Stuur jou SMS na 36260. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.
Die ANC kap na Helen Zille, wat nie wil erken volksmoord word in Palestina gepleeg nie (24.09): Wanneer gaan die ANC erken volksmoord word in ons land gepleeg? Hier word daagliks meer mense vermoor as wat in Palestina gedood word in ’n “oorlog” wat Hamas enige dag kan beëindig deur net die oorlewende gyselaars terug te gee. – Hennie van Schalkwyk, Heidelberg
Ek raak daagliks al hoe meer daarvan oortuig dat die bendegeweld op die Kaapse Vlakte ’n politieke oorsprong het om die Wes-Kaapse regering in ’n slegte lig te stel. – Frikkie, Jeffreysbaai
Die wegraping het toe nie plaasgevind nie, wat net weer bewys dat die Bybel reg is dat niemand weet wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie – net God alleen. Wees net gereed, want jou eie heengaan is die wederkoms vir jou. – Heloise Cloete
Julius Malema, kyk gerus op een van jou volgende luukse oorsese reise in lande soos Duitsland en Italië hoe hul geskiedenis op strate en parke herleef. – Jaap, Stad
Ek het Woensdag (24.09) se spotprent in die koerant glad nie snaaks gevind nie. – Johann, Kogelberg
Ek stem saam met Tony Brown dat die Bokke nog beter rugby kan speel (23.09). Maar ’n mens mag nooit te selfversekerd wees nie, want daar is altyd plek vir verbetering. Sterkte, Bokke. – Martin Bekker














