Ark se deur klap Dinsdag toe – is jy in of uit? vra Danie Botha
Jissie, net so voor betaaldag. Ek’t dus heel maand vir niks gewerk! – Werner Pieters
Lyk my Woensdag se Nasionale Braaidag is nou in sy tjops in. – Johan Coffee
Watter tydsone? Begin dit in Nieu-Seeland en werk dan sy pad om die aarde? Of hoe skakel sulke kosmiese gebeurtenisse in met ons datums en tyd? – Jeandré le Roux
Danie, die deure van jou loopbaan is al wat gaan toeklap. Sterkte aan jou en jou volgelinge. – Eon Engelbrecht
Maak nie saak wanneer dit gebeur nie, wees altyd gereed. Ek verskil ook van hom, want net God ken die tyd en datum. – Rona Pretorius
Ek sal verkeerd wees en mense waarsku eerder as reg en niemand het geweet nie. – Rix Rixie
Of hy reg is of nie, die vraag is, as hy reg is, is jy reg? – Kobus Herbst
Onthou, almal het Noag ook gespot. Weet net Jesus se koms is naby. – Hannelie Engelbrecht Nell
En sê nou net hy is reg – wat dan? – Louise Schoeman
















