Lesers sê

Julle sê: Soveel gratis mooi om ons

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Koraalboom. Foto: Getty Images
Koraalboom. Foto: Getty Images

Daar is net soveel seisoene in jou lewe en tyd staan vir seker nooit stil nie.

In die herfs is my groot koraalboom langs ons huis uitgekap. 'n Emosionele reis wat nie maklik was nie. Sedertdien merk ek die uitbundige blomme van elke koraalboom; en in ons stad is daar vele.

Vanoggend stop ek op pad huis toe voor een van hierdie magiese reuse om 'n foto te neem. Is dit nie mooi nie? 'n Warm, oranje rangskikking. Met min moeite 'n plesier vir vele.

Die nuus word gelees oor my motorradio en vir 'n oomblik is ek vasgevang tussen die twee wêrelde. Oral is gevegte, oorloë, moord en aanklagte. Ons jaag na nêrens. Almal is vasgevang in skermverslawing. Politiek en die nuutste petrolprys bly die belangrikste gesprek.

Ons geniet nie eens die rugby-oorwinnings behoorlik nie, want skielik het ons beter spelers en 'n spelpatroon.

Wat is dit met ons mensdom? Ons ryg derms, kla en laat dolke in mense se rûe.

Terwyl daar soveel gratis mooi om ons is.

Lynette Strydom, Gqeberha

Dankie dat jy ons weer herinner ons moet self die mooie en die goeie raaksien en waardeer, want ook dít omring ons in oorvloed. - SARIE-span

Skryf aan SARIE

Skryf aan SARIE, Julle sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos aan: sarie@sarie.com.

Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespreek in lesersbriewe is nie noodwendig dié van SARIE nie.

Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet 'n volledige posadres, kontaknommer en volledige doopnaam bevat.

Dit moet ook oorspronklik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM