Korrupte kaders nou op hul eie, sê Fikile Mbalula:
Die vorige 30 jaar was hulle dus nie op hul eie nie, of hoe? – Jan van Pretoria
Dis nou ń’n amptelike erkenning van die ANC dat hulle korrupsie gepleeg het. – KlaHelpNie
Hoe korrup moet jy wees as selfs die ANC jou wegstoot? – Aandagtige leser
Dit het hulle 30 jaar gevat om agter te kom daar is korrupte lede in die ANC. Die blinde oog werk net totdat jy uitgevang word. Die les van die ANC-storie: Steel voort op so ’n manier dat jy nie uitgevang word nie. – Wat is dit
Hoor ons nie dié rympie al meer as 20 jaar lank nie? – Putsonderwater
Dit is vir my die oulikste ding dat die ANC ’n integriteitskommissie het. Dit is so goed ou Wolf hou Sondagskool vir die skaaplammetjies. – Die Hamer
Vir die ANC om ’n integriteitskommissie te hê, is soos Zimbabwe wat ’n minister vir die vloot het. – Phillip Groen
Ou Frikkie, as julle daad by jou woord sit, is die ANC soos die staatskas leeg. Daar sal nie ’n kader oor wees nie. – Homepage















