderdag 'n skitterende vertoning gelewer. Die Engelse hulpdoel en haar span het Australië met 56-55 geklop. Foto: Gallo Images

Hulle het met die begin van die laaste kwart nog vasgeklou aan 'n voorsprong van 'n enkele doel - 45-44.

Engeland eindig dus eerste in Groep F met tien punte, gevolg deur Australië met agt punte.

Hy sal Saterdag in die halfeindronde te staan kom teen die span wat tweede eindig in Groep G - Nieu-Seeland of Jamaika.

Die twee spanne is Donderdag om 11:00 slaags.

Liz Watson, die Aussie-kaptein, sê dit is 'n "goeie nederlaag om nou te ly".

"Ons weet wat ons missie is."

Die eindstryd is Sondag om 18:00.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM