Lesers sê

Jy op Netwerk24

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Helen Zille staan vir Goudstad se burgemeester in 2026:

Ons wens jou voorspoed en seën toe, Helen­. Jy is ons hoop op ’n beter Johannesburg. Solank die mense net nie onrealistiese verwagtinge koester nie. So ’n enorme gemors word nie in ’n ommesientjie opgeklaar nie. Dit gaan jare neem, maar ons het volle vertroue in u, en die DA. – Boswagter

Soos gesien met Pretoria, het die inwoners onrealistiese verwagtinge. Sou die DA beheer kry van Johannesburg, verwag die inwoners al die volgende dag verbeteringe. Ongelukkig gaan dit baie jare vat voordat die inwoners ’n werklike verskil gaan sien. Arbeidswetgewing maak dit baie moeilik om van vrot appels ontslae te raak. – Fvn

Dis tyd om van ras en politieke lojaliteite te vergeet. Die DA, en spesifiek Zille, het ’n bewese suksesrekord. Of jy nou van haar hou of nie, sy kry dinge gedoen. Sy is nie verniet aangewys as die beste burgemeester ter wêreld terwyl sy burgemeester van Kaapstad was nie. – Nielrall

Zille is een van min mense wat dit kan regkry. Wens haar alle voorspoed en baie genade toe! – MetRespekGesê

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM