Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Die reaksie van sommige sportlui nadat hulle punte aangeteken het, pla my. ’n Aggressiewe geskreeu en woeste tekens. Hoekom? Dalk is daar ’n sportsielkundige wat kan help. ’n Mens moet bly wees, soos Kwagga Smith, wat ná sy drie teen die All Blacks ’n sprankelende glimlag aan die wêreld gewys het. Daar is oorgenoeg aggressie. Spaar ons dit op die sportveld ook nog! – Kobus Terblanche. Middelburg
Helena van Wyk se brief “En my man meen ek is die mooiste vrou ooit” (25.09) het betrekking. Dit is baie waar. Baie mense lieg hulself gereeld bly. Net omdat jy dit sê, maak dit nie noodwendig geldig of die waarheid nie. Pres. Cyril Ramaphosa gee dikwels opdragte, maar niks gebeur nie. Woorde wek, maar voorbeeld trek? – Francois Brink, Proteahoogte
Helen Zille sal ’n uitstekende burgemeester vir Johannesburg wees. Sy beskik oor al die vaardighede om die metro weer te maak werk. Sy is ’n doener en nie net ’n prater nie. – Marthinus Bekker
Danie Botha, ek weet nie wat jy probeer regkry het nie, maar vir jou om God te speel, is nie hoe ek my Bybel verstaan nie. Ek is so teleurgesteld. – S. Hamman, Ballito
Verbeel ek my al of begin die PA se ware kleure nou wys met die dreigement om aan die RNE te onttrek? Kom ons kyk of hy wel die moed het om dit te doen. – Japie















